50 Shades of Grey: Die probleem is meer as net ‘n gees van wellus

Ek sien dat die nuwe uitgawe van JUIG ‘n artikel oor 50 Shades of Grey inhet, deur die bekende Afrikaanse gasspreker en skrywer Gretha Wiid.

Sy maak veral 2 punte in haar artikel:

1) Die wêreld vertel dat daar baie skakerings van grys tussen reg en verkeerd lê, en is lief vir die woorde “wie is jy om te oordeel.”1 Maar daar is iets soos reg of verkeerd.

Dis dalk ‘n goeie plek vir Gretha Wiid om te begin, omdat dit immers die naam van die boek, die heel eerste indruk, aanspreek.

2) Die gees van wellus is ‘n slegte ding.

Dis waar, maar hier kan ‘n klomp gewone huisvroue antwoord dat hulle dit lees om meer opwinding aan ‘n monogame verhouding met hulle eie mans te gee. Wat dieselfde rede is as waarvoor mense party van Widd se DVD’s koop. Die begeerte om jou eie maat (en niemand anders nie) te geniet is ‘n goeie ding op sigself. Ek vind nie fout met wat sy vertel het nie. Maar daar is ander belangrike dinge wat sy ook kon vertel het:

Moontlike punt 3) Die liefde vir geld is ‘n slegte ding

‘n Meem oor die boeke wat die rondte doen is hierdie een:

5ae9c02b33f846f671182d0a31f45233

Die vrou wat hierdie boek geniet, moet dalk vra of sy mense met geld anders beoordeel as mense sonder geld. Die Bybel vertel dat ons nie mense op uiterlike dinge moet oordeel nie, en dat die liefde vir geld ‘n wortel van allerhande soorte kwaad is.

Belangrike punt 4) Die boek en fliek normaliseer geweld teenoor vroue

tumblr_njpdy4XviV1si0djvo1_500

Werklike aanhalings uit 50 Shades of Grey

Die manlike hoofkarakter in hierdie boeke agtervolg (stalk), domineer, gebruik alkohol om ‘n onervare meisie te verlei, dreig, en behandel sy “geliefde” op so ‘n manier dat sy bang is om hom te vertel as sy nie hou van wat hy doen nie – sy besef hy sal sleg reageer. Hy het minstens eenkeer seks met haar toe sy weier – mens noem dit “verkragting.” Die boeke vertel vir vroue dat ‘n sadistiese verkragter ‘n tumblr_mef15sesly1rmxdlno1_12801-1024x776gangbare persoon is om mee ‘n verhouding te begin, een wie se gedrag verdra moet word en vir wie ‘n vrou net genoeg liefde moet gee. Die feit dat vroue dit lees vir die lekkerte, laat baie mense redeneer dat vroue dominerende, gewelddadige mans verkies, en dat dit dus aanvaarbaar is vir mans om só te wees. Maar dit is nie waar nie. Veral punt 4 is so belangrik dat enigiemand wat dit nie aanspreek nie myns insiens die hart van die saak mis. Ek glo God huil oor al die geweld wat vroue beleef, en weet Hy wil al ons trane afdroog. Die wêreld waarin jy party vroue kan oortuig dat ‘n sadistiese agtervolger en verkragter ‘n droomman is, is ‘n uiters gebroke wêreld. ——————————————–

Nota

1 Die gewildste bybelvers oor oordeel is “moenie oordeel nie.” Maar dit moet in konteks gesien word met “oordeel regverdig” (Joh 7:24) en “met dieselfde maat waarmee jy oordeel gaan jy geoordeel word” (Mat 7:2) – terwyl God nie gaan nalaat om jou te oordeel as jy nooit iets sleg van enige sonde of geweld gesê het nie.

One response to “50 Shades of Grey: Die probleem is meer as net ‘n gees van wellus

  1. Ek het nog nooit die behoefte gevoel om die boek te lees nie. Goed deurdinkte kommentaar soos hierdie bloginskrywing, bevestig my gevoel dat ek maar eerder moet wegbly van die boek.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s