Monthly Archives: September 2015

Wat is die “merk van die dier”op ‘n voorkop of hand?

(Let wel: Hierdie artikel probeer nie om iets te leer (teach) nie, maar om self oor iets te dink. As jy dink jy weet, kan jy kommentaar lewer – so leer ons ander dalk by jou!)


Ons almal het seker die storie gehoor dat die merk van die dier (Openbaring 13:17; 14:9-11; 16:2; 19:20; 20:4) ‘n rekenaarskyfie is, oor dit iets gaan wees waarsonder mens nie kan koop en verkoop nie. Ek dink nie daardie idee kan waar wees nie. Tussen ‘n duisend keuses wat mense daagliks maak oor hoe om ander te behandel en eerlikheid en getrouheid, hoekom sal God mense laat hel toe gaan oor hulle ‘n rekenaarskyfie in die hand kies? En dit maak net (ten minste effens) sin in ryker lande: Dink jy regtig hierdie idee gaan geimplimenteer word in Somalië of die oerwoude van Brazil? En glo jy dan die banke/ bankwese is die dier van Openbaring?
Lees voort

Talle verse weggelaat uit die Bybel?

My jongste broer stuur my laas ‘n stuur-aan-vir-almal boodskap wat hy gekry het, en vra my wat ek dink. Hier vertel ek min of meer wat ek hom vertel het. Die boodskap waaroor hy my gevra het is in aanhalingstekens, my woorde nie.

VERY CRITICAL ALERT!!!

Hello beloved saints,
I’m sure you know that New international version(NIV) was published by Zondervan but is now OWNED by Harper Collins, who also publishes the Satanic Bible and The Joy of Gay Sex…

Harper Collins is ‘n maatskappy wat boeke druk en versprei. Hierdie argument – as mens dit een kan noem – is bietjie soos om te sê: “Gospelsanger Louis Brittz het al op SAUK gesing. SAUK saai soms laataande gewelddadige flieks uit.” So? Dit vertel ons mos niks oor Louis Brittz nie. Die SAUK vertel nie vir Louis of die regisseur van gewelddadige films wat om in CDs/ films te sit nie. En Harper Collins vertel nie vir Bybelvertalers of skrywers van satanistiese boeke wat hulle moet skryf nie. Lees voort