Wat is die “merk van die dier”op ‘n voorkop of hand?

(Let wel: Hierdie artikel probeer nie om iets te leer (teach) nie, maar om self oor iets te dink. As jy dink jy weet, kan jy kommentaar lewer – so leer ons ander dalk by jou!)


Ons almal het seker die storie gehoor dat die merk van die dier (Openbaring 13:17; 14:9-11; 16:2; 19:20; 20:4) ‘n rekenaarskyfie is, oor dit iets gaan wees waarsonder mens nie kan koop en verkoop nie. Ek dink nie daardie idee kan waar wees nie. Tussen ‘n duisend keuses wat mense daagliks maak oor hoe om ander te behandel en eerlikheid en getrouheid, hoekom sal God mense laat hel toe gaan oor hulle ‘n rekenaarskyfie in die hand kies? En dit maak net (ten minste effens) sin in ryker lande: Dink jy regtig hierdie idee gaan geimplimenteer word in Somalië of die oerwoude van Brazil? En glo jy dan die banke/ bankwese is die dier van Openbaring?


Ek verstaan nie die merk van die dier storie nie, maar dit kom uit ‘n baie simboliese deel van die Bybel (die groot deel in die middel van Openbaring). Ek vermoed ‘n hand of voorkop in daardie stories verwys dalk nie na ‘n letterlike hand of voorkop nie. Die Ou Testament verwys na “‘n teken op die hand” en “‘n merk op die voorkop” saam as dinge wat mens herinner aan wat God doen. (Eksodus 13:9; 13:16; Deut. 6:8)

Dalk beteken die merk op die hand of voorkop dat, soos die Jode klein boksies met Bybelversies op die voorkop en arm gedra het as simbool vir wat God doen en Hy wil hê, party mense heeltyd met die boodskap van die “dier” sal wil besig wees – en dit vir almal wil wys?

Wat dink jy van hierdie vreemde Bybelgedeelte?

2 responses to “Wat is die “merk van die dier”op ‘n voorkop of hand?

  1. Ek is mos geneig om meer op die beloftes te fokus, en wat ek raakgelees het, is dat ook ons as kinders van God ‘n merk het.🙂 (‘n Glinstering in die oog dalk?)

  2. Hi Retha

    Kry vir jou gerus Prof Walter Veith se reeks Verbasende ondekkings hy verduidelik al die dinge uit die Bybel. Met tydlyne ens jy sal baie baat vind by die reeks.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s