Monthly Archives: Januarie 2016

Goeie vroue is nie Lolitas nie, Dedré!

Dedré Delport, wat haar naam aan die Shalom Aanbiddingsentrum koppel en nou ‘n pastorale diploma doen, reken dat ‘n vrou liefgehê sal word solank sy net “onvoorwaardelike respek” vir haar man bewys.

Het jy geweet dat indien jy kies om jou man ten alle tye te respekteer, hy outomaties meer liefde aan jou sal bewys… Respect your man and he will make you a happy wife with a happy life. – Dedré Delport

Talle mishandelde vroue kan getuig dit is nie waar nie. Mishandelaars mishandel ongeag hoe jy hulle respekteer. Mens kan maar net kyk na hoe mans op Internet-pornografie reageer: Pornografie wys talle vroue wat oordadige, verafgod-respek vir mans gee. Manlike kykers se kommentaar op pornografie1 wys hulle sien daardie vroue as voorwerpe wat maar verniel kan word, want respekvolle vroue lei nie noodwendig tot liefdevolle mans nie.

Dan lê sy swaar, eensydige laste op vroue: Terwyl vroue deesdae net soveel ure as hul mans vir geld werk, reken sy ook ‘n vrou moet ‘n “toegewyde tuisteskepper” wees. kos maak, die huis skoon hou, en altyd goed versorg lyk – ter wille van die man. Sy reken nie dat mans en vroue saam verantwoordelikheid moet vat vir hulle kos en blyplek en wedersyds moeite doen om te wees wat hul maats aantreklik vind nie. Lees voort