Jesus is die sterkste: Bybelles vir kinders

calm

Bybelverhaal: Jesus maak die storm stil. Mar. 4:35-4, Mat. 8:23-27, Luk. 8:22-25

Ouderdomsgroep: Ouer kleuters en junior laerskoolkinders

Moontlike liedjies wat hierby pas: Liedjies oor Jesus se krag, liedjies oor nie bang wees nie, liedjies oor God wat by jou is.

Les: Maak hierdie prente in hul eie blaaie oop om dit volgrootte te sien.

sterkste1sterkste2

sterkste3

As jy prente vir die les nodig het: http://www.freebibleimages.org/illustrations/jesus-storm/ (Ek sou nie meer as 4 prente gebruik nie. Net die storm, Jesus wat slaap en wakker gemaak word, Jesus wat die opdrag gee en ‘n stil see. Wys elke prent op die relevante plek in die les. )

Aktiwiteite:

1) Jy benodig papier en teken potlode/ kryte. Vra vir kinders: Wat maak julle bang? Gesels daaroor. Laat hulle dit teken. As ‘n kind vertel hy is nie bang vir enigiets nie, laat hom dan teken wat die ander kinders vertel hulle bang maak. Met kleuters, skryf jy as juffrou by dit: Jesus is die sterkste! Vertel hulle wat jy geskryf het en hoe hulle moet onthou Jesus is sterker as die bangmaak-goed. Met kinders van Gr. 2 en 3, laat hulle self “Jesus is die sterkste” byskryf. Jy skryf dit net op een bladsy sodat hulle kan seker maak van die spelling.

2) Jy benodig die vorige aktiwiteit se prente, ‘n Bybel om uit te lees, en ‘n snippermandjie. Hierdie papiere met die dinge wat jou bang maak? Die Bybel vertel: “1 Petrus 5:7: “Werp al julle bekommernisse op Hom, want Hy sorg vir julle”. (Lees die woorde uit die Bybel, 1 Pet. 5:7) Nou gaan jy jou bladsy weggooi. Terwyl jy die bladsy weggooi, dink daaraan dat jy nie hoef bekommerd te wees oor hierdie goed nie, want God sorg vir jou. Jy kan Jesus vertel van jou probleme – hy het jou lief en wil jou help. Jesus is die sterkste!

Bid hardop, nadat die kinders hulle blaaie weggegooi het: Here, dankie dat U vir ons sorg. Help ons om al ons probleme na U te bring. (Noem bekommernisse wat die kinders genoem het.) Dankie dat u die sterkste is.

——————————————–

Kopiereg:

Hierdie geskandeerde Bybelles (sterkste 1, 2, en 3) kom uit opleidingsmateriaal van die Kinder Evangeliste Opleidingsinstituut, omstreeks 1997 In hulle vak “Die Bybelles: Meer as net ‘n storie” wou hulle wys hoe mens ‘n Bybelles op ‘n manier kan vertel dat kinders nie net ‘n storie hoor nie, maar ‘n boodskap kry.

Toestemming is verkry van Petra Instituut vir Kinderbediening (die huidige naam van die destydse Kinder Evangeliste Opleidingsinstituut) om die les hier te deel.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s