Ek? ‘n Inspirasie?

Nou die dag gebeur ‘n snaakse ding. Iemand vertel my dat ek “so ‘n inspirasie” is.

Eintlik het dit begin as ‘n net-onder-normale, ietwat frustrerende Sondag: Die gemeente waar ek nou ‘n kategese gee is, volgens loop-afstand, eintlik nogal vêr van my huis af. Maar ek loop nooit Sondagoggende kerk toe nie, so dis geen probleem nie. Maar daardie oggend het ek nie my normale lift gehad nie, en ek wou nie iemand vra wat dit met ‘n slegte gesindheid sou doen nie, toe loop ek maar.

Jy sien, terwyl ek my begaafdhede en sterk punte het, kan ek nie ‘n kar bestuur nie. Na ek glad nie kon regkom met bestuurslesse nie het ‘n arbeidsterapeut my getoets en my vertel ek sal net ‘n gevaar op die pad wees. As my probleme raakgesien is voor ek 12 jaar oud was sou hulle my kon “herprogrammeer”, maar ek was al 3 maal 12 en hierdie breintjie, met al sy sterk areas, kan nie daardie een ding leer nie. Ek moes dit maar so aanvaar. Daar is baie dinge waarop gedetermineerde mense hul kritici verkeerd kan bewys, maar met kar bestuur kan jy in 3 sekondes sonder konsentrasie iemand se dood veroorsaak. En ek het dikwels ‘n paar sekondes sonder konsentrasie.

In elk geval het dit voordele om te stap: ‘n Halfuur soggens se werk toe stap en ‘n halfuur huis toe is dinktyd en oefentyd.

By die kerk stop iemand my. Sy sien my gereeld werk toe en terug stap, maar is verbaas dat ek daar kerk bywoon. Dis so vêr van my blyplek af. Ek vertel haar dis maar ‘n sameloop van omstandighede dat ek daardie oggend stap, maar ek kan nie leer bestuur nie.

Wow“, bewonder sy my houding. “Jy is so ‘n inspirasie!” “Dit is so moeilik vir jou en jy gaan net aan, blymoedig, en leef jou lewe!”

Ek? ‘n Inspirasie? Mens doen seker maar wat jy moet. Die keuses is om in ‘n hopie te sit en doodgaan, en om aan te gaan en jou uitdagings te oorkom. Ja, my uitdagings is soms effens anders as joune, maar ek het waarskynlik ook ‘n paar plesiere wat jy nie het nie.

Jy het waarskynlik nie, soos ek, gebid voor partytjies dat God jou met hierdie moeilike taak moet help nie. Jy het seker ook nie, soos ek, net vir interesantheid as 13-jarige sonder ‘n sakrekenaar sit en uitwerk wat die kort sy – lang sy ratio moet wees van ‘n stuk papier sodat hy in die helfte deurgesny kan word en dieselfde ratio hou nie.
Heel moontlik het jy as tiener partytjies bygewoon vir plesier en gebid voor algebra-toetse. Dit maak ons effens verskillend, maar dit maak nie een van ons twee beter of slegter nie.

Veronderstel ‘n spoedleser vertel jou: “Wow! Dit vat jou minute om deur ‘n brief by die werk te lees wat ek in sekondes lees! Nogtans lees jy dit, nogtans probeer jy om te verstaan wat aangaan! Jy is sowaar ‘n inspirasie, dat jy met al jou probleme nog steeds aangaan en blymoedig bly!”

Of sê nou maar ek is verwonderd: “Wow, jy wat by ‘n ongemanierde maat bly wat jou aftakel, omdat jou behoefte vir liefde so groot is dat jy nie sonder iemand wil klaarkom nie! Nogtans, ondanks die feit dat jy ‘n buffel in jou lewe het en nie alleen kan klaarkom nie, gaan jy aan – jy werk, sit grimering aan, maak jou kinders groot – merkwaardig! Dis so ‘n inspirasie vir my!”

Of jy hoor: “Jy het so ‘n simpel werk, en nogtans gaan jy elke dag werk toe! Hoe inspirerend!”

728px-Inspiration-Porn

Let op dat hulle nie by die gestremde seun staan as sy vriende nie. Om aanbid te word is ook ‘n manier om nie vriende te hê nie.

In ‘n sekere sin is die mensdom merkwaardig en ons moet mekaar, die beeld van God, inspirerend vind. Maar in ‘n ander opsig gee hierdie  voorbeelde dalk ‘n idee hoe baie gestremdes/ mense met ander vaardighede as die gemiddelde daaroor voel om ‘n inspirasie te wees.


___________

Lees meer hieroor:

http://www.huffingtonpost.com/news/inspiration-porn/

http://everydayfeminism.com/2015/10/not-your-inspiration-porn/

http://www.salon.com/2015/02/02/inspiration_porn_is_not_okay_disability_activists_are_not_impressed_with_feel_good_super_bowl_ads/

2 responses to “Ek? ‘n Inspirasie?

  1. Ek verstaan jou punt. Voel ook so. Mens doen wat ‘n mens doen, met wat ‘n mens het.
    Effens van die os op die jas … ek het ook op ‘n stadium werk toe geloop (het nie ‘n motor gehad nie … het nog steeds nie een nie. Het nou ‘n lift wat verskriklik vroeg in oggende ry – nie eintlik lekker nie, maar ek kom darem by die werk). Wat vir my altyd verstommend was, was die simpele vrae wat mense gevra het. Soos: ‘Wat maak jy as dit reen?’
    “Wel. Dan word ek nat.” (Wat het hulle gedog gebeur met my?)

  2. Hendrik Duvenhage

    Congratulations on your post, I must admit I have popped in and read a good number of your postings I just want to tell you how good you are at describing the stuff your at – I must admit I find it insightful to read your blogging. Keep up the good work.Hendrik Duvenhage http://www.hendrikduvenhageblog.wordpress.com

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s