Wie die hardste skree, opvolg: Vrede maak met myself

He’s not wrong he’s just different, but his pride won’t let him do things to make you see he’s right – uit “Mamas don’t let your babies grow up to be cowboys”

(Waarskuwing: As jy nie wil hoor hoe mense oor hulself praat nie, vermy hierdie inskrywing.)

‘n Ander kategeet-wat-nie-meer-kategese-gegee-het-nie het my eenkeer, nadat ek weggejaag is, iets toegesnou wat neerkom op: “Dis baie aaklig van jou om uit te praat. Mense soos ek het waardes en is bly die kategese is ontslae van mense soos jy.”

Nou verstaan ek dat daar meer as een soort waardestelsel is: Die een soort gaan veral oor lojaliteit, gehoorsaamheid aan gesag en suiwerheid (‘n gemeenskap-waardestelsel). Die ander gaan oor regverdigheid, sorg, en eerlikheid (‘n individuele waardestelsel).

Vir iemand met ‘n gemeenskap-waardestelsel was ek onsamewerkend (disrespekvol teenoor gesag) deur te probeer om lesse in te stel waar die leier die tyd wil omsing, en dislojaal om na die wegjaag-episode te praat oor wat gebeur het. Hulle was lojaal aan die groep deur saam die een wat nie inpas nie (die uwe) te beskuldig, en nie vir die onsamewerkende indringer te vertel wat aangaan nie.

Uit my oogpunt het ek probeer om vir kinders se geestelike behoeftes te sorg (sorg), en was ek geskok oor hulle onregverdige beskuldigings (regverdigheid). Uit my oogpunt was hulle nie eerlik met my nie, en het nie aan die kinders se geestelike versorging gedink nie.

Maar eintlik het hulle het bloot ‘n ander waardestelsel as ek, sodat ek nie ingepas het nie. Dis die soort waardestelsel wat in party Suid Afrikaners daartoe lei dat hulle ANC bly stem. Dis ook die soort wat skandale sal toesmeer oor hulle ‘n persoon/ organisasie se naam wil beskerm.

Ek pas in by kategeskole, nie waar ‘n groep die naam kategese dra maar nie kategese aanbied nie. Daarom hoef ek ook nie te worry dat my menswees my iemand maak wat ‘n probleem eerder as ‘n hulp by kategese is nie. Want waar mense die doel het om kinders te leer sal ek lojaal en samewerkend wees (wat tel vir diegene met ‘n groep-waardestelsel) terwyl ek sorg en regverdigheid aanhang.

En van hulle kant af hoef mense nie te worry dat ek later op die Internet gaan vertel wat hulle gedoen het nie, solank hulle bereid is om met my dinge uit te praat. (In groepwaardes-taal, my as ‘n groeplid te behandel, nie ‘n vyand nie.) Die enigste twee kere wat ek – sonder om name te gebruik – Internet toe was met ‘n kerk-storie, was toe mense glad nie my (en andere in die eerste geval) wou aanhoor of antwoord nie, en dit my manier was om my oogpunt by te dra tot die gesprek, om dinge in my eie kop uit te werk.

Die belangrikste is: Die menswees en Aspergers in hierdie kop en hart is nie ‘n gif wat skade doen sonder dat ek eers verstaan hoeveel skade nie. Die predikant was verkeerd, my Aspergers is nie die rede nie. Ek hoef nie oorlog te maak teen my menswees nie. Dit was bloot ‘n kommunikasiegaping tussen mense wat verskillende waardes het (verstaanbaar) nadat hulle voorganger gekies het om kategese ‘n baie lae prioriteit te maak (wat ek binne die konteks dat hulle betrokke was by iets genaamd kategese nie verstaan nie).

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s