Kinderles: Kleingroep-Aktiwiteit: Les oor wysheid (Gr. 2-6)

Die doel van hierdie aktiwiteit is om waarhede oor wysheid en wat dit is speel-speel vas te lê. (Bv. na die Bybelverhaal oor Salomo wat wysheid kies in 1 Kon. 3) 

Vooraf: Druk die vrae en die antwoordkaartjies op papier uit, knip die kaartjie-blad in 10 stukke.

Die kinders neem as individue deel, nie as ‘n span nie. Laat hulle in ‘n sirkel gaan sit, met die tien kaartjies onderstebo in die middel. Lees die eerste leidraad: Daar is ‘n verskil tussen wys wees en slim wees. Slim is om ….  Vertel hulle die antwoord waarna hulle soek. Dit help hulle om dwarsdeur die soektog op die antwoord te fokus.

Dan kry die eerste kind ‘n kans om ‘n kaartjie om te keer en hardop te lees. (As ‘n kind swak lees, lees jy namens hom.)

Met ‘n Gr: 4-6 groep: As dit nie is nie, draai sy die kaartjie weer onderstebo, en kry die volgende kind ‘n beurt. (Hulle moet konsentreer: Waar is die verkeerde kaartjies? Ek moenie weer daardie kaartjie omdraai nie…) Met ‘n Gr. 2 groep: Los verkieslik die omgekeerde kaartjies regop op die plek waar dit omgedraai is.  Met Gr. 3’s, besluit self hoe skerp jou groep is.

Herhaal, soos hulle beurte voortgaan, die waarheid van die vraag waarmee hulle besig is, bv. : “Daar is ‘n verskil tussen wys wees en slim wees. Slim is om … baie dinge te weet en om moeilike dinge te kan uitwerk”. Die kinders kry beurte in die sirkel tot die regte antwoord getrek word. Bespreek die antwoord. Haal daardie antwoord-kaartjie uit. As die ander kaartjies regop is, draai hulle weer onderstebo.

Herhaal met die 2de vraag, en elke volgende vraag. Soos die kinders begin onthou waar kaartjies is, en die kaartjies minder word, sal elke rondte korter word.

Vrae

1) Daar is ‘n verskil tussen wys wees en slim wees. Slim is om … baie dinge te weet en om moeilike dinge te kan uitwerk (soos moeilike somme)

2) Wys is om … goeie besluite oor die lewe te neem

3) Die wysste keuse wat mens kan maak is om … te kies om Jesus aan te neem.

4) As iemand jou sleg behandel … bly glo God het jou waardevol gemaak.

(By die bespreking-deel vertel jy dat dit ‘n wyse ding is om oor jouself te glo.)

5) As iemand iets voorstel wat na pret klink, maar iemand kan sleg seerkry … moet dit nie doen nie.

6) Die Bybelboek vol kort sêgoed oor wysheid is … Spreuke.
(Vertel hulle van hier af gaan al die vrae kort Spreuke-wyshede wees.)

7) Wysheid begin by … om die Here te dien

8) Liewer min hê en reg lewe … as baie inkomste hê deur onreg.

9) Die waarheid hou vir altyd… die leuen net ‘n oomblik.

10) Yster slyp yster… vriende vorm mekaar

wysheid

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s