Die volmaakte sirkel (oordenking)

Mens weet sommer kleintyd al hoe ‘n sirkel lyk, al ken jy nog nie die woord “rond” nie. Nogtans, toe ek as drie-jarige ‘n kar probeer teken het, was my wiele ‘n vorm wat glad nie sou kon ry nie. (Ons almal se eerste pogings om te teken is maar krom en skeef.) Teen 8 kon ek ‘n baie beter sirkel teken as op 3. Toe ek op 12 geleer is om ‘n passer te gebruik, was my sirkels vir die eerste keer perfek. Maar dis nie of ek sirkels ontdek het toe ek ‘n passer leer gebruik het nie.

Ek dink dis dieselfde met geloof: Natuurlik kan ‘n nie-Christen dieselfde waardes as ‘n gelowige erken, nes ek voor ek ‘n passer gehad het ewe goed geweet het wat ‘n sirkel is. En iemand sonder God kan baie kere beter leef as ‘n gelowige, nes iemand sonder ‘n passer soms netjieser sirkels teken as iemand wat ‘n passer het, maar dit nie gebruik nie. Maar God is nog steeds die Een wat reg en verkeerd bepaal, en wat in staat stel om reg te leef. Die passer laat mens ‘n sirkel van enige grootte trek, en in God se krag kan ‘n mens reg doen in elke situasie.

In hierdie vergelyking is God nie die passer nie, want dit sou beteken dat God gereedskap in my hand is. God is die Een wat weet wat ‘n sirkel is, en dus die regte gereedskap in ons hande plaas, en ons leer en lei om dit te gebruik. Die wet van hoe ‘n sirkel lyk was nooit goed genoeg nie – God gee Sy Heilige Gees, in Wie se krag ons kan ‘n lewe leef (“sirkels” trek) wat nie krom en skeef is nie.

Romeine 8:3 Wat die wet nie by magte was om te doen nie, omdat dit weens ons sondige natuur te swak was, dit het God gedoen. Hy het met die sonde afgereken deur sy eie Seun in dieselfde gestalte as die sondige mens te stuur; so het Hy die sonde in die sondige bestaan van die mens veroordeel. :4 Nou kan ons aan die eise van die wet voldoen, óns wat ons lewe nie deur ons sondige natuur laat beheers nie, maar deur die Gees.

Advertisements

One response to “Die volmaakte sirkel (oordenking)

  1. Have you ever thought about including a little
    bit more than just your articles? I mean, what you say is important
    and all. But imagine if you added some great pictures or videos to give your posts more, “pop”!

    Your content is excellent but with images and clips, this
    blog could certainly be one of the very best in its field.
    Excellent blog!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s