Christianstein (Toneelstuk vir gebruik deur kerke, Christelike kampe of ander Christelike byeenkomste)

Karakters:

Verteller

Professor E. van Gelies (dra bril, labaratoriumjas, het clipboard byderhand met lys van bestanddele)

Assistent (dra labaratoriumjas)

Christianstein

Toneel:

Stel labaratorium voor. As jy kan: laboratorium-bottels, proefbuise, ens. op ‘n tafel op die agtergrond. Voor op die verhoog is daar ‘n tafel. Daarop lê Christianstein, wat met ‘n laken tot by sy nek toegegooi is.

———————–

[Geluide van donderslae word gespeel. As die beligting dit kan doen, laat helder verligting die donkerte vir oomblikke onderbreek, soos bliksemflitse.]

Verteller: Dit was ‘n donker, stormagtige nag. Donderslae het ge-eggo van berg tot dal. ‘n Trop vlêrmuise het rondgefladder, en die oë van onbekende kreature het in die donker geglim. Maar die skrikwekkendste gesig van almal was reg aan die rand van die dorp, langs die rand van ‘n afgrond. Dit was… die Van Gelies kasteel! Iewers het ‘n wolf – of iets – gehuil.

[Geluid: Wolf huil.]

Verteller: In die kelder van die kasteel was ‘n lig aangesit. Hierdie is die laboratorium van die berugte Dr. Erika van Gelies! ‘n Rot skarrel voor haar voete weg.

Dr. E. van Gelies: [Kom in, skakel die lig aan. Kyk na die figuur op die opslaanbed onder die laken, vryf hande teen mekaar met ‘n onheilspellende grynslag.] Igor! Ons het werk!

Igor: [Kom in met boks vol flesse, blikke, bokse, bottels, 1 paar rubberhandskoene, ens.] Ja, Doktor. Hier is die goed wat Doktor gevra het. Alles is gereed!

Dr. Dr. Van Gelies: Bring dit hier, Igor. Dis tyd vir … die eksperiment! Vanaand skep ek iets waaroor almal gaan praat. Vanaand skep ek … geestelike lewe! Ek het maande gewerk hieraan, en nou is dit amper klaar – Christianstein!

Igor: C-C-Christianstein?

Dr. Dr. Van Gelies: Ja, Igor! [Hy kry sy assistent aan die kraag beet.] Die kerkmense noem my mal, dink ek krap met die natuur. Maar vanaand bewys ek hulle verkeerd. Christianstein gaan die beste gelowige wees wat die wêreld nog gesien het. Hy sal alles hê! Alles!

Gee my teaterhandskoene! [Igor gee aan]

Dr. Dr. Van Gelies: [Trek handskoene aan. Van hier af kan dr. Van Gelies die goed wat sy soek van ‘n clipboard-lys aflees, sy het mos hoe lank hieraan beplan.]

Skalpel. [Igor gee aan]

Gewilligheid om te bid. [Igor gee inspuiting aan. Dr. spuit Christianstein in.]

Die geduld van Job! [Igor gee blik aan, Dr. maak oop en voer dit in Christianstein se onbeweeglike mond in.]

Drie flesse vol Bybelkennis!

Igor: Drie flesse vol?

Dr. Dr. Van Gelies: Ja – hierdie een moet die Bybel van voor tot agter ken! [Igor gee (leë) Consol-flesse aan. Dr. draai oop, giet oor Christianstein se kop en masseer dit in sy kopvel in.]

Verteller: Vir ure lank gaan dit so aan.

Die vermoë om in tale te spreek. Gawes van profesie en leierskap. Selfbeheersing. ‘n Lus om kerk toe te gaan. Geloof om vir ‘n berg te vertel om in die see te spring. Die begrip om tussen goed en sleg te onderskei…

Dit alles word in Christianstein ingevoer, ingespuit en in gegiet. Prof. van Gelies het selfs ‘n oorlede professor in teologie aan ‘n top-universiteit se kennis van skrif-interpretasie in die hande gekry om Christianstein alles te maak wat sy van droom. [Terwyl verteller praat, beduie Prof. vir Assistent, Assistent gee houers aan, Prof. voeg nog bestanddele by Christianstein.]

Dr. Dr. Van Gelies: Igor! Het ons iets vergeet?

Igor: Nee, Doktor.

Dr. Dr. Van Gelies: Uitstekend! ‘n Million volt van weerlig sal my skepping laat leef… Staan terug, terwyl ek die krag aansit op hom…

[Sit skakelaar aan. Die geluid van ‘n donderslag. As beligting dit toelaat, ook donker-helder lig-donker voor saal se ligte weer normaal is. Rook wat opstyg van Christianstein af sal ook effektief lyk.]

Christianstein: [Begin beweeg]

Igor: Doktor! Hy beweeg!

Dr. Dr. Van Gelies: Ja, ja! My skepping – dis lewendig! [Dokter en assistent kyk nou na Christianstein.]

Christianstein: [Kom stokkerig orent, praat in ‘n lae en vyandige grom.] Al praat ek die tale van mense en engele, maar ek het geen liefde nie…

Dr. Dr. Van Gelies: Liefde? [Sy kyk op clipboard met verbasing, soek met haar oë en ‘n vinger op die lys af.]

Christianstein: [Lig arms stadigaan in rigting van Dr., wat nog na clipboard kyk]

…het ek ‘n stuk klinkende metaal, ‘n galmende simbaal geword. Al het ek die gawe van profesie, en ken ek al die geheimenisse, en besit ek al die kennis, en al het ek die geloof om berge te versit – maar ek het geen liefde nie, baat dit my niks.

Dr. Dr. Van Gelies: Igor, jou idioot! Ek het geweet ons het iets vergeet! So ‘n ou klein dingetjie…

Christianstein: Al deel ek alles wat ek het uit aan ander uit, al gee ek my liggaam prys om my daarop te beroem, [gryp Dr. aan skouers] – maar ek het geen liefde nie, [skree die laaste paar woorde van hier af] baat dit my niks!

Igor: [Toe Christianstein Dr. van Gelies gryp, kruip Igor onder die tafel weg.]

Dr. Dr. Van Gelies: Niks? Nie eers die kleinste bietjie nie?

Christianstein: Aaarghh! [Hy laat los die Doktor se skouers, en sy hardloop van die verhoog af, met Christianstein stokkerig agterna.]

Igor: [Kruip uit onder die tafel.] Ek dink ons het ‘n monster geskep.

[Geluid van wolf wat huil.]

—————-

Aangepas vir die verhoog vanuit kortverhaal “Christianstein”, boek “Joan and the Whale”, John Duckworth, 1988.

 

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s