Monthly Archives: Januarie 2018

Moet ons “Raaiselkind” sien voor ons daaroor praat?

Dis logies, maar word soms heeltemal verkeerd aangewend: “As jy nie die boek gelees/ die fliek gesien het nie, kan jy nie kommentaar lewer daarop nie.” As ek nie ‘n fliek gesien het nie, kan ek nie eerstehands vertel of die taalgebruik daarin goed, die karakters myns insiens geloofwaardig, of die gebeure spannend is nie. 

Maar ek kan kommentaar lewer soos “Hierdie film is ‘n riller” as resensies van die film vertel dit is ‘n riller. Ek kan ook reken dat ‘n film te veel seks of geweld het vir my kind om te kyk – sonder dat ek dit self gekyk het, maar oor die fliek se graderings dit vertel. Ek kan ook weet, byvoorbeeld, dat as ‘n sekere film uitgegee word deur Neo-Nazis, dit waarskynlik snaakse idees oor rasverhoudings sal bevat. Jy kan ook iets oor ‘n filmtema weet deur die boek waarop dit gegrond is te ken.

Daar het onlangs ‘n argument uitgebreek tussen lede van die outistiese gemeenskap en die vervaardigers van die film “Raaiselkind”. Die film handel oor ‘n gesin met ‘n outistiese kind.

Hier is die basiese punte van outistiese kritiek: Lees voort

Advertisements

Kennisgewing: As jy hierheen kom op soek na kinderlesse vir Sondagskool/ kinderkerk

Hierdie tyd van die jaar soek baie mense my blog op omdat hulle lesreekse vir hulle kerk se kinderbediening of tienerbediening soek. Hierdie is ‘n kort inskrywing om jou te help met waar op die blog jy sulke goed kry;

Hier skryf ek my menings oor die kinderbediening-reekse wat ek al mee gewerk het:
Inleiding, Lesse wat Leef
Paidion
Modkats
AJK (Dit wat ek destyds “AJK Boeke genoem het oor dit nie ‘n eie naam gehad het om dit van ander reekse te onderskei nie, is klaarblyklik intussen opgedateer en word nou “Kennis Kategese” genoem.)
LP3
Wat ek voorstel as geskikte materiaal volgens jou gemeente se grootte, kategete se bereidheid om saam te werk, ens.
Inligting oor tiener- en kleuterboeke

As jy net vir nou dadelik ‘n gratis les of twee, drie soek oor julle handleidings nog nie aangekom het nie (of as jy spesifiek later vanjaar iets sou soek vir Kersfees of Paasfees), krap deur hierdie argief:

Wil jy weet waar om handleidings te bestel? Ek is nie ‘n verkoper nie, net ‘n kinderbediener. Kry Lesse wat Leef op die Fixit webblad, Paidion op die Paidion Kinderbediening blad, Modkats dalk op hulle blad as dit nog bestaan (hulle webblad is jare laas opgedateer). Kennis Kategese en LP3 op die Bybelmedia webblad.

Kinderbediening: Illustreer ‘n skeppingsles terwyl jy vertel

Baie lesreekse vir kinderbediening het ‘n skeppingsles aan die begin van die jaar. Hierdie is ‘n reeks stokkie-tekeninge, maklik genoeg vir die kunssinnig gestremdes (mense wat nie kan teken nie) onder ons, wat kinders help om die skeppingsgebeure en die dag wat dit gebeur het te onthou.

Hier wys ek nie hoe om die les aan te bied of watter toepassings om te gebruik nie, dus gaan die woorde kort wees. (Verwys na jou kategese/ kinderkerk handleiding vir jou les-boodskap.) Van die verduidelikings (die woord “skei”, wat wolke is, ens.) is bedoel vir kleintjies en dalk nie nodig vir jou klas nie.

Wat jy nodig het: ‘n Bord of blaaibord (‘n groot stuk wit papier tydelik op riffelkarton vasgesit is ook goed), 2 kleure kryte/ penne vir jou soort bord – die helderder een vir nommers en die ander een vir die res.

– – – – – – – – – – – – – – – – – – – – – – – –

 

Die begin: Die aarde was woes en leeg, maar die Gees van God was klaar daar. Die sirkel is die aarde se buitelyn.
Lees voort

Die 500 gewones, die solo rykes: ‘n Storie oor kerk wees

Al die kinders in die gehoor was dit eens: “500 in my taxi” was hulle gunsteling.
Dit was ‘n melodrama by die kerk so 2 dekades gelede, en een van die items was ‘n klompie kinders wat die passasiers in ‘n minibus-taxi voorstel terwyl ‘n Leon Schuster-liedjie speel.
Die kinders op die verhoog druk hulself stywer in sodra nog kinders bykom op die stoele wat die taxi se sitplekke voorgestel het. Ek onthou nog twee met dik opgestopte boude en arms vol plastieksakke wat indruk in die oorvol sitplekke. ‘n Paar gooi goed by die “busvenster” uit. Op een stadium maak ‘n kind of hy sy neus blaas in ‘n bondel toiletpapier. Kykers in die voorste rye koes geskok toe hy die “vuil” toiletpapier in die skare ingooi. Lees voort