Kinderbediening: Illustreer ‘n skeppingsles terwyl jy vertel

Baie lesreekse vir kinderbediening het ‘n skeppingsles aan die begin van die jaar. Hierdie is ‘n reeks stokkie-tekeninge, maklik genoeg vir die kunssinnig gestremdes (mense wat nie kan teken nie) onder ons, wat kinders help om die skeppingsgebeure en die dag wat dit gebeur het te onthou.

Hier wys ek nie hoe om die les aan te bied of watter toepassings om te gebruik nie, dus gaan die woorde kort wees. (Verwys na jou kategese/ kinderkerk handleiding vir jou les-boodskap.) Van die verduidelikings (die woord “skei”, wat wolke is, ens.) is bedoel vir kleintjies en dalk nie nodig vir jou klas nie.

Wat jy nodig het: ‘n Bord of blaaibord (‘n groot stuk wit papier tydelik op riffelkarton vasgesit is ook goed), 2 kleure kryte/ penne vir jou soort bord – die helderder een vir nommers en die ander een vir die res.

– – – – – – – – – – – – – – – – – – – – – – – –

 

Die begin: Die aarde was woes en leeg, maar die Gees van God was klaar daar. Die sirkel is die aarde se buitelyn.

Dag 1, Dag en nag: Hierdie lang rooi streep wat ek nou teken is ‘n 1, vir die eerste dag. (Kleur regs van die streep donker in. As jy ‘n swartbord gebruik, los die regterkant en kleur die linkerkant wit of ligblou met die kryt se sykant.) God het lig en donker geskei: Donker op een plek en lig op ‘n ander plek. Om goed te skei is om dit weg te vat van mekaar af.

Dag 2, skei van water bo en onder: (Teken ‘n 2 met wolke daarbo en water op die aarde.) God het die water bo die aarde geskei – weggevat van die water op die aarde. Die wolke is mos water wat daar bo in die lug bymekaarkom.

Dag 3, skei van land en water: (Teken ‘n 3 as die lyn tussen land en see, en teken bietjie plante aan die droë land se kant.) God het die water laat wegtrek van dele van die aarde sodat mens nou droë land kon sien.

Dag 4: God het die vierde tot sesde dag goed gemaak om op die plekke te bly wat Hy gemaak het in die eerste 3 dae. Die 4de dag die goed wat in die eerste dag se plekke “woon”; die 5de die goed wat in die tweede dag se plekke woon; en die 6de die goed wat in die derde dag se plekke “woon”.
Dag 4 maak Hy die son om te “woon” in die lig wat Hy gemaak het, en die maan en sterre om in die donker te “woon.” (Teken die son met die strale en sirkel as deel van die 4, ‘n ster met strale as deel van ‘n 4, maan en nog sterre.)

Dag 5, visse en voëls. (‘n 5 in die lug se kant maak vlerke vir ‘n voël, en die ronding van ‘n 5 in die water ‘n vis se vin.) Op die 5de dag het God voëls gemaak vir die lug wat Hy gemaak het, en visse vir die see.

Dag 6, diere en die mens: (Teken ‘n paar diere by.) God het diere gemaak vir die droë grond. Dit is ‘n kat-gesig en ‘n skapie hierdie… Tot hier het God dit “goed” genoem…
(Teken twee stokfiguurtjies by, met die 6’e as deel van hul gesigte en hare.) Nou noem God die skepping “baie goed”: Die aarde met mense by is beter as daarsonder.

Dag 6

One response to “Kinderbediening: Illustreer ‘n skeppingsles terwyl jy vertel

  1. Baie kreatief. Goed gedoen.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s