Damestee

Kolwyntjies, servette en deftige glase,
Stoele met strikke en blomme in vase.
Fyn teekoppies, mooi bordjies en pienk gedekte tafels
Eenkant staan kaaskoek en ‘n hele hoop wafels.

Die spreker in die kerksaal vertel hoe sy siek vroue grimeer –
as hulle beter lyk, voel hulle soms binne-in minder seer.
‘n Vrou met kanker, volgens haar, het die verpligting om te grimeer –
as sy siek lyk, voel mense om haar sleg, asof hulle moet simpatiseer.

Dis goed as grimering selfs ‘n vrou op chemo se kop kan laat swaai.
Maar genade! Is vroue versierings, moet sy ter wille van ons haar verfraai?
Iemand lees vir ons oor moederskap – ons almal is mammas of sal nog daar wees,
aldus die voorleser – sy ken nie die gaping in my skoot of my gees.

Ek is lief vir my ma, met sulke voorlesings dink ek liewer aan haar.
Ryk eetgoed is lekker, maar op die maag swaar.
Tog weet ek dis nie die beste wat die kerk ons kan gee
om ons oë en mage te plesier, met mooi koppies en tee.

Want die kerk erken ‘n wêreld, verby dit wat ons sien of voel,
‘n geestelike wêreld, waar ons sien alles het ‘n doel
‘n Wêreld, dit is wat die kerk ons eintlik moet leer,
waar slegte dinge opgehou het en die Goeie sal triomfeer.

En ek wens dat een van my ander vriende daar kan staan dan
om te getuig van ‘n God wat ewe veel vrou is as man.
Klink dit vir jou vreemd? Ons is na God se beeld gemaak,
man en vrou is albei soos Hy, en dit maak saak!

Ek wens dat sy sê ons is gemaak om te regeer
oor die aarde, gemaak om die skepping te beheer.
“In die Bybel was vroue niks” sê een tannie wat ook daar was
ek wens ek kon vertel wat die Bybel regtig sê oor die helper-wat-pas.

Eva is as ‘n helper en gelyke (helper wat pas, sê ander Bybels) gemaak:
In die Hebreeus staan “helper” vir God as redder, geen minderwaardige taak.
Vroue se roeping en diens is groot en kragtig
Getroud of alleen, ma of te nie, God se plan met ons is magtig!

Jy kan meer doen as koek bak of kaartjies verkoop vir ‘n tee,
meer wees as uiterlik versorg, jy het beter gawes om te gee.
Jou geestelike insig, jou diepte, jou hart en siel en gees
is gemaak om te verryk, om volkome deel van die kerk te kan wees.

Jou mooi is nie in die lipstiffie waarmee jy daar staan
dis in jou waarde in ‘n ander wêreld, een wat nooit vergaan.
Vrou, ek wens vir jou die vreugde, in jou gemoed die rus
om volkome te weet: Waar God jou wil hê, is waar jy is.

Advertisements

One response to “Damestee

  1. Baie dankie hiervoor. Damestees is vir my ook nogals erg. Vir omtrent dieselfde redes as wat jy hier noem. Wens damestees wil meer gaan oor God en minder oor menslike dinge.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s