Laat groei die kerk: Die Bybelse manier!

GROWTH.pngIs jy ‘n gelowige, en wil jy jou bediening laat groei? Hier is hoe dit in die Bybel gedoen is.

Handelinge 2:41, 2:47b, 4:4, 5:14, 6:1, 6:7, 9:31, 11:21, 11:24b, 16:5, 17:4, 17:12, 17:34, 18:8 en 19:10 vertel ons keer op keer:

3 000 mense is op daardie dag by die getal van die gelowiges gevoeg… die getal gelowiges het aangegroei… toe die gelowiges nog steeds meer geword het… die woord van God het verder versprei, en die getal gelowiges in Jerusalem het geweldig toegeneem… sodat daar baie mense tot geloof gekom het… ‘n aansienlike groep mense is tot geloof gebring… die getal gelowiges het by die dag groter geword… baie het gelowig geword…

Hoe het hierdie mense die kerk laat groei?

Keer op keer, in al die gedeeltes uit Handelinge wat hier bo gelys word, hoor mens dat hulle een van twee dinge gedoen het toe die kerk gegroei het: Hulle het óf uit die Bybel gepreek, óf uit die Bybel geleer. (Ek is nie seker presies waar die streep tussen preek en leer is nie.) Beginsel #1 is dus:

#1 Preek die Bybel en nie jou eie inhoud nie.
Jy kan dalk nou vertel dat jou gemeente week na week uit die Bybel preek of leer, maar julle groei nie. Jy is reg. Die ander deel van die Handelinge waarheid gaan oor wie die leer-werk (Engels teach, nie learn nie) doen, en waar hulle dit doen.

In Handelinge het Petrus, die ander apostels, die gelowiges, Paulus, Barnabas, en Silas gepreek of les gegee in die gedeeltes waar gelowiges bygevoeg is. Om daardie voorbeeld te volg, sal die kerk gelowiges moet aanmoedig en toerus om die woord te deel waar hulle kom. Tradisionele kerke is gewoond om te glo mense he jare se teologiese opleiding nodig om die woord te deel, maar dis nie waar nie: Teologies opgeleide kerklidmate en leiers is nuttig om ander lidmate met kennis te help, maar uit die hele lys gelowiges waat hier bo gepreek en geleer het, is dit moontlik net Paulus wat iets soos teologiese opleiding gehad het. En sy opleiding was in Judaisme, nie in Christenskap nie. Beginsel 2 is dus:

#2 Moedig alle gelowiges aan om die woord te deel

Nou dink jy dalk dat jou kerk regtig nie vir almal ‘n preekbeert kan gee nie. Dis dalk waar. Kyk dan na waar al hierdie mense gepreek het in Handelinge: In die tempel en sinagoge (die Joodse geloof se plekke), op die markplein, in huise, in die ope lug, op sendingreise, selfs so nou en dan in ‘n politiese opset vir politici. Eweneens kan onss dit ook doen:

#3 Moedig gelowiges aan om die woord oral waar hulle kom te deel

En wat as hierdie mense jou boodskap waardeer, maar nie by jou gemeente aansluit nie? Was jy dan onsuksesvol om die kerk te groei? Nooit! As Paulus en Barnabas byvoorbeeld op sendingreise mense na die Here gelei het, het hulle belis nie deel van die kerk in Jerusalem geword nie. God het dit nog steeds erken as kerkgroei. (Hand 11:21, 16:5, 17:4, 17:12, 17:34, 18:8 en 19:10, en heel moontlik van die ander meer-word-gedeeltes ook.) Chrustus het één liggaam, en jy kan daardie liggaam groei sonder dat almal wat jy leer in dieselfde kerkgebou as jy gaan sit of na dieselfde dominee of pastoor luister. Die volgende beginsel is dus:

#4 Moenie ontmoedig raak/ vergeet om kerkgroei buite jou gemeente of bediening te tel nie.

Hierdie is dalk vrae wat jy as gelowige jouself kan afvra oor wat jy kan doen om die kerk te laat groei:

1) Watter persentasie van my bediening is teenoor mense wat reeds in die kerk is? In Handelinge was meer as 80% van boodskappe vir ongelowiges gegee, en dit het die kerk geweldig vinnig laat groei. Wat kan jy doen om hulle voorbeeld te volg in wie jy jou geloof mee deel?
2) Watter boodskap, uit die Bybel, het mense met wie ek te doen kry nodig?
3) Hoe kan ek my getuienis deel?
4) Watter Bybelvers(e) of gedeelte daarvan het die mense om my so nodig dat dit goed sal wees as ek dit woord vir woord ken om aan te haal. (Omdat die skrif groot waarde het ( het – 1 Tim 3:16 , gebruik dit!)
5) Waar kan ek hierdie boodskap deel?
6) Hoe kan ek medegelowiges oplei om uit te reik?
7) Hoe kan ek medegelowiges aanmoedig om uit te reik?
8) Hoe kan ek myself of ander daaraan herinner dat sukses nie noodwendig gemeet word daaraan of die mense wat ons bedien lidmate van ons kerk word nie?

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s