Category Archives: omgee

Die klanke wat ons nie by mekaar hoor nie

Een van die dinge wat ek en my pa nie oor saamgestem het nie, was musiek. Dit was soms nogal ironies. Soos die keer toe hy Jurie Els se ‘hoe sê mens dankie’ op een van my bandjies bo-oor my musiek opgeneem het, en ek vir hom kwaad was.
Toe ek ‘n tiener was – baie lank gelede – het mens musiek ge-“download” deur langs die radio te sit terwyl jou gunsteling-musiekprogram aan was. Jy het ‘n kasset met magnetiese lint in die radio se kassetspeler gehad. Dan probeer jy om “record” te druk op presies die oomblik dat die omroeper ophou praat, sodat jy die hele liedjie en niks van die omroeper se stem kry nie.
Nou ja, my kasset was in die speler toe my pa “record” druk. En sy liedjie word toe bo-oor twee van my gunstelinge opgeneem. Ek gooi toe ‘n tiener-vloermoer oor my verlore musiek. Die ironie van die saak is dat die liedjie juis gaan oor dankbaarheid teenoor jou ouers. My ouers doen baie vir my, en as mens onthou wat jou ouers vir jou doen gaan jy nie vloermoere gooi oor hulle twee van jou gunsteling-liedjies per ongeluk laat wegraak nie. As daar ‘n stem van dankbaarheid was wat my pa daardie dag sou wou hoor, het hy dit nie gehoor nie.
‘n Ander ironiese keer was toe die musiekvideo ‘You don’t own me’ uit First Wives Club op TV was, en ek en my ma gekyk het. “Sit af daai gemors!”, vertel my pa. (Sy ore was sensitief vir party soorte klanke.) Ons ignoreer hom. Want Bette Midler, Diane Keaton en Goldie Hawn is in die fliek geskeide vroue wat bly is dat hulle nie meer na mans hoef te luister nie, en hulle liedjie gaan so:

“Don’t tell me what to do… don’t try to change me in an way…”

My pa het geweet niemand skakel musiek af sommer oor hy so sê nie. Maar hy het eers jare later vir my verduidelik dat sekere musiek en klanke sy kop seermaak, toe sy kleindogter drie was en lief was vir hoë gilletjies as sy opgewonde raak. En ons het hom nooit vertel dat takt beter werk as bombastiese opdragte nie. (Hy het dit darem later uitgevind. “As jy in hierdie huis wil skree, skree Cheetas”, het my pa daardie kleuter-kleindogter van hom geleer.)
Maar die mees ironiese een was miskien ‘The living years’ van Mike and the Mechanics. Ek kon dit oor en oor luister. “Dis sommer ‘n klomp twak waarna jy luister”, vertel my pa eenkeer. Ek byt my tong, want ek kan juis nie vir hom vertel hoekom dit my roer nie. Dit gaan oor iemand wat wens hy kon beter met sy pa kommunikeer:

I just wish I could have told him in the living years.”

Hoekom vertel ek dit nou vir julle? Miskien oor ek verlang. Miskien oor ek wens ons kon beter kommunikeer toe hy nog hier was. Maar ek is nie die enigste een nie.
Dis jare gelede. Ons ry van die gedenkdiens vir my oupa se begrafnis na die begrafplaas, ‘n stywe entjie. “Ek wens ek kon hom vertel hoe besonders hy was, hoe ek hom waardeer het,” mymer my ma. Niemand antwoord nie. My pa sit die radio in die kar aan om die stilte te breek. Julle sal my nie kwalik glo, maar hierdie is die woorde wat toe speel:

…If I never did it
I was only waiting
For a better moment that didn’t come
There never could be
A better moment than this one, this one.” – Paul McCartney

————-
Is daar dinge wat jy wens jy kon gesê het, of wens jy kon hoor? Vertel my in die kommentaar, as jy wil. Of vertel wat jou strategie vir openhartig gesels is.

Advertisements

Christianstein (Toneelstuk vir gebruik deur kerke, Christelike kampe of ander Christelike byeenkomste)

Karakters:

Verteller

Professor E. van Gelies (dra bril, labaratoriumjas, het clipboard byderhand met lys van bestanddele)

Assistent (dra labaratoriumjas)

Christianstein

Toneel:

Stel labaratorium voor. As jy kan: laboratorium-bottels, proefbuise, ens. op ‘n tafel op die agtergrond. Voor op die verhoog is daar ‘n tafel. Daarop lê Christianstein, wat met ‘n laken tot by sy nek toegegooi is.

———————–

[Geluide van donderslae word gespeel. As die beligting dit kan doen, laat helder verligting die donkerte vir oomblikke onderbreek, soos bliksemflitse.] Lees voort

Outisme: Om te luister na ‘n gemeenskap wat min praat

Terapeute vir outistiese mense behoort verheug te wees, maar hulle is nie: Daar is uiteindelik deurbrake wat regtig baie beteken vir outiste.1. Die probleem (uit die terapeute se oogpunt gesien) is dat hulle wat terapie doen nie besig is om die deurbrake te maak nie. Nog erger, die deurbraak-makers (deurbrekers?) vertel dat die terapeute nog al die jare verkeerd was.

Die deurbrake kom oor daar deesdae meer outiste (waarvan dit bekend is dat hulle outisties is) kommunikeer. Dit gebeur eerstens oor doktors selde in die verlede iemand wat relatief “normaal” kon kommunikeer gediagnoseer het as op die outisme spektrum, en deesdae gebeur dit dikwels. Lees voort

‘n Storie wat my laat kop krap: Hoekom ‘n toegewyde Sondagskooljuffrou nie meer lus is vir kerk nie

Hierdie is ‘n so-waar-soos-ek-kan storie wat ek nie verstaan nie. Al wat ek weet is “Helena” soek ‘n plek om liefde en lering te gee, waar dit wat sy is en doen mense kan verryk. En dat sy God (en miskien mense) se hulp nodig het om ‘n plek te kry daarvoor. Ek ken nie altwee kant van hierdie saak ewe goed nie, so ek raai so ‘n bietjie.

———

Tia, voorsitter van die jeugkommissie: Helena het by haar heel eerste Sondagskoolvergadering hier al veranderings voorgestel. Ons was nie goed genoeg vir haar nie.

Helena: Ek het een verandering voorgestel, ja. Daar was dae wat niemand voorbereid was vir groot groep (dis waar ons die bybelstorie vir al die kinders Gr. 1-6 aanbied) nie, en partykeer was dieselfde les meer as een week deur verskillende mense voorberei, terwyl ander lesse oorgeslaan was. Toe stel ek voor dat die sekretaresse elke week vooraf daardie week se grootgroep-aanbieder laat weet dis sy beurt, en watter les hy moet gee.

Janine: Sy was oornemerig!

Helena: Ek weet dis voor op die wa, maar eenkeer wat geen aanbieder opgedaag het vir groot groep nie, het ek ingespring en ‘n impromptu vasvra Lees voort

Eks-gemeentelede, ek hoor julle (Weggaan uit die gemeente, deel 7)

My mede-gemeenteverlaters, ek hoor julle. Sedert ek die gemeente-verlaat-verhaal op my blog gesit het, het verskeie van julle met my gepraat. (Julle vertel natuurlik nie almal dieselfde goed nie, en wat ek nou hier skryf is dalk heeltemal nie jou storie nie:)
> Julle is hartseer om te gaan.
> Sekere gedrag van daardie predikant maak julle bekommerd.
> Julle is hartseer nie eerstens oor julself nie, maar oor die kerk as geheel.
> Daar was nie geluister toe julle besorgdheid uitspreek nie.
> Julle was 25/40/45 jaar in die gemeente. Julle sal nie sommer vir niks van kerk verander nie. Ek weet, ek was self 15 jaar daar. Ons het gebly toe die vorige predikant te siek was om te preek, en toe daar geen predikant was nie. Julle het sekerlik gebly deur predikante met meer vernuwende/ meer tradisionele idees; wat meer dinamies preek/ rustiger preek; moeiliker preek /oppervlakkiger preek, en julle het gebly.
> Julle het getrou gedien in daardie gemeente (nie een van julle het gespog by my nie, maar ek weet mos!) – tot julle nie meer kon nie.
> Julle het vinnig weer betrokke geraak by julle nuwe kerke. Want dis hoe julle is.Jesus-Embracing-1
Ek het onlangs op hierdie webblad afgekom vir mense wat hulle kerk verlaat:
Church Exiters: Ministry Restoration: Recovering Spiritual Harmony  Die openingsblad vra:

Are you grieving over circumstances in your home church? Have you been hurt by the church-particularly by a church leader, like a pastor? Do you feel like: you have no one to turn to in your church? Do you feel like: you cannot talk about your church or leadership concerns or people will brand you as a gossip or a troublemaker? Do you feel that: if word gets out to your leadership about your concerns, that you might be shunned or disciplined? Do you feel lonely?

Julle is nie alleen nie. ‘n Klomp van ons het ‘n soortgelyke ervaring gehad. Ander mense het al dieselfde soort belewenisse in hulle kerke gehad. Miskien is daar dinge op Church Exiters (skakels na artikels is op die regterkant van die blad) wat julle kan help of troos. Mag die Here julle seën en kragtig gebruik waar julle nou is.  (Terloops, ek wens dieselfde vir almal wat nog in my ou is gemeente toe ook: Mag die Here julle seën en kragtig gebruik waar julle nou is.) Kom ons bid vir mekaar en die gemeente waaruit ons kom – en ons nuwe gemeentes.

Onderdanigheid, Efes. 5 en die huwelik

Veronderstel jy vertel ‘n arbeider: “Gooi grond hier om die gat in die tuin weg te kry.” Dit vertel, in een sin, presies hoekom grond nodig is en wanneer gestop moet word. Jy soek nie ‘n hoop grond nie – jy soek bloot nie meer ‘n gat nie.

Hier is die kortste stuk wat ek nog gesien het wat verduidelik waarom vroue tot onderdanigheid geroep was, en dus hoeveel onderdanigheid nodig is. As jy onthou “hoof” beteken in Paulus se skryftaal “bron”, nie “leier” nie, kan jy sien die skrifgedeelte is common sense, nie misogenie nie:

http://submissiontyranny.blogspot.com/2013/01/wives-submit-to-your-husbands-for.html

Ons maak ‘n beskawing dood? Die ding wat my aan dieselfde kant as (openlike, losbandige) gays sit

Pastoor Errol Naidoo, ‘n skrywer by JOY magazine (verwant aan JUIG tydskrif in Afrikaans), het ‘n paar dae terug gays, feministe, en aborsie blameer vir die verskriklike gebeure by die Marikana myn. In ‘n nuusbrief skryf hy:

There has been much hand wringing and recrimination about the Marikana Massacre. But when human life is diminished in the womb, that callousness will find its way into the national psyche.

It is a tragedy that the Church of Christ has not developed a sustainable and coherent strategy to expose the grisly consequences of the culture of death – advanced by pro-death activists.

I have written a feature article about the Demographic Winter in the latest issue of Joy magazine. The culture of death is slowly killing off the human family in Western civilization.

Abortion-on-demand – driven by radical feminist activists – and the homosexual agenda, lie at the heart of the culture of death. These anti-family groups are responsible for population decline.

In die tydskrifartikel waarna hy verwys skryf hy onder meer: Lees voort