Tag Archives: bemoediging

Op lewe!

Dellie het ‘n blad oor vreemde blog-soekterme op haar blog. Die vraag daar is: Wat is die vreemdste soekterms waarmee jou blog al opgespoor is? Die skokkendste een was gister op my blog-statistiek: “Hoe om selfmoord met pille te pleeg.” Dit het my soos ‘n vuishou tussen die oë getref om dit te lees.
As jy wat daardie soekterm gebruik het dalk weer hierdie blog lees, of as iemand anders wat selfmoord oorweeg hier lees: Moenie! Ek was ook al depressief en ek kan jou sê: Dinge verander later. En iewers is daar iets wat jy kan doen of iemand wat jou nodig het.
Ek het g’n slim woorde nie. Net dit: Lewe is ‘n wonderlike, ongelooflike kosbare ding.  Jou lewe ook. Denkende lewensvorme is so raar, so besonders, dat ons dalk op die enigste planeet in die heelal bly wat dit het. Iewers moet daar tog vir jou rede wees om te lewe. En as jy nou dink daar is geen rede om te leef nie, dinge kan dalk volgende jaar anders wees. Soek hulp. Kies lewe.
Het enigeen van julle ‘n boodskap vir hierdie persoon, of ‘n mening hieroor?