Tag Archives: boeke

Is God ‘n morele monster? vra Paul Copan

 Paul Copan vat al die moeilike Ou Testamentiese gedeeltes – soos waar God die Israeliete vertel om hulle vyande dood te maak- en vors vir sy boek na hoe dit gesien moet word. In die onderhoud hier vertel die onderhoudvoerder oor die boek:

I am trying to think of the last time that I’ve seen so many biblical scholars – let alone Old Testament biblical scholars – endorse a book by a Christian philosopher. Your topic and thesis have been welcomed by high-profile members of that community of scholars.

Paul Copan self is ewe entoesiasties:

Surprising—and yet not surprising—is the fact that the more deeply I dug into understanding the ancient Near East, the more the biblical text made sense and the more favorable it looked in comparison to other relevant texts in the ancient Near East.

Daar is heelwat waardevolle insigte in die onderhoud, oor verskeie Bybelgedeeltes. Byvoorbeeld hierdie twee, oor slawerny en oor God as jaloers:

As far as servitude (“slavery”) goes, this was voluntary and contractual rather than forced (unless Israel was dealing with, say, hostile foreign POWs who might be pressed into service to cut wood and carry water). Yet Israel’s laws prohibited (a) kidnapping, (b) returning runaway (foreign) slaves to their masters, and (c) injuring servants. If these three Mosaic regulations were observed during by Western colonial powers, slavery would not have emerged and the nineteenth-century history of the United States would have looked much different.

In my discussion of divine jealousy, I point out how Richard Dawkins dismisses God’s jealousy as petty. Yet he ignores the profound marital language bound up with God’s covenant with Israel and the true pain God feels when his people run after other deities and/or put their trust in political alliances with other nations (idolatry).

Advertisements

Moenie swak boeke uitleen nie

Voor in Pieter W. Grobbelaar se boek “‘n Bietjie baie Bogtery” staan die volgende:

Ik hebt mijn boekje lief

Wie hem steel, is een dief.

Die hem krijgt, breng hem weer,

voor een appel of een peer.

Die het niet doet

staat de galg voor goed,

totdat hy zegt: “O, toch, mijn heer,

hier heb gij uw boekje weer!*

 

Dit bring my by ‘n hartseer saak uit: Mense wat boeke leen en dit nie teruggee nie. Ek het al op laerskool boeke so verloor. Ek dink die eerste een was “Skatsoekers van Ouplaas”, een van die Daan Retief boekklub-boeke wat ek elke maand gekry het as ‘n kind. (Rosalind Franklin vertel ook op haar blog hoe opgewonde sy was oor haar maandelikse pakkie van die Daan Retief boekklub. Rosa, dit maak twee van ons.)

Sedertdien het ek al alles van Kuifie-boeke (as jong tiener) tot biografieë so verloor.

 

Party mense dink die oplossing is maklik: Moenie goeie boeke uitleen nie.

 

Maar daardie oplossing is onmoontlik. Goeie boeke móét gedeel word. Moet nooit swak boeke uitleen nie. As jy ‘n boek nie waardeer nie, gee hom weg, of ruil hom by die 2dehandse boekwinkel. Maar as ‘n boek goed is, en jy ken iemand wat hom dalk sal waardeer, leen hom uit. As jy dit geniet, kan nog iemand dit geniet.

 

Ek weet, my “One flew over the Cuckoo’s Nest” is in’n vreeslike toestand, en my “The Cross and the Switchblade” skoonveld, oor ek boeke uitleen. En dis maar twee voorbeelde. (Ek hou duim vas- en glo darem- die meisie wat onlangs my “Ciske” en “Fiela se kind” geleen het is van ‘n beter stoffasie as bogenoemde leners.) Maar die oplossing is nie om op te hou uitleen nie.

Girl reading

 

———–

*Hierdie gedig is uit my kop neergeskryf, nie regstreeks uit die boek nie, die kanse is dus goed dat die Hollands iewers sou verkeerd gegaan het. Dis nie regstreeks uit Pieter W. Grobbelaar se kompilasie geskryf nie,  want ek het die boek uitgeleen……

 

Ander nota: Hierdie tema is geinspireer deur ‘n gedagte in antwoord hierop.