Tag Archives: Bybel

Hierdie artikel gaan nie oor lyfstraf nie

Laas sien ek ‘n Christelike tydskrif iewers rondlê met ‘n voorbladartikel: “Wat die Bybel oor lyfstraf sê.”
Daar was nie kans om dit te lees nie. Maar ek weet hoe ek 5 jaar terug die saak sou benader het:
Ek sou verse opgesoek het wat direk iets oor lyfstraf vertel het. En aangesien ons waarskynlik oor lyfstraf vir kinders praat, sou ek verse soek wat die woord “kinders” saam met woorde wat straf impliseer inhet. Lees voort

As God in beheer is, waarom gebeur sulke dinge? (Deel 2 – Wat het God nie?)

Vervolg vanaf hier

Wat het God alles om dinge reg te kry op aarde?

God het die kennis: Hy weet alles. Hy weet van alle euwel en ongeregtigheid in die wêreld. (1 Joh. 3:20)

Hy het die wysheid: Hy weet hoe om euwel en ongeregtigheid uit te skakel. (1 Tim 1:17)

Hy het die krag om die probleem op te los: Hy is God almagtig. (Genesis 35:11)

Hy het die liefde/ goedheid om dit te wil uitskakel. (1 Joh. 4:16) ‘n Goeie definisie van liefde wat meer as tydelik is, is “om die hoogste goed vir almal betrokke te kies.” Euwel en ongeregtigheid is nie God se wil, in Sy liefde nie, en Hy wil dit uitskakel. (Jesaja 59:15)

Wat het God nie?

God het gesag op die aarde vir die mens gegee in Genesis 1. (:27-28, ook in Ps 8:7 en Ps. 115:16) As God gesag vir die mens gee, hou hy dit nie vir homself nie. Hy het dus Sy eie regte oor die aarde vir eers beperk. Maar die aarde is nog steeds syne. (Ps. 24:1)

Waarom het Jesus nodig gehad om mens te word? As jy deel 1 en die boonste stukkie gelees het, ken jy waarskynlik die antwoord.

Hoe kon Satan vir Jesus die konkryke aanbied in Matt. 4? Is die aarde dan nie God s’n nie? Die aarde is God s’n, maar dit was onder uitgehuurde gesag. Jesus se versoeking was om nie aan die kruis sterf of die mense te red nie, maar onmiddelik die aarde terug te kan neem.

Wat beteken dit as Jesus vertel dat elkeen wat nie deur die hek in die skaapkraal inkom nie, ‘n dief en ‘n rower is? (Joh. 10:1) Hy vertel die wettige manier om gesag op aarde te hê is mens-wees. Hy is die goeie herder wat bereid was om mens te word om mense te red. Die Satan is die een wat gesag kry deur mense te kul en hulle gesag vir Sy doelwitte te gebruik.

(Deel 3)

——

Die eerste notas is gedagtes in Craig Hill se boek, “If God is in control, then why?” Vanaf “Waarom het Jesus nodig gehad om mens te word?” is van elders. Kommentaar hierop sal geopen word in latere aflewerings.

Wat kom nou eintlik die keiser toe?

Matteus 22: 16 En hulle stuur hul dissipels saam met die Herodiane na Hom en sê: Meester, ons weet dat U waaragtig is en die weg van God in waarheid leer en U aan niemand steur nie, want U sien nie die persoon van mense aan nie– 17 sê dan vir ons, wat dink U: Is dit geoorloof om aan die keiser belasting te betaal of nie? 18 Maar Jesus het hulle boosheid bemerk en gesê: 19 Geveinsdes, waarom versoek julle My? Wys My die belastingmunt. En hulle het vir Hom ‘n penning gebring. 20 En Hy sê vir hulle: Wie se beeld en opskrif is dit? 21 Hulle antwoord Hom: Die keiser s’n. Daarop sê Hy vir hulle: Betaal dan aan die keiser wat die keiser toekom, en aan God wat God toekom. 22 En toe hulle dit hoor, was hulle verwonderd en het Hom verlaat en weggegaan.

Hier is so ‘n paar idees oor daardie Bybelgedeelte:

1) Anders as die antieke Romeinse ryk waar Jesus gebly het, bly ek in ‘n demokrasie. Government by the people and for the people beteken dat óns die keiser is. Die vers beteken dan seker dat ons die reg het om die regering verantwoordelik te hou om ons te gee wat ons toekom!

2) Jesus se riglyn was: “Gee aan die keiser wat Hom toekom, en aan God wat Hom toekom.” Nou is dit jou plig om te vra: Hoeveel kom die keiser toe? Is daar enigiets wat God nie toekom nie? (Of te wel, Jesus het nie ‘n duidelike antwoord gegee nie, maar ‘n strikvraag gevra.)

3) Waar die onderdaan van imperialistiese Rome die Keiser niks behalwe gehoorsaamheid skuld nie, het die burger van ‘n demokratiese land ‘n verantwoordelikheid om te kyk dat sy verkose regering wettiglik volgens die konstitusie regeer.

Nou ja, hierdie is nie noodwendig die regte interpretasie(s) nie. Ondersoek maar self die Bybel, en vra self die Here wat waar is! En kom vertel wat jy dink.

Het Konstantyn besluit wat in die Bybel moet wees? Hoekom is die ander geskrifte oor Jesus nie in die Bybel nie?

Lee Strobel ondervra vir sy boek, “A case for Christ” vir Craig A. Evans, ‘n hoogs gerepekteerde Bybelse skolier en geskiedkundige wat selfs ‘n paar lede van die skeptiese Jesus seminaar onder sy onderskrywers het.

Lee Strobel: What about the allegation that the reason we don’t have any competing gospels from the first century is because they were gathered and burned?

Craig A. Evans:”For crying out loud, the Christians had no control over the city. They couldn’t command or coerce anyone to burn anything. The idea that there was some sort of culling process or or purging that took place in the first century is really absurd.”

Lee Strobel:”How about the claim that we see in The da Vinci Code that Constantine collated the books of the Bible in the fourth century and burned all the alternative gospels?”

Craig A. Evans:”That’s just nonsense. The idea of Constantine telling Christians what ought to be in the Bible and gathering up gospels and burning them- that’s fictional material in Dan Brown’s book. It isn’t legitimate history written by people who know what they are talking about.”

En hoe vergelyk die 4 evangelies met die ander geskrifte oor Jesus, wat ook evangelies genoem word? Weereens is professor Evans aan die woord:

If one examines all the evidence fairly and completely, then it’s a logical conclusion that the canonical writings have an exclusive claim to being connected to the gospel. For crying out loud- the gospel of Thomas doesn’t! And would anyone claim that the so-called gospel of Peter- found in the coffin of a monk in the ninth century – has any connection with Peter? Come on!

If you had ten documents and you arbitrarily selected four of them and said only they have a connection with the apostels, and you didn’t have any reason for saying that – then that would be prejudice, I agree. But if you go through all ten and then discover that you actually do have credible historical evidence for four of them as having some kind of apostolic connection and the others not a chance- then it’s not a dogmatic, prejudicial assertion. It’s a reasonalble and considered conclusion., based on the evidence.

…Matthew, Mark, Luke and John were earlier than all these other gospels, and they have credible connections with the first generation,apostolic, eyewitness sources. The only way to deny that is to say well, I don’t care what the evidence says, I will instead rely on my own intuition and guesswork and preference. Now, I call that dogmatic and prejudiced!

Kortom, 4 evangelies word vertrou,oor 4 evangelies betroubaar is.

Die offer van Isak, die verband tussen geloof en rede, ens. : So ‘n paar skakels

 So gepraat van moreel problematiese Bybelgedeeltes (my vorige inskrywing), hoe kan mens die verhaal van Abraham wat sy seun gaan offer sien? Aan die laaste sin van die skakel weet ek nie eers of die skrywer die verhaal glo nie, maar hy verskaf waardevolle insig.

Hier is twee ander insigte oor die saak:

a) “Ek het dikwels gewonder hoe Abraham dit oor sy hart kon kry om sy eie seun te gaan offer. Toe my eie kinders groter word, tref dit my: Isak was ‘n tiener” – Ds. Alec Kriel (Grappie)

b) God het belowe dat daar uit Isak vir Abraham ‘n nageslag sal kom. God se vraag was dus óf: “Abraham, vertrou jy my om Isak uit die dood op te wek?” óf: “Abraham, vertrou jy my om te keer, dat hy nie sterf nie?”

– – – – – – – – – –

En wat is die verband tussen geloof en rede? Is geloof anti-rede, soos party mense beweer? Humblesmith vertel hier meer van die verband.

– – – – – – – – – –

Waarom moet gelowiges apologetiek gebruik? Humblesmith gee in “What is apologetics and why should we use it” redes uit die Bybel uit. Nog twee redes is Lukas 10:27 – Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele … verstand …, en Joh. 8:32 – die waarheid sal julle vrymaak (ook die waarheid oor bv. die opstanding en die Skrif se akkuraatheid.)

– – – – – – – – – –

Alle gelowe het hulle skeppingsverhale. Hier is een vir ongelowiges:

Is God ‘n morele monster? vra Paul Copan

 Paul Copan vat al die moeilike Ou Testamentiese gedeeltes – soos waar God die Israeliete vertel om hulle vyande dood te maak- en vors vir sy boek na hoe dit gesien moet word. In die onderhoud hier vertel die onderhoudvoerder oor die boek:

I am trying to think of the last time that I’ve seen so many biblical scholars – let alone Old Testament biblical scholars – endorse a book by a Christian philosopher. Your topic and thesis have been welcomed by high-profile members of that community of scholars.

Paul Copan self is ewe entoesiasties:

Surprising—and yet not surprising—is the fact that the more deeply I dug into understanding the ancient Near East, the more the biblical text made sense and the more favorable it looked in comparison to other relevant texts in the ancient Near East.

Daar is heelwat waardevolle insigte in die onderhoud, oor verskeie Bybelgedeeltes. Byvoorbeeld hierdie twee, oor slawerny en oor God as jaloers:

As far as servitude (“slavery”) goes, this was voluntary and contractual rather than forced (unless Israel was dealing with, say, hostile foreign POWs who might be pressed into service to cut wood and carry water). Yet Israel’s laws prohibited (a) kidnapping, (b) returning runaway (foreign) slaves to their masters, and (c) injuring servants. If these three Mosaic regulations were observed during by Western colonial powers, slavery would not have emerged and the nineteenth-century history of the United States would have looked much different.

In my discussion of divine jealousy, I point out how Richard Dawkins dismisses God’s jealousy as petty. Yet he ignores the profound marital language bound up with God’s covenant with Israel and the true pain God feels when his people run after other deities and/or put their trust in political alliances with other nations (idolatry).

Kan ek die Bybel vertrou? En wat van die teenstrydighede?

Gregory Koukl verdedig die gesag van die Bybel so(1): Hy bekyk eers die vraag: Is daar iets inherent teenstrydig aan die gedagte dat die Bybel die Woord van God, neergeskryf deur mense, is? Die gevolgtrekking wat sy redenasies hom gee, is “Nee, daar is nie.”

Dan vertel Koukl:

I do think, however, that the burden of proof is upon the Bible to demonstrate that what it says is, in fact, true. It does say throughout, especially in the Old Testament, things like “and God said,” “thus saith the Lord,” etc.

Hy bespreek verskeie dinge wat in die rigting van skrif-betroubaarheid dui. Die getuienis van Jesus dui byvoorbeeld daarop, indien jy glo Jesus is betroubaar.

Dan begin hy by die aanname dat die Bybelboeke bloot dokumente is wat beweer dat hulle geskiedenis weergee, en toets of dit goeie geskiedenis is.(2)

Sy gevolgtrekking is dat die Bybel akkurate geskiedenis weergee. As dit ons dan by die gevolgtrekking bring dat die Bybel die waarheid praat, dan gee dit ons ‘n goeie rede om die Bybel te hanteer asof die Bybel reg is. Om klaarblyklike teenstrydighede te hanteer(3) asof jy die een is wat nie alles verstaan nie, nie asof die Bybel verkeerd is nie. Na alles is Jesus- wat uit die Bybel aangehaal en die Bybel geglo het, en selfs gesag gegee het vir Bybelskrywers ná Hom(4), die een wat uit die dood opgestaan het om te wys jy kan Hom vertrou. Jy het nie uit die dood opgestaan om jou opinie te bewys nie.

Naskrif

(1) Sien http://www.str.org/site/News2?page=NewsArticle&id=5125

(2)Sien ook die skakels onder punte A1 en A2 van “Om Jesus te volg maak sin”

(3)Klaarblyklike teenstrydighede te hanteer: Sien ook “Ek sien foute in die Bybel! Wat nou!” Deel 1 en Deel 2

(4) http://birdsoftheair.blogspot.com/2009/08/biblical-inerrancy.html

Die Bybel en wetenskap – The good, the bad, the ugly

Goed: As ‘n koerantberig die hoofopskrif het: Gelowiges hoef nie hul verstand te begrawe om te kan glo nie.

Sleg: As daardie berigskrywer se eerste bewering, na haar verdediging van Adrio König, is:

Die Bybel is immers ’n prehistoriese boek.

Die definisie van prehistories is: Die tydperk voor geskrewe geskiedenis. Daar is per definisie geen geskrewe rekord van prehistoriese tye nie. ‘n “Prehistoriese boek” kan nie bestaan nie.

En iemand wat beweer dat die Bybel prehistories is, beweer ook heeltemal verkeerdelik dat skrif en geskiedenis nog nie bestaan het in Jesus se tyd nie. Die Bybel is nie eers ‘n boek nie- dis 66 boeke.

Lelik: Radikale foute in daardie artikel oor hoekom Galileo in die moeilikheid beland het – die kerk het byvoorbeeld geensins geglo in ‘n plat aarde wat op 4 pilare staan in Galileo se era nie. (Daardie idee is al eeue voor Christus nie meer geglo nie.)

Ten minste erken Elrita “Onskuldige gelowiges is nie oningelig of onintellektueel nie”…

Jesus het opgestaan! (Maar hoe verstaan mens die 3 dae?)

Daar is ‘n soort ding op hierdie blog wat baie gevaarlik is. Ten ergste kan dit ontaard in die “sinlose getwis oor woorde” waarteen die Nuwe Testament meer as eenkeer waarsku (Bv. Kol. 2:8 2 en Tim 2:14). Ten beste kan dit vrae opklaar waarmee party van ons worstel.

 As die vraag “hoekom praat die Bybel dan dat Jesus 3 dae in die graf was, terwyl ‘n bietjie Vrydag, ‘n hele Saterdag en ‘n stukkie Sondag nie eers twee vol dae is nie?” nog nooit by jou opgekom het nie, dan hoef jy nie verder te lees nie. As die vraag egter vir jou iets is wat jou laat wonder oor Jesus se getuienis (Toe Jesus gevra is op watter gesag Hy doen wat Hy doen, en watter teken Hy kan wys, het Hy gesê dat as die tempel (Sy liggaam) afgebreek word, Hy dit in 3 dae kan opbou, Johannes 2:19), of as jy iemand ken wat dit as argument teen Jesus se betroubaarheid gebruik, kan hierdie dalk help.

 Die Bybel, die ou bronne waaruit ons vertaal, vertel nie in soveel woorde Jesus is op ‘n Vrydag gekruisig nie. Dit vertel Hy is op die dag voor ‘n spesiale Sabbat gekruisig. (Johannes 19:31) Party vertalings van die Bybel vertaal dit as Vrydag. Daardie vertaling is nie noodwendig reg nie, soos jy nou sal sien.

 Elke Saterdag, van Vrydag sononder tot Saterdag sononder, is ‘n Joodse Sabbat. Maar die Jode het ook spesiale Sabbatte gehad. Hulle het dit nog steeds. Spesiale Sabbatte is vakansiedae wat elke jaar op dieselfde dag van die jaar val. Dit beteken dat sulke Sabbatte nie altyd op dieselfde dag van die week val nie, nes Kersfees of Nuwejaar nie elke jaar op dieselfde weeksdag val nie. As Jesus “die dag voor ‘n spesiale Sabbat” gekruisig is, weet ons nog nie watter dag van die week dit was nie.

 Jesus was op die dag van die paasmaaltyd, die 14de van die maand Nisan, gekruisig. (Mark. 14:16-17 vertel dat dit Pasga was toe die Nagmaal gebeur het. Jesus is die nag in hegtenis geneem en die volgende oggend – omdat Joodse dae by sononder begin was dit nog 14 Nisan – gekruisig.) Die dag na dit – 15 Nisan – was ‘n spesiale Sabbat, die fees van die ongesuurde brode. (Lev. 23:6-7)

Party geleerdes reken Hy is op ‘n Woendag gekruisig. Volgens hulle was Jesus begrawe net voor sononder. Hy spandeer dus die hele Donderdag (wat by sononder begin het), Vrydag en Saterdag in die graf. Hy is volgens daardie teorie opgewek met sononder Saterdag. Toe die vroue Sondagoggend by die graf kom, was Hy nie meer daar nie.

 Ander reken Jesus is op ‘n Donderdag gekruisig. Tot Vrydag, Saterdag, en Sondag is dan 3 dae.

 Dan is daar ook die mening dat “3 dae” vir die Jode ‘n term was wat ook gedeeltes van 3 dae kan beteken in Joodse spraak van die era. Rabbi Eleazr ben Azariah het in 100 A.D geskryf:

 “A day and night are an Onah (period of time) and the portion of an Onah is as the whole of it.”

 As dit die geval was, kon hy op ‘n Vrydag gekruisig gewees het, want dan kan die laaste ure van Vrydag, die hele Saterdag en ‘n bietjie Sondag “3 dae” wees, in Joodse idioom.

 Die punt is dat die 3-dae “probleem” glad nie vir ‘n Joodse leser, wat die kultuur van die Bybel verstaan, ‘n probleem is nie. En dit hoef ook nie vir ons te wees nie. Daar is geen rede om aan te neem die Bybel is verkeerd daaroor nie. Ongeag watter taal jy praat of uit watter kultuur jy kom: Hy het opgestaan, Hy het waarlik opgestaan.

Deur die Bybel in ‘n jaar- wie is in?

Wil jy geestelik verryk word? Met soliede geestelike kos en nie wegneemetes nie? Wil jy jou geloof beter ken en verstaan? Wil jy materiaal lees wat mense geinspireer het om hospitale te begin, skole en universiteite te stig, slawerny af te skaf, die basis vir wetenskap gelê het? Eenvoudig. Lees die Bybel.

Eenvoudig, maar nie noodwendig maklik nie. As jy die Bybel van voor tot agter wil deurlees, gaan jy gou struikelblokke teëkom. Verveling met sekere stukke. Gedemotiveerdheid. Maar dis moontlik, en vat nie baie tyd uit ‘n dag nie, om die Bybel van voor tot agter deur te lees elke jaar.

Die slim mense reken dat enige doelwit wat jy vir jouself stel, SMART moet wees: Spesifiek, Meetbaar, Bereikbaar (Attainable), Realisties, en Tydsgebonde. Hierdie Bybel-leesplan voldoen aan al daardie vereistes.

Volgens die druk in my Bybel kan jy dit bv. doen in net oor drie bladsye per dag. En hierdie leesplan is so uitgewerk dat jy op sewe plekke lees- een vir elke dag van die week. As jy dus verveeld raak met een Bybelboek hoef jy net een keer ‘n week daardeur te swoeg. Die res van die week lees jy dalk elders dinge wat jou motiveer om aan te hou.

Ek wil my omgeegroep motiveer dat ons vanjaar die leesplan gebruik, en elke week praat oor wat getref het; en watter vrae ons het (of ons nou onder onsself die antwoorde kan kry of nie). Ons kan die Bybel self gebruik in plaas van ‘n Bybelstudieboek. Dalk wil van julle ook die leesplan volg, of julle groepe motiveer om dieselfde te doen.

As daar 4 of meer mense is wat sal belang stel, sal ek week hier ‘n onderwerp pos waar ons ons week se Bybel lees bespreek. Dis nou, vier mense wat belang stel om op die Internet te bespreek wat hulle lees en leer, nie 4 mense wat wil lees nie. Antwoord hier as jy belangstel. As jy bloot wil lees en nie bespreek nie, druk net die leesplan uit en sit dit voor in jou Bybel.