Tag Archives: Bybellesse

Ienie, mienie, maainie, mou – Watter kategese-materiaal moet my gemeente kies? Deel 6: Voorstelle en vergelyk van materiaal

Ek dink werklik daar is minstens 4 goeie soort kategesemateriaal beskikbaar. Die vraag is wat jou gemeente nodig het. Hier is my vergelykende tabel van die verskillende soorte lesse, hulle benaderings en skakels na voorbeeldlesse en waar dit bestel kan word.6302031_5

En hier is ‘n paar vrae wat jou gemeente dalk kan vra oor wat julle nodig het:

Is jou kerk iets anders as NG/ Gereformeerd/ Hervormd nie, en wonder jy of die materiaal vir julle geskik is?
Eintlik is die basiese geloof wat mens vir kinders leer nie so verskillend nie, maar daar is enkele dinge in AJK en LP3/ Coolste Plan wat jy waarskynlik nie sal wil gebruik nie. Daar kan ook so iets in Modkats wees. Paidion en Lesse wat Leef adverteer hulself as geskik vir alle Christelike kerke.

Wil jy dat verskillende ouderdomsgroepe soms saam leer, maar dat dit vasgelê word in klein groepe?

Daardie metode het baie voordele (afwisseling, die wete vir die kind dat wat hy leer deel is van wat ander gelowiges ook leer, kategete hoef nie alles alleen voor te berei nie) bo klein groepies alleenlik. Modkats en Paidion is goed daarvoor, met Modkats wat ook materiaal vir eredienste by het. (Materiaal met grootgroepe en min-voorbereiding kleingroepe kan selfs ‘n manier wees om entoesiastiese kategete en diegene wat nie die tyd het vir veel meer as teenwoordig wees vir klas nie te skei: Vra vir eersgenoemde om grootgroepe ook te doen, en vertel laasgenoemde dat dit nie so baie commitment verg om net ‘n kleingroep te doen nie.)
Wil jy vir elke kategeet ‘n boek in die hand stop en vertel: “Daar is jou klas”, sonder dat hulle moet saam beplan of saamwerk?

Sulke materiaal is effens makliker op die sekretaresse wat klasse indeel. Lesse wat Leef en AJK-materiaal is goed.

Is jou gemeente klein en wil jy verskillende grade saamgooi?
(Hier noem ek tienermateriaal ook, want ‘n klein gemeente sal tieners ook in ‘n groep wil saamgooi.)
LP3 kombineer die maklikste: Gr. 1-3; 4-6 en 7-10 kan groepe maak, die lesse is dieselfde op ‘n siklus van 3/3/4 jaar. Dis egter nie materiaal wat ek aanbeveel vir kinderwerk nie. (Oor hulle tiener-stof het ek geen standpunt nie.)
Lesse wat leef: Gr. 2-3, 4-6 kan groepe maak, die lesse is dieselfde op ‘n siklus van 2/3/4 jaar. Met Gr.1’s moet jy maar ‘n aparte plan maak. Tienermateriaal bestaan uit 3 jaar se FXit en tans 1 jaar se iKonekt wat verskillende grade saam kan gebruik.
Modkats: Gr. 1-3 en 4-6 kan groepe maak, die lesse is dieselfde op ‘n siklus van 3 jaar. Gr. 7, 8,9 en 10 het elk hulle eie graadgroep- en kleingroeplesse.
Paidion: Gr. 1-3 se lesse is dieselfde op ‘n siklus van 3 jaar, behalwe dat jy in die kleingroep se doenboektyd hulle verskillende goed in hulle boeke laat doen. Dit behoort nie probleme te skep vir die kategeet om Gr. 1-3’s in een sirkel iets verskillend te laat in die boek doen nie, ek het dit al so gedoen. Gr. 4-6 se lesse is dieselfde op ‘n siklus van 3 jaar. Geen tienerboeke.
AJK is die minste vanpas vir grade saamgooi: Gr.1, 2 en 3 het elk hul eie boek, Gr. 4-6 se lesse is dieselfde op ‘n siklus van 3 jaar, van Gr. 7 af verder het elk hul eie boek.

Soek jy materiaal wat min voorbereiding verg? Kyk na die voorbeeldlesse en laat ‘n paar minder ervare kategete as ek vertel wat volgens hulle maklik lyk om voor te berei. Om soms groot groepe te doen verminder ook voorbereiding- een mens moet voorberei en nie elke kategeet nie.

(Vir wat dit werd is – en op hierdie punt is ‘n minder ervare kategeet se mening meer werd as myne: Ek dink Lesse wat Leef en Paidion gebruik maklik met relatief min voorbereiding -ek meet die voorbereiding vir Paidion as iemand wat elke 3de week grootgroep en gereeld kleingroep aanbied -, en Modkats en AJK kort meer voorbereiding. Die Coolste Plan vat die minste voorbereiding oor dit min aktiwiteit-leer insluit, of toepassings, of afwisseling – al sulke dinge is normaalweg goed wat voorberei moet word.)

Hoeveel byeenkomste het jou gemeente per jaar? Party boeke het meer lesse as ander. Kyk op die vergelykende tabel hoeveel.

Klik hier vir deel 1: Inleiding en Lesse wat Leef

Klik hier vir deel 2: Paidion

Klik hier vir deel 3: Modkats

Klik hier vir deel 4: AJK

Klik hier vir deel 5: LP3/ Die Coolste Plan

Klik hier vir deel 7: Voorbeelde van tiener- en kleutermateriaal

Ienie, mienie, maainie, mou – Watter kategese-materiaal moet my gemeente kies? Deel 5: LP3/ “Die coolste plan”

LP3‘n Evaluasie van LP3/ Die coolste plan
As hierdie resensie langer is as enige van die ander, is dit oor die benadering agter die materiaal soveel anders is. Ek probeer beskryf wat die materiaal probeer regkry, dit beoordeel daarop, en dan dit te beoordeel op dieselfde dinge as waarop ek ander lesse oordeel.
Hierdie materiaal se uitgangspunt: Die kind wat gereeld kategese bywoon, moet oor 6 jaar van nou af (die tyd wat mens van Gr. 1-6 in die kategese is) ‘n oorkoepelende idee kan vorm van waar die verskillende Bybelverhale op ‘n tydlyn/ op landkaarte/ by die kerkgeskiedenis inpas. Dus hanteer hierdie laerskoollesse materiaal wat ek nog nooit vantevore oor klas gegee het nie, soos Lees voort