Tag Archives: Christene

“Maar talle aaklige dade is al in die naam van God gepleeg!”

Ongelowiges gebruik dikwels bogenoemde as ‘n argument teen geloof in God. Onder die probleme met daardie argument is :

->Ongeloof in God los jou sonder ‘n grond waarop jy iets kan aaklig noem.

->Die aaklighede van ateïste het ‘n veel hoër dodetal: Mao, Stalin, Pol Pot…

->Hulle verwar dikwels Allah met God en noem nare dade in Allah se naam as aaklighede in God se naam.

‘n Ander probleem is wie blameer moet word as daar misdade in iemand se naam gepleeg word.

Byvoorbeeld, veronderstel iemand doen homself as ‘n verteenwoordiger van Bill Gates voor, en koop miljoene se goedere op krediet. Die onderneming glo Bill Gates sal instaan hiervoor. Maar die “verteenwoordiger” werk nie regtig vir Bill Gates nie, en die onderneming kry nie sy geld nie.

As iemand dan bedrog pleeg in die naam van Bill Gates, blameer jy Bill Gates? Blameer jy sy werknemers? Is dit ‘n rede waarom mense nie na Bill moet luister of vir hom moet werk nie?

 Eweneens, as iemand aaklige dade in die naam van God pleeg, kan God nie blameer word tensy jy kan bewys Hy sit daaragter nie. God se volgelinge is ook onskuldig.

—————

Naskrif: Sien dalk ook “No true Christian, no true Scotsman?”

Advertisements

‘n Tyd om te praat – vir geregtigheid

Senator Stuart Syvret is ‘n kontroversiële man in sy omgewing. Eens op ‘n tyd was hy minister van gesondheid en welsyn van Jersey, ‘n Britse eiland. Hy het maar min resultate bereik in sy pos, volgens Jersey -inwoners.

Nadat hy uit sy pos gedwing is het hy onthul, of beweer, dat sy personeel belangrike inligting waarvan hy sou kon werk maak doelbewus van hom weggehou het. Toe hy deur ander kanale van ernstige probleme bewus word, het ander politici toutjies getrek om van hom ontslae te raak. Toe begin hy om sy verhale deur sy blog te vertel.

Verhale van dekades lange kindermishandeling wat toegesmeer is in Jersey se kinderhuise. Verhale van korrupsie. Van moord op bejaardes in hospitale. Hy beskuldig minstens een parlementslid by die naam van kindermishandeling. Onder sy ondersteuners is ‘n groot groep oorlewendes wat beweer dat hulle in die Haut de la Garenne kinderhuis op die eiland mishandel is.

Ten minste ‘n deel van sen. Syvret se inligting het hy in ‘n amptelike en konfidensiële hoedanigheid gekry. Om dit nou te blog, is krimineel.Maar die senator het sy keuse gemaak. Hy dink dat konfidensiële data uitlap ‘n kleiner misdaad as stilbly is.

Die regering het vir Stuart gearresteer en sy huis deursoek, oor hy hierdie beskuldigings maak. Na dit het hy weggehardloop van die eiland. Hy beweer hy sal terugkeer “when there is a straight and impartial court.” Hy blog nog steeds, en praat nog steeds oor geregtigheid en openlikheid in Jersey.

Onder die dinge wat Stuart op sy blog vertel, is die volgende:

People who imagine themselves to be fine, Christian pillars of society – regard me as some kind of monster – because I’m “impolite” – in speaking out, bluntly, against people who commit and conceal such crimes as sodomising mentally ill school boys in public lavatories.

 

I’ve never made any secret of the fact I’m not religious – but I do think about philosophical and ethical questions – and how many people respond with spiritual views to such issues. My understanding of Christianity is, therefore, imperfect. But I venture this view.

If all we are told of Christ is true – I would have vastly more chance of entering heaven than the average – soi disant – Jersey Christian.

To me – a real Cristian was Dr. Martin Luther King. A man given to genuine commitment and struggle for Christian values.

As opposed to the safe, middle-class and hypocritical charade we see from well-provisioned pretenders.

Want to understand what I mean? Copy and go to this YouTube clip – if you want to see – and understand – what a real Christian does. http://www.youtube.com/watch?v=x1L8y-MX3pg

Dr. King was murdered – as he knew he would be – shortly after making this speech.

Watch and listen to this man – then talk to me about your “Christianity”.

Nader aan die huis hoor ek van ‘n ander saak: ‘n jong volwassenne wat ‘n ouer man van jarelange molestering as kind aangekla het. Daar is mense wat wil getuig wat hulle gesien en gehoor het, en dat hulle die jong klaer glo. En die ouer man se ondersteuners vertel vir die mense wat wil getuig: “Hoe kan julle ‘n gelukkig getroude man se naam ruineer met sulke stories? Sies vir julle.” Want die beskuldigde is oënskynlik gelukkig getroud. Die jong mens wat beskuldig, is nie getroud of gelukkig nie.

Hierdie ondersteuners gaan selfs sovêr as om te vertel dis “onchristelik” om iets te wil vertel wat iemand kan laat sleg lyk. Ek weet nie of beskuldigde of klaer hier die waarheid praat nie, ek was nie daar om te sien jare terug nie. Maar daardie selfde mense wat reken dat dit “onchristelik” sal wees om die “goeie gesinsman” te laat sleg lyk met nare stories, gee klaarblyklik nie om dat mense nare stories oor die klaer glo nie. Want hulle vertel die klaer is ‘n gewetenlose leuenaar, uit om ‘n “respektabele man” te ruineer.

 

Wat is dan die Christen se plig in sulke sake? Wel, die gelowige het nie ‘n stilbly-plig nie, maar ‘n plig om te “honger en dors na geregtigheid.” Is Senator Syvret reg? Weet die mense wat wil getuig vir die beweerde gemolesteerde, die waarheid? Ek weet nie. Maar ons het ‘n plig om geregtigheid te soek(1), om die regsaak van die “weduwee en wese” te behartig(2), om nie op die uiterlike (geld, respektabelheid, ens.) te oordeel nie(3). Die Christen het nie ‘n mandaat om stil te bly ter wille van gaafheid nie.

CS Lewis het vertel:

The most dangerous thing you can do is to take any one impulse of your own nature and set it up as the thing you ought to follow at all costs. There’s not one of them which won’t make us into devils if we set it up as an absolute guide. You might think love of humanity in general was safe, but it isn’t. If you leave out justice you’ll find yourself breaking agreements and faking evidence in trials “for the sake of humanity” and become in the end a cruel and treacherous man.

Of andersins sal jy bewyse verswyg en dooddruk ter wille van “humanity” -spesifiek die mense aan wie se kant jy is.

 

Nee, ons moenie “gaaf” wees, saggeaard wees, lelike goed miskyk, gelyk stel met Christenskap nie. Om te soek na geregtigheid is deel van Christenskap.

– – – – – – – – – – – – – – – – – – – – – – – – – – – – – – – – – – – – – – – – – – – – –

(1) Matteus 5:6

(2) Jakobus 1:27

(3) Jakobus 2:9; 1 Sameul 16:7b

Ikeys se “Sax Appeal” beledigend teenoor gelowiges

In die nuwe joolblad van die Universiteit van Kaapstad, genaamd Sax Appeal, word daar verskeie beledigings teenoor gelowiges gemaak. Christene word beskryf as C.*.*.T’s (Christians who Understand no Theorems). In een prent skree ‘n man: “I love God!” Die woorde daarby lees: “F**k off to heaven and leave the rest of us alone.” Jesus word ook beledig, en daar word geimpliseer dat God pervers is. In ’n gewraakte swart-en-wit foto-artikel word “fundamentele Christene” “op hul plek” gesit met opmerkings soos dat “honderde miljoene Christene oor die wêreld verkeerd is” om in God te glo. Hulle herpubliseer ook ‘n Zapiro-strokie oor homoseksualiteit, wat verskei Bybelverse vreeslik verdraai. (Hoewel ek nie daardie jooltydskrif ken nie, ken ek die Zapiro-stuk.)
Pick en Pay, wat gewoonlik die joolblaaie van die UK borg en op hulle rakke aanhou, het hierdie keer die boek aan sy rakke onttrek.
Daar klaarblyklik nie mense wat ekonomie of sakebestuur studeer op daardie redaksie nie. (As daar is, let hulle nie op in die klas nie.) Want die eerste ding wat mens in besigheid leer is: Gee die klant wat hy soek, want jy maak jou geld uit hom. In hierdie geval maak hulle die jool-geld uit die soort mense wat graag geld gee vir liefdadigheid. Talle studies, byvoorbeeld hierdie een, wys dat gelowiges baie meer geneig is om vir liefdadigheid te gee as ongelowiges, selfs vir sekulêre liefdadighede. Deur die vrygewige groep te beledig, maak hulle dat Ikey-jool dalk in die toekoms minder gaan insamel.
Die Universiteit se jool-missiestelling sê klaarblyklik:

“Through its fundraising activities for SHAWCO, RAG aims to equip UCT students with the fundamental skills, perspectives and experiences required to passionately develop their careers such that they become leaders within an African context; always conscious of the needs of their fellow citizens.”

Dit wil voorkom of daardie vaardighede en perspektiewe nie die vaardigheid en perspektief insluit om nie die meerderheid van SA se bevolking te beledig nie.
En as ander mense ons wat gelowiges is slegsê, ons vervolg op klein of groot skaal, wat dan? Dan kan ons onthou dat die Bybel dit ook voorspel het. Ons leef in die laaste dae, en hierdie dinge is deel daarvan.
Matteus 5:11 Geseënd is julle wanneer die mense julle ter wille van My beledig en vervolg en valslik al wat sleg is van julle sê. Wees bly en verheug, want julle loon is groot in die hemel. Hulle het immers die profete voor julle net so vervolg.