Boeke en DVD’s wat by die kursus aansluit het uiteenlopende name soos “Why do my husband remind me of my father?” en “Roots of teenage rebellion” en “If God is good, why …?”
Glo ek elke woord van wat Craig Hill, kursus-aanbieder op DVD, sê? Nee. Daar is ‘n paar dinge waaroor ek wonder of dit regtig so werk – en wat ek verder wil dink en waarneem en bestudeer of dit wel so werk.
Maar die res wat ek wel glo hou verband met almal, en met byna alles van betekenis : Kinders wat ek as jeugwerker in middestad-Pretoria ontmoet het; ou ware verhale wat my geraak het toe ek dit gelees of gehoor het jare gelede, my familie (veral); my kollegas; my ideale; die naarste dinge wat ek al op die internet gelees het en my diepste mooi oomblikke uit my kinderjare; internet-ateïste; inspirerende gelowiges wat ek al geken het; uiteelopende liedjies soos Savage Garden se Affirmation (“I believe your parents did the best job they knew how to do”) en Don Francisco se “Beautiful to me”(“Arise, Walk in peace”); ‘n aanhaling van Franz Kafka(“A man’s embittered features is often only the petrified bewilderment of a little boy”). Iets het my selfs herinner aan hoe ek die kunswerk hier bo verstaan, maar daardie konneksie is meer persoonlik.
Ek was heeltyd in die kursus besig om notas te maak van idees wat die kursus my gee om te doen: Hierdie saak moet ek verder oor Bybelstudie doen en bid! Ditmoet ek oor blog! Dit sal vir sus-en-so baie beteken as ek [hierdie ding doen]! Ditmoet ek vir [hierdie persoon]vertel! Ek wil hierdie kursus vir byna enigiemand aanbeveel: My broer en sy vrou en my ma se dominee en kollegas by my werk en ‘n hoofrolspeler in een van die onlangse top-skinderstories van SA se sensasiepers* en, en… In die eerste plek beveel ek dit aan vir almal wat Goddelike genesing nodig het. (Is meeste van ons nie maar óf mense wat wéét hulle het genesing van God af nodig, óf mense wat genesing van God af nodig het en dit nie weet nie?)
Hier is ‘n kontakadres in SAen die webadres van Family Foundations International.
—————