Hy het beveel dat ek my kar, my TV, my kitaar, ens. opgee. Ek het so gemaak met net ‘n sweempie van protes. Ek het nie meer die reg gehad om goed te besit nie. Ek was getroud, en my man was my geestelike outoriteit … Dus was ek later gehoorsaam, toe my man my lyste gegee het van wat ek alles perfek skoon moet kry voor ek kan gaan slaap in die aand, ens., omdat ek gedink het dis God se wil. Om presies te wees, as iemand in sonde was, was dit EK oor ek verneder gevoel het deur hierdie lang lyste. Ek het gedog my reaksie is sonde, nie my man wat my soos ‘n kind behandel nie. Volgens die leringe van [Christelike patriargie], mag ‘n vrou net vir haar man nee sê as hy haar vra om sonde te doen. En om ‘n lys te gee van hoe die hele kombuis tandeborsel-geskrop moet word voor ek die trappe kan klim om bed toe te gaan (waar hy gewag het, gereed vir aksie) was nie sonde nie. Reg? My hart sou val tot in my skoene terwyl ek daardie trappe klim, uiteindelik klaar met my werk, en dit kry, weer. Ek was seker (danksy al die boeke [oor onderdanigheid/ manlike leierskap] wat ek gelees het) dat die probleem EK was. Ek was skaam oor MY sonde van om nie ‘n vrolike, amoreuse vrou te wees nie.
– Journey
Wat kan Errol Naidoo, skrywer van JUIG se Geslags-Hiërargie in die huis artikel, vir Journey en die talle vroue soos sy sê? Lees voort