Tag Archives: geslagsrolle

As ek vir tieners sou Sondagskoollesse geskryf het, wat sou ek hulle vertel het oor seksualiteit? Deel 2

<< Vervolg vanaf hier.

6) Ek sou in gedagte hou dat baie van hulle se eerste kontak met seks nie hulle keuse was nie.

Niks wat ons vertel mag veroordelend klink vir ‘n jongmens wat misbruik is nie. Party van wat ons vertel moet oor genesing praat – ‘n God wat al die trane sal afdroog, wat ‘n geknakte riet nie afbreek nie. Lees voort

Vir lesers wat kopkrap oor my sentimente oor die geslagte

Party mense wat op hierdie blog kommentaar lewer, reken klaarblyklik dat ek en my soort iets teen onderdanigheid het. Verstaan asseblief,  ons is nie teen onderdanigheid nie. Ons reken onderdanigheid- samewerking, ingee vir die ander een se behoeftes, lojaliteit – is wonderlik, en mans en vroue word geroep daartoe. Miskien kan jy hierdie inskrywing lees:

Marriage is for losers. (Nee, dit beteken nie wat jy dink nie!)

Maar, vertel jy my dalk, dis nie die manier wat gelowiges die Bybel lees oor hierdie saak nie. Kan julle nie maar net aanvaar wat die Bybel sê nie? Die antwoord is: “Ons aanvaar wat die Bybel sê, nes gelowige dopers en verbondsdopers albei glo wat die Bybel sê. Ons verstaan dit net bietjie verskillend.”

As jy ‘n beter skrywer as ek (Rachel is ‘n gepubliseerde skrywer, ek is maar net nog ‘n blogger) se verdediging van die saak wil lees, en sien hoe groot getalle gelowiges saamstem, hier is haar inskrywings oor mutuality. Mens kan dit seker in Afrikaans wedersydsheid noem, maar dis ‘n lomp woord.

Hier is Rachel se indeks (Baie van die honderde kommentare op elke inskrywing wys dat dit nie ‘n skaars manier is om die Bybel te verstaan nie.)

En hier is die indeks van gesinchroniseerde inskrywings op ander blogs (omtrent 200 van hulle) in samewerking met Rachel s’n.

Ek het vrede met mense wat die Bybel se getuienis van alkante bestudeer en dan eerlik tot gevolgtrekkings anders as myne kom. Maar meeste mense wat in manlike leierskap in die kerk en huwelik glo het myns insiens nie die saak eerlik oordink nie. Dit geld nog baie meer vir die wat in geslagsrolle glo.

Wat is die verskil tussen manlike leierskap in die kerk en huwelik, en geslagsrolle, vra jy dalk? Laasgenoemde raak almal, ook die mans en vroue wat nie wil  preek nie en enkellopendes.

Wolwe in (Christelike) skaapsklere: Só ken jy hulle uit

Kan jy die verskil tussen hierdie twee prente sien?

 

Die een lings is ‘n skildery deur Edmund Blair Leighton, geskilder in 1901. Die verwerkte een kom van ‘n produk deur ‘n Amerikaanse groep wat hulle idees “biblical patriarchy” noem. Lees voort

Vroue en mans in God se plan: In Antwoord op JUIG

Hy het beveel dat ek my kar, my TV, my kitaar, ens. opgee. Ek het so gemaak met net ‘n sweempie van protes. Ek het nie meer die reg gehad om goed te besit nie. Ek was getroud, en my man was my geestelike outoriteit … Dus was ek later gehoorsaam, toe my man my lyste gegee het van wat ek alles perfek skoon moet kry voor ek kan gaan slaap in die aand, ens., omdat ek gedink het dis God se wil. Om presies te wees, as iemand in sonde was, was dit EK oor ek verneder gevoel het deur hierdie lang lyste. Ek het gedog my reaksie is sonde, nie my man wat my soos ‘n kind behandel nie.  Volgens die leringe van [Christelike patriargie], mag ‘n vrou net vir haar man nee sê as hy haar vra om sonde te doen. En om ‘n lys te gee van hoe die hele kombuis tandeborsel-geskrop moet word voor ek die trappe kan klim om bed toe te gaan (waar hy gewag het, gereed vir aksie) was nie sonde nie. Reg? My hart sou val tot in my skoene terwyl ek daardie trappe klim, uiteindelik klaar met my werk, en dit kry, weer. Ek was seker (danksy al die boeke [oor onderdanigheid/ manlike leierskap] wat ek gelees het) dat die probleem EK was. Ek was skaam oor MY sonde van om nie ‘n vrolike, amoreuse vrou te wees nie.

Journey

Wat kan Errol Naidoo, skrywer van JUIG se Geslags-Hiërargie  in die huis artikel, vir Journey en die talle vroue soos sy sê? Lees voort