Tag Archives: Moraliteit

“Maar talle aaklige dade is al in die naam van God gepleeg!”

Ongelowiges gebruik dikwels bogenoemde as ‘n argument teen geloof in God. Onder die probleme met daardie argument is :

->Ongeloof in God los jou sonder ‘n grond waarop jy iets kan aaklig noem.

->Die aaklighede van ateïste het ‘n veel hoër dodetal: Mao, Stalin, Pol Pot…

->Hulle verwar dikwels Allah met God en noem nare dade in Allah se naam as aaklighede in God se naam.

‘n Ander probleem is wie blameer moet word as daar misdade in iemand se naam gepleeg word.

Byvoorbeeld, veronderstel iemand doen homself as ‘n verteenwoordiger van Bill Gates voor, en koop miljoene se goedere op krediet. Die onderneming glo Bill Gates sal instaan hiervoor. Maar die “verteenwoordiger” werk nie regtig vir Bill Gates nie, en die onderneming kry nie sy geld nie.

As iemand dan bedrog pleeg in die naam van Bill Gates, blameer jy Bill Gates? Blameer jy sy werknemers? Is dit ‘n rede waarom mense nie na Bill moet luister of vir hom moet werk nie?

 Eweneens, as iemand aaklige dade in die naam van God pleeg, kan God nie blameer word tensy jy kan bewys Hy sit daaragter nie. God se volgelinge is ook onskuldig.

—————

Naskrif: Sien dalk ook “No true Christian, no true Scotsman?”

Advertisements

Is God ‘n morele monster? vra Paul Copan

 Paul Copan vat al die moeilike Ou Testamentiese gedeeltes – soos waar God die Israeliete vertel om hulle vyande dood te maak- en vors vir sy boek na hoe dit gesien moet word. In die onderhoud hier vertel die onderhoudvoerder oor die boek:

I am trying to think of the last time that I’ve seen so many biblical scholars – let alone Old Testament biblical scholars – endorse a book by a Christian philosopher. Your topic and thesis have been welcomed by high-profile members of that community of scholars.

Paul Copan self is ewe entoesiasties:

Surprising—and yet not surprising—is the fact that the more deeply I dug into understanding the ancient Near East, the more the biblical text made sense and the more favorable it looked in comparison to other relevant texts in the ancient Near East.

Daar is heelwat waardevolle insigte in die onderhoud, oor verskeie Bybelgedeeltes. Byvoorbeeld hierdie twee, oor slawerny en oor God as jaloers:

As far as servitude (“slavery”) goes, this was voluntary and contractual rather than forced (unless Israel was dealing with, say, hostile foreign POWs who might be pressed into service to cut wood and carry water). Yet Israel’s laws prohibited (a) kidnapping, (b) returning runaway (foreign) slaves to their masters, and (c) injuring servants. If these three Mosaic regulations were observed during by Western colonial powers, slavery would not have emerged and the nineteenth-century history of the United States would have looked much different.

In my discussion of divine jealousy, I point out how Richard Dawkins dismisses God’s jealousy as petty. Yet he ignores the profound marital language bound up with God’s covenant with Israel and the true pain God feels when his people run after other deities and/or put their trust in political alliances with other nations (idolatry).

Daar is ‘n rede hoekom ons dit “objektiewe” moraliteit noem

 Uit hierdie draad:

Wouter: …. Ek dink nie mense sal ophou liefdadigheid doen as hulle ongelowig word nie.

Vrye Denker: Ons sê nie dat ongelowiges niks goed doen nie. Maar julle het geen objektiewe basis vir morele standaarde nie, en dit maak my bietjie skrikkerig.

Wouter: Wat bedoel jy met objektiewe morele standaarde, Vrye Denker?

Vrye denker: Objektiewe morele waardes: morele waardes wat nie afhang van die smaak van die tye nie. Sonder God/’n god kan jy nie ‘n absolute morele stelsel he nie: jy sal bloot doen wat jy goed dink. En wat “goed” beteken verander met elke geslag en elke volk wat jy besoek. So byvoorbeeld vind Hindoes dit goed om weduwee’s saam met hul afgestorwe man te verbrand. Ons dink dis immoreel, maar waarom dink ons so? Net as jy in God glo kan jy ‘n goeie antwoord daarop gee.

Wouter: Ek kan argumenteer dat ek ‘n basis het. Maar eers vrae oor julle s’n: So is die Bybel jou grond vir reg en verkeerd? Watter dele van die Bybel? Hoekom is dit ‘n goeie en/of ‘n slegte ding om ‘n basis te hê? Presies wat is die basis van moraliteit? Is dit wat God gesê het, is dit wat hy gedoen het, is dit wat sy volgelinge gesê of gedoen het, of is dit net wat Jesus gesê en gedoen het? Sal mens soos ‘n lys van goeie en slegte dinge kan maak hieruit?

Retha: “n Basis is nodig, want sonder ‘n basis kan Stalin hom ewe veel ‘n morele mens noem as wat ‘n filantroop homself een kan noem. Die basis is God en Sy wil, nie die Bybel nie, nie wat Christene doen nie. Dis nie in alles ewe maklik om God se wil te ken nie, maar dit beteken nie dat Hy nie ‘n wil het nie.

Wouter, jy sê jy het ‘n basis vir jou moraliteit. Wat is dit?

Wouter: My basis is dat ek kan reflekteer op my gedrag en ek kan sien hoe dit myself en ander beinvloed.

Vrye Denker: Ek vind geen probleem daarmee dat daar moraliteit kan wees apart van God se wil nie, maar soos jy self te kenne gee, is dit gegrond op persoonlike voorkeure en eie interpretasie.

Retha: ‘n Sadistiese en goedhartige mens kan albei reflekteer oor hulle gedrag, en sien hoe dit ander beinvloed. Om te sien en reflekteer maak jou dus nie moreel nie.

Wouter: Ek en die sadis is moreel verskillend. Ek het grond om moreel goed te doen, hy het grond om moreel slegte dinge te doen.

Retha en Vrye Denker: Wat presies bedoel jy met “goed” en “slegte dinge”? Waarop grond jy wat goed is?

(Wouter: My rasionele denke en refleksie is my grond.

Retha/ Vrye Denker: Rasionele refleksie kan nie ‘n grond wees nie, dis net iets wat jy gebruik om die grond waar te neem, wat is jou grond?)

Herhaal rondte tussen hakies, x4

Wouter: My inner witness of inner critic. Daardie critic is ontwikkel tot op ‘n vlak wat diere s’n nie is en kinders s’n nog nie is nie. Hy kan sien dat party dinge nie in my buurman se belang is nie.

Wouter is natuurlik welkom om daardie innerlike gewete-stemmetjie as basis vir sy moraliteit gebruik. Vir al wat ek weet, kan hy dalk ‘n baie meer respektabele mens wees as meeste gelowiges. Maar kan hy daardie stem ‘n basis vir objektiewe moraliteit noem?

Want Wouter se stem sê een ding, die volgende mens se stem iets anders. Sy innerlike stem is dus nie die objektiewe basis waarby almal kan inskakel nie, maar een van die 7 biljoen subjektiewe innerlike stemme op die planeet.

God is ‘n objektiewe basis vir moraliteit. Wouter se innerlike stem en my innerlike stem en jou innerlike stem is 3 aparte en verskillende subjektiewe basisse.

———–

Sien ook hierdie inskrywing.