Tag Archives: opstanding

Wat het Julius Malema en Sakkie Spangeberg in gemeen?

Bill (William Lane) Craig het uiteindelik terug gerapporteer op hy en Licona se debat teen die liberale* Jesus Seminaar teoloë Sakkie Spangeberg en Hansie Wolmerans.

Nou vra jy dalk hoekom debatte soos hierdie saakmaak? Is dit nie maar net ‘n sinlose getwis oor woorde nie? As jy dit vra, moet jy in die eerste plek verstaan dat hierdie nie soos jou gewone skooldebat is nie. Craig debatteer nie om sy mening teenoor iemand anders se mening te stel nie, maar om mense op feite en logiese argumente wat na God/ Christus dui te wys. Sy debatte word dikwels afgesluit met ‘n uitnodiging om Christus aan te neem, en soms kry hy talle bekeerlinge.

Wat meer is, hy kry met debat talle luisteraars wat nie andersins na ‘n Christenspreker sal luister nie. Sal ‘n ongelowige kom luister na ‘n teoloog wat ‘n praatjie gee “Waarom ek glo Jesus het opgestaan”? Selfs ‘n gelowige soos ek sal nie uit my pad gaan daarvoor nie. Aan die ander kant, wat is die kans dat ‘n ongelowige, veral van die soort wie se skeptisisme van liberale teoloë aan universiteite kom, na ‘n “Het die opstanding werklik gebeur?” debat sal gaan luister? Veral as dit tussen sy gunsteling skeptiese teoloog , en ‘n man wat die hele pad van Amerika af kom net om die opstanding te verdedig, is? En as die Amerikaner dan die liberale teoloog se agterent skop, oor die geskiedenis-feite duidelik aan die Amerikaner se kant is, dan kan onse skeptikus ook iets leer. Hierdie soort debatte is dan bedoel vir die mens wie se geloof ondermyn word deur kamma-intelligente anti-geloofspraatjies. En vir die mens(meeste van ons!) wie se geloof versterk sal word as hy sien dat sy geloof op feite gegrond is.

 Hier is wat Craig op sy webblad daaroor sê: (Vetdruk myne)

 Debate with Spangenberg and Wolmarans

William Lane Craig

In the debate Mike and I defended two contentions: (1) The texts of the New Testament teach that Jesus’ resurrection was a physical, historical event; and (2) There’s no good reason to deny this traditional understanding of the texts.

In my opening speech I defended our first contention, and we planned that Mike would defend our second contention in response to any criticisms that Spangenberg might offer in his opening speech. Well, to our shock Spangenberg got up and rambled on about irrelevancies and never got around to saying anything about the question under debate, so that poor Mike had virtually nothing to respond to! So he had to reply to criticisms that Spangenberg has offered in his published work, even though he didn’t bring them up in the debate. Wolmarans then got up and, of all things, defended the mythological view of Jesus!** (In my nearly 30 years of debate experience with scholars like Crossan, Borg, Lüdemann, Ehrman, et al., I have never encountered anyone who defends this line, and both of my opponents in South Africa espouse this silliness!)

In my rebuttal I explained why this view of Christian origins has been eclipsed among New Testament scholars and then reviewed some of the evidence for the historicity of the events of Easter. A very angry Spangenberg then came to the podium and began to rail against apartheid and Christianity’s connection to it. It was unbelievable. Mike then explained that all the points raised by Prof. Spangenberg, though important and interesting in and of themselves, were just one red herring after another in the context of the debate that night. Then he closed with a very personal appeal to the Christians of South Africa not to be fooled by the false claims and superficial arguments (what arguments?) of those in the New Reformation movement. Wolmarans closed out the debate by telling a rambling and sentimental story about a baker and the parents of a little boy killed in a car accident. (I know–nobody else understood its relevance either.)

Die debat word hier, hier, en hier bespreek deur mense wat daar was. Hier is wat Mike Licona oor die debat te sê gehad het. Videos van Craig en Licona se lesings en debatte sal binnekort by AntWoord beskikbaar wees. Kontak hulle by antwoorde@yahoo.com as jy belang stel.

Nou vra jy my dalk, wat hét Julius Malema en Sakkie Spangeberg in gemeen? Lees hier vir die ooreenkoms wat Thenack sien.

————-

Ander gedagte-paadjies hieroor

    * “For some extraordinary reason, there is a fixed notion that it is more liberal to disbelieve in miracles than to believe in them. Why, I cannot imagine, nor can anybody tell me.” – G.K. Chesterton, Orthodoxy

    ** Ek was vantevore verbaas en geskok toe dit lyk of George Claassen wonder of Jesus hoegenaamd bestaan het. Nou sien ek dat daar meer mense aan Suid Afrikaanse universiteite is wat nie eers weet van die geskiedkundige konsensus daaroor nie.

Jesus het opgestaan! (Maar hoe verstaan mens die 3 dae?)

Daar is ‘n soort ding op hierdie blog wat baie gevaarlik is. Ten ergste kan dit ontaard in die “sinlose getwis oor woorde” waarteen die Nuwe Testament meer as eenkeer waarsku (Bv. Kol. 2:8 2 en Tim 2:14). Ten beste kan dit vrae opklaar waarmee party van ons worstel.

 As die vraag “hoekom praat die Bybel dan dat Jesus 3 dae in die graf was, terwyl ‘n bietjie Vrydag, ‘n hele Saterdag en ‘n stukkie Sondag nie eers twee vol dae is nie?” nog nooit by jou opgekom het nie, dan hoef jy nie verder te lees nie. As die vraag egter vir jou iets is wat jou laat wonder oor Jesus se getuienis (Toe Jesus gevra is op watter gesag Hy doen wat Hy doen, en watter teken Hy kan wys, het Hy gesê dat as die tempel (Sy liggaam) afgebreek word, Hy dit in 3 dae kan opbou, Johannes 2:19), of as jy iemand ken wat dit as argument teen Jesus se betroubaarheid gebruik, kan hierdie dalk help.

 Die Bybel, die ou bronne waaruit ons vertaal, vertel nie in soveel woorde Jesus is op ‘n Vrydag gekruisig nie. Dit vertel Hy is op die dag voor ‘n spesiale Sabbat gekruisig. (Johannes 19:31) Party vertalings van die Bybel vertaal dit as Vrydag. Daardie vertaling is nie noodwendig reg nie, soos jy nou sal sien.

 Elke Saterdag, van Vrydag sononder tot Saterdag sononder, is ‘n Joodse Sabbat. Maar die Jode het ook spesiale Sabbatte gehad. Hulle het dit nog steeds. Spesiale Sabbatte is vakansiedae wat elke jaar op dieselfde dag van die jaar val. Dit beteken dat sulke Sabbatte nie altyd op dieselfde dag van die week val nie, nes Kersfees of Nuwejaar nie elke jaar op dieselfde weeksdag val nie. As Jesus “die dag voor ‘n spesiale Sabbat” gekruisig is, weet ons nog nie watter dag van die week dit was nie.

 Jesus was op die dag van die paasmaaltyd, die 14de van die maand Nisan, gekruisig. (Mark. 14:16-17 vertel dat dit Pasga was toe die Nagmaal gebeur het. Jesus is die nag in hegtenis geneem en die volgende oggend – omdat Joodse dae by sononder begin was dit nog 14 Nisan – gekruisig.) Die dag na dit – 15 Nisan – was ‘n spesiale Sabbat, die fees van die ongesuurde brode. (Lev. 23:6-7)

Party geleerdes reken Hy is op ‘n Woendag gekruisig. Volgens hulle was Jesus begrawe net voor sononder. Hy spandeer dus die hele Donderdag (wat by sononder begin het), Vrydag en Saterdag in die graf. Hy is volgens daardie teorie opgewek met sononder Saterdag. Toe die vroue Sondagoggend by die graf kom, was Hy nie meer daar nie.

 Ander reken Jesus is op ‘n Donderdag gekruisig. Tot Vrydag, Saterdag, en Sondag is dan 3 dae.

 Dan is daar ook die mening dat “3 dae” vir die Jode ‘n term was wat ook gedeeltes van 3 dae kan beteken in Joodse spraak van die era. Rabbi Eleazr ben Azariah het in 100 A.D geskryf:

 “A day and night are an Onah (period of time) and the portion of an Onah is as the whole of it.”

 As dit die geval was, kon hy op ‘n Vrydag gekruisig gewees het, want dan kan die laaste ure van Vrydag, die hele Saterdag en ‘n bietjie Sondag “3 dae” wees, in Joodse idioom.

 Die punt is dat die 3-dae “probleem” glad nie vir ‘n Joodse leser, wat die kultuur van die Bybel verstaan, ‘n probleem is nie. En dit hoef ook nie vir ons te wees nie. Daar is geen rede om aan te neem die Bybel is verkeerd daaroor nie. Ongeag watter taal jy praat of uit watter kultuur jy kom: Hy het opgestaan, Hy het waarlik opgestaan.

Die opstanding dalk nie letterlik nie?

Nuwe Testamentikus prof. Pieter Craffert beweer dat Jesus se volgelinge anders oor liggame gedink het. Dit moet glo ons verstaan van die opstanding in die Nuwe Testament beinvloed. Hy sê:
 
“…ingevolge die fisika van die tyd het Jesus se eerste volgelinge gedink ’n liggaam, soos alles anders, is uit ’n kombinasie van aarde, water, lug en vuur saamgestel. ’n Liggaam kon uit verskillende kombinasies daarvan bestaan, ook uit lug.
Liggame kon deur geeste beset word, voorouers kon in ’n liggaam intrek en lewe ná die dood is algemeen aanvaar.
“Dus: Jesus het in ’n liggaam opgestaan wat volgens hul begrip gekonstrueer was.”

 Craffert het ook daarop gewys dat drome en visioene algemene ervarings was waardeur mense (op die manier wat hulle die wêreld begryp het) gesaghebbende inligting oor die wêreld kon kry.

 As ’n mens die Bybelse tekste teen dié agtergrond lees, is dit volgens Craffert duidelik Jesus het in ’n eerste-eeuse liggaam opgestaan op grond van die visioenêre ervaringe wat sy volgelinge gehad het en in ooreenstemming met hul nadoodse sieninge: 

 

Dit is teen dié agtergrond dat mense nou debatteer oor of Jesus werklik liggaamlik uit die dood opgestaan het.”         ..In die agttiende eeu, toe dit belangrik geword het om dinge logies te deurdink, het die fokus na ’n moderne, letterlike begrip van die tekste verskuif.
 Dit is opmerklik dat prof. Craffert nie die vernaamste dokumente wat ons van die vroeë Christene se opstandingsbegrip vertel aanhaal nie. Die vernaamste dokumente waarin die vroeë Christene hulle opstandingsbegrip verduidelik is in die Nuwe Testament opgeneem, en daardie dokumente sê onder andere, in Lukas 24:36:43: 

 

 Terwyl hulle nog oor hierdie dinge praat, staan Jesus self meteens daar tussen hulle en sê: “Vrede vir julle!”
Hulle het geweldig geskrik en bang geword en gedink hulle sien ‘n gees. Hy sê toe vir hulle: “Waarom is julle so verskrik, en waarom kom daar twyfel in julle harte? Kyk my hande en kyk my voete: Dit is tog Ek self. Voel aan my en kyk! ‘n Gees het tog nie vleis en bene soos julle sien dat ek het nie. Terwyl Hy dit sê, wys hy vir hulle sy hande en voete. Toe hulle van blydskap en verwondering nog nie kon glo nie, sê hy vir hulle: “Het julle hier iets om te eet?
Hulle gee hom toe ‘n stuk gebakte vis. Hy het dit gevat en voor hulle oë geëet.
 

 Die opgestane Jesus sê ook Tomas kan maar sy vinger bring en voel aan die wonde (Johannes 20:27)

  Íéts besonders het met die opstanding gebeur: Só besonders dat dit ‘n klompie bang wegkruiper- dissipels verander het in mense wat getuig het oral waar hulle gaan, só aansteeklik dat verdrukking en doodstraf en Nero nie die eerste eeuse Christene kon onderkry nie. En as jy hulle gevra het hoekom hulle glo, was die opstanding hulle rede. Sal ‘n visioen, selfs al word hy ‘n klompie kere aan ‘n massa gewys, werklik dit kan regkry?