Posted in (Soort van) filosofeer, Los gedagtes, Nuus
Tagged regering/government, regstellende aksie, regte, regverdigheid, SA, Spraakvryheid, verdraagsaamheid
Ek sien George Claassen het die saak van godsdiens in skole gelos, en aan Hans Pietersen oorgegee. Claassen beweer sy opponente is “onaanvaarbaar beledigend en lasterlik.” Nou ja, niks wat ek in die media teëgekom of gehoor het kom neer op lasterlike aanvalle of selfs persoonlike beledigings teen Claassen nie. (In elk geval het ek al biografieë gelees van martelare vir geloof soos Richard Wurmbrand, Brother Yun, en Roger Youderian- hulle. Daardie mense laat “martelare” soos Claassen wat “belaster” en “persoonlik aangeval word” vir hulle aksies teen geloof maar taamlik on-indrukwekkend klink.)
Vermoedelik het Claassen om ander redes die saak in iemand anders se hande gelos. Sluit daardie redes dalk die volgende redes in:
* Dat hy weet party van sy bewerings teenoor skole in sy omgewing heeltemal onwaar was? Met ‘n nuwe man aan die stuur kan hulle voortgaan sonder daardie leuens en sonder dat hy verskoning hoef te vra daarvoor? Pietersen gaan nie uitgedaag word op wat Claassen gesë het nie.
* Dat hy bang is die hof vra hom hierdie blog se vraag: Deel hy sy opinie oor geloof in (tersiëre) klaskamers? (Pietersen gee heel waarskynlik nie enige soort onderwys nie, en die vraag hoef dan nie vir hom gevra word nie.)
* Dat hy reeds weet minder gaan met die saak bereik word as wat hy sou wou? Hy het ‘n week gelede gepraat van kriminele vervolging van skole, en Hans Pietersen praat nou bloot van duidelikheid kry oor wat presies toelaatbaar is.
(Pietersen sê hy voel “soos Dawid teen Goliat.” Nee, Hans, dink weer. Dawid se gevoel in die Goliat-saak was sterk daarop gegrond dat hy geglo het God is aan sy kant. – Lees 1 Sameul 17, veral vers 45. En Hans – ek hoop en bid regtig jy kan eendag soos Dawid voel!)
Ek hoop dat wat die hof ook al besluit, dat daar pertinent gesê word dat dit ook vir ateïste en Claassens-tipe “skeptici” tel wat leerders wil indoktrineer. Indien daar bv. besluit word: Godsdiens opinies mag net met kinders gedeel word as die ouer/ voog van die kind dit skriftelik goedkeur” dan moet dit ook vir iemand soos Claassen geld. Dan moet opinies soos Claassen s’n net op universiteit verkondig word, reken ek, waar die beurs-betalers/ studielening-borg dit goedkeur.
—————–
Naskrif: Christene, sit hierdie hofsaak hoog op julle gebedslysie. Want, soos pous Pius XI gesê het: “since education consists essentially in preparing man for what he must be and for what he must do here below, in order to attain the sublime end for which he was created, it is clear that there can be no true education which is not wholly directed to man’s last end.” Sit dit op julle gebedslysie, want kinders het God nodig. Sit dit op julle gebedslysie, want ons stryd is nie teen vlees en bloed nie. Sit dit op julle gebedslysie, want God hoor. Sit dit op julle gebedslysie, want neutraliteit oor aanbidding is ‘n mite- waar God nie in die skole aanbid word nie sal iets of iemand anders aanbid word- soos hierdie Noord Koreaanse Amerikaanse video van Kim Jong Il Obama wys.
Posted in Geloof, Los gedagtes, Nuus
Tagged ateïsme, geloofsoordrag, George Claassen, godsdiens in skole, hofsaak, kinders, regering/government, regte, skole, Spraakvryheid, wêreldbeeld
When you give the government your money, you give up the right to choose. If you keep your money, you keep your right to choose. If you think that the government should take your money and then provide you with services like health care, education, welfare, therapy, etc., then you just gave up your right to choose. You gave up your liberty for security.
I think that Christians give their money away thinking that the government will act in their own best interests. That is, that a secular government will act in the interests of Christians. Maybe Christians think that their interests lie in “helping the poor”, and that a big government is needed to do that. But when government gets that money, they will use it in ways that cannot possible be as good as you would use it yourself…. Don’t give your money to the government because they tell you some sob story about taxing the rich and helping the poor! What they really want to do is to take your money and pay off their political donors, like abortion providers, trial lawyers and unions. They cannot possible spend the money as well as you could have spent it yourself.
Christians need to be fiscal conservatives. They need to learn economics. They need to think with their heads when voting.
Ongeag met wie jy saamstem, dit is werklik ‘n moeite-werd vraag!
Ja, die Christen moet bereid wees om te gee. En daardie voorskrif is nie net op die “ryk” gelowige gemik, terwyl die armer gelowige maar net hoef te vat nie. (“Gee, al het jy net twee kledingstukke” is ‘n Bybelse opdrag.)
Posted in Geloof, Los gedagtes, omgee
Tagged belasting/tax, Christenskap, omgee/caring, politiek/politics, regering/government, sosialisme/socialism
On AOL news Ken Layne asks: Should socialised medicare protesters be denied socialized medical care? Now Ken probably speaks of America, but I would answer “yes.” They should both be denied socialised medical care and denied the obligation to pay for it. If, for example, 5% of taxpayer money goes towards socialized healthcare, protesters who agree never to use it should get a 5% reduction in their taxes.
It’s only fair, wouldn’t you say?
Posted in Los gedagtes, Nuus
Tagged belasting/tax, medies/medical, politiek/politics, regering/government, sosialisme/socialism, Spraakvryheid