Tag Archives: rekenaar-raad

Hoe om meer indrukwekkend kommentaar te lewer op blogs en forums.

Judith vertel my gister:

Ek weet nie hoe om die cool italics en bolds en quotes te doen nie so skuus as my teks bietjie moeilik lees.

Ek verstaan jou probleem, Judith. Sulke goed is belangrik. Wat sonder leestekens só lyk:

Die kinders van die Suiderland

het 10 vingers aan elke hand

vyf en twintig vingers en tone

Ai die liewe klein patrone

lyk met leestekens só:

Die kinders van die Suiderland

het 10 vingers, aan elke hand

vyf, en twintig vingers en tone.

Ai, die liewe klein patrone!

En sonder leestekens moet jy liefs niks skryf oor jou vriende se dogter op hoërskool nie…

Vir vetdruk, doen:

<b>JOU WOORDE</b>

Vir onderstreep, doen:

<u>JOU WOORDE</u>

Vir skuinsdruk, doen:

<i>JOU WOORDE</i>

Vir ‘n aanhalingsblok, doen:

<blockquote>JOU WOORDE</blockquote>

 

‘n Skakel is bietjie moeiliker. Doen:

<a href=http://JOU WEBBLAD>WOORDE WAT BESOEKER SIEN</a>

Byvoorbeeld

<a href=https://gelowigenondersoekend.wordpress.com/>Die swakste blog op die Internet</a>

Dan sien die leser:

Die swakste blog op die Internet

Sien? As jy eers weet hoe, kan jy dit nie vergeet nie!

Internet-surfer, só spaar jy baie megabytes/ tyd

Hande op, almal wat dink Suid-Afrikaanse Internet-diensverskaffers vra te veel geld. (Van hier af tik ek stadiger- my een hand is in die lug.) Dis ‘n feit- hierdie land van my is een van die duurste plekke op aarde vir internet-diens.

 

Miskien is jy iemand wat per megabyte betaal vir jou Internet-gebruik. Of dalk het jy ‘n aantal in-kontrak-megabytes en betaal jy ekstra sodra jy dit oorskry. Nog erger, jy kan dalk Telkom gebruik en betaal per tyd op die internet. Of dalk het jy ‘n stadige konneksie en jy moet ‘n webblad vol hoë-resolusie foto’s besoek vir inligting.

 

Hier is ‘n maklike manier wat ek die laaste maand of 2 gevind het om Megabytes te spaar, veral op blaaie wat jy gereeld besoek. En dit spaar ook tyd omdat minder inligting van die Internet aflaai.

 

Ek gaan vertel hoe om dit te doen in Internet Explorer en in Firefox:

 

Internet explorer:

Kliek op Tools, Internet Options, Advanced. Jy kry nou ‘n lang lys wat in afdelings ingedeel is. Die eerste twee afdelings is Accesability en Browsing. Gaan af na die afdeling multimedia, en neem die regmerkie langs “show pictures” weg.

 

Jou Internet sal nou sonder prentjies vertoon. (Tot jy kies om terug te verander, natuurlik.)

 

En as jy een of twee prente op ‘n bladsy moet kyk, terwyl die res van die blad se visuele detail onnodig is? Maklik.Jy sal sien dat fotos nou vervang is deur reghoeke wat in een hoek ‘n hoofsaaklik wit ikoon het. Sit jou muispyl op die ikoontjie van die foto wat jy wil sien. Regs-kliek daarop. In die opwip-lys, lings-kliek op “Show picture.”

 

Firefox:

Kliek op Tools, Options, Web features.  Neem die regmerkie langs “load images” weg.