Die kerk gee nou baie beter redes vir herbesin oor saamwoon as in ‘n week gelede se koerant. Om aan te haal, vetdruk myne:
Die NG Kerk se taakspan vir leer en aktuele sake (Atlas) gaan egter nou herbesin oor dié kwessie omdat die kerk tans geen duidelike amptelike beleid daaroor het nie. Boonop meen al hoe meer progressiewe lidmate die kerk moet meer verdraagsaam teenoor sommige saamwoners wees.
Maar behoudende lidmate en kerkleiers, onder wie die moderator, het die afgelope week gesê dit sou ’n fout wees as die kerk ’n vorm van saamwonery buite die huwelik goedkeur.
As ‘n kerkgroep wil herbesin oor iets, omdat hulle nie meer wil sterk standpunt inneem oor reg en verkeerd nie, sou dit baie verkeerd wees en al die kritiek verdien wat die afgelope week hulle kant toe gekom het. As ‘n kerkgroep egter wil herbesin oor hulle nie tans ‘n beleid het hoe om mense (in liefde) te behandel, en wat om vir hulle te sê nie, is daar goeie rede om te herbesin.
God se standaarde verander nie. As die kerk reken saambly sonder om te trou sou 200 jaar terug sonde gewees het, dan moet hulle ook glo dit is vandag sonde. 1 Kor. 7:9 vertel: “Maar as hulle nie in onthouding kan leef nie, moet hulle trou; want dit is beter om te trou as om deur hartstog verteer te word.”
Samelewings verander. Saambly sonder om te trou kon dalk in ‘n baie preutse samelewing 150 jaar terug iets wees wat jy net doen as jy totaal alle reëls van jou samelewing verwerp, en nie omgee dat almal om jou sien dat jy absoluut vere voel vir hulle waardes nie. In só ‘n samelewing kon die predikant reg wees om saamblyers soos uitgeworpenes sonder enige morele waardes behandel. (Die Bybelse voorskrif is dat mens soms mense uit jou gemeente kan verwyder, en hulle dan soos heidene kan behandel-1 Kor 5:12-13-, maar die Bybel sê nooit dat die Christen heidene sleg mag behandel nie. ) In ons samelewing is saambly egter ‘n algemene en grootliks aanvaarde ding. As die kerk glo dat saambly teen God se wil is, is dit ons gelowiges se werk om ander kerklidmate te oortuig om anders as die samelewing te dink. Jy kan egter nie iemand te hard veroordeel oor hy soos meeste mense om hom dink, oor hy nie ‘n totaal ander waardestelsel as almal om hom het nie.
Daarom reken ek kerke kan inderdaad herbesin oor saamwoon: Hoe deel ‘n mens God se onveranderlike waardes in ‘n veranderende samelewing, aan mense met veranderende waardes? Wat sê ons vir, en doen ons om te help met, moeilike situasies soos die weduwee tant Sannie wat wil trou met oom Klaas, maar voel sy kan nie bekostig om oorl’e oom Jan se pensioen te verloor nie?
(Kan die kerk dalk ‘n soort troue reel waarmee dit publiek gewys word word hoe tant Sannie en oom Klaas voor mense aan mekaar trou beloof, wat bindend is volgens die gemeente maar nie volgens die landswet nie? Of is dit bedrog teenoor die pensioenfonds? Dis word beskou as Bybels verkeerd om saam te slaap sonder om trou aan mekaar te belowe- en die belofte te wil hou- maar móét ‘n huwelik deur die landswet erken word vir mense om getroud te wees?)
————
Naskrif: Ek gaan vir C.S. Lewis aanhaal. Sommer oor ek lus is en dit my blog is:
Much of the modern resistance to chastity comes from men’s belief that they “own” their bodies — those vast and perilous estates, pulsating with the energy that made the worlds, in which they find themselves without their consent and from which they are ejected at the pleasure of Another! -The Screwtape letters
Indeed, if we consider the unblushing promises of reward and the staggering nature of the rewards promised in the Gospels, it would seem that Our Lord finds our desires, not too strong, but too weak. We are half-hearted creatures, fooling about with drink and sex and ambition when infinite joy is offered us, like an ignorant child who wants to go on making mud pies in a slum because he cannot imagine what is meant by the offer of a holiday at the sea. We are far too easily pleased. – The Weight of glory