Tag Archives: vrae wat pla

As God in beheer is, waarom gebeur sulke dinge? (Deel 3 – God se wil)

Eerste deel hier

Was dit God se wil dat my pa moes siek word? Was dit God se wil dat my geliefde ‘n geweldsmisdaad beleef? Was dit Sy wil dat Judas vir Jesus verraai?

Daar is twee Griekse woorde in die nuwe Testament wat albei met “wil” van God vertaal word. Volgens Craig Hill (wat ook erken die betekenissse in nie 100% dieselfde elke keer wat dit gebruik word nie) vertaal een van die woorde as “onveranderlike doel”, en die ander as “begeerte.”

God se onveranderlike doel sal gebeur, dis God se soewereine plan, Sy bepaalde besluit.

Voorbeelde hiervan sluit in:

> Jesus sal sterf aan die kruis

> God sal Israel teruggee aan die Jode

> Jesus sal terugkeer

God se begeerte is wat Hy sal wil hê moet gebeur, dit wat by sy karakter en aard inpas. Geen mens kan God se onveranderlike doel stop nie, maar mense het die gesag om God se begeerde wil te stop.

Voorbeelde, volgens Hill, sluit in:

> God wil siekes genees

> God wil hê dat ‘n man sy gesin liefhet en hulle nie mishandel nie.

> God wil hê dat besigheid-eienaars eerlik is met hulle klante.

Baie mense het ‘n vals idee oor God se wil, oor hoe hulle pa’s was. As jou pa sy wil op jou afgedwing het, glo jy maklik God sal sy wil op almal afdwing, en moet jy ‘n regte beeld van God leer.

(Deel 4)

——

Hierdie notas is gedagtes in Craig Hill se boek, “If God is in control, then why?” Kommentaar hierop sal geopen word in latere aflewerings.

As God in beheer is, waarom gebeur sulke dinge? (Deel 2 – Wat het God nie?)

Vervolg vanaf hier

Wat het God alles om dinge reg te kry op aarde?

God het die kennis: Hy weet alles. Hy weet van alle euwel en ongeregtigheid in die wêreld. (1 Joh. 3:20)

Hy het die wysheid: Hy weet hoe om euwel en ongeregtigheid uit te skakel. (1 Tim 1:17)

Hy het die krag om die probleem op te los: Hy is God almagtig. (Genesis 35:11)

Hy het die liefde/ goedheid om dit te wil uitskakel. (1 Joh. 4:16) ‘n Goeie definisie van liefde wat meer as tydelik is, is “om die hoogste goed vir almal betrokke te kies.” Euwel en ongeregtigheid is nie God se wil, in Sy liefde nie, en Hy wil dit uitskakel. (Jesaja 59:15)

Wat het God nie?

God het gesag op die aarde vir die mens gegee in Genesis 1. (:27-28, ook in Ps 8:7 en Ps. 115:16) As God gesag vir die mens gee, hou hy dit nie vir homself nie. Hy het dus Sy eie regte oor die aarde vir eers beperk. Maar die aarde is nog steeds syne. (Ps. 24:1)

Waarom het Jesus nodig gehad om mens te word? As jy deel 1 en die boonste stukkie gelees het, ken jy waarskynlik die antwoord.

Hoe kon Satan vir Jesus die konkryke aanbied in Matt. 4? Is die aarde dan nie God s’n nie? Die aarde is God s’n, maar dit was onder uitgehuurde gesag. Jesus se versoeking was om nie aan die kruis sterf of die mense te red nie, maar onmiddelik die aarde terug te kan neem.

Wat beteken dit as Jesus vertel dat elkeen wat nie deur die hek in die skaapkraal inkom nie, ‘n dief en ‘n rower is? (Joh. 10:1) Hy vertel die wettige manier om gesag op aarde te hê is mens-wees. Hy is die goeie herder wat bereid was om mens te word om mense te red. Die Satan is die een wat gesag kry deur mense te kul en hulle gesag vir Sy doelwitte te gebruik.

(Deel 3)

——

Die eerste notas is gedagtes in Craig Hill se boek, “If God is in control, then why?” Vanaf “Waarom het Jesus nodig gehad om mens te word?” is van elders. Kommentaar hierop sal geopen word in latere aflewerings.

Christene: Kom versterk jou geloof met kennis

Eendag, so 8 of 9 jaar gelede, het ek in die 2dehandse boekwinkel rondgekrap. ‘n Dik slapbandboek het my aandag getrek: Evidence that demands a verdict. En in kleiner letters: Historic evidences for the Christian faith. Ook die toe-onbekende woord apologetics” in die beskrywings op die voor- en agter kant. Die naam Chrisnene Fourie was voor ingeskryf met pen. Ek het dit gekoop teen ‘n skrale R5. Ek het nog nooit ‘n beter R5 spandeer nie!

In die jare daar na was my geloof van alkante af aangeval. Deur vyandige ongelowiges. Deur probleme en swaar tye waarin God vêr gevoel het. Ek het soms getwyfel dat Hy nog vir my omgee. Maar tussen kennis (baie daarvan uit Evidence that demands a verdict) en persoonlike ervaring (uit die verlede voor die swaar tye) van ‘n lewende God, kon ek nie twyfel aan Hom nie: Christus en Christenskap is ‘n rotsvaste feit wat meer werklik is as enigiets wat ek kan voel en sien in die fisiese wêreld.
Wil jy as Christen dinge weet wat jou gaan help om sout en lig in die wêreld te wees? Wat jou eie geloof gaan versterk as jou emosies “af” is? Probeer so ‘n bietjie apologetiek leer.

William Lane Craig se nuwe boek, On Guard, is ‘n toeganklike handleiding om jou te wys hoe om jou geloof te verdedig. In hoofstuk 1 vertel hy hoekom apologetiek belangrik is:

Why is apologetics important?

1. Shaping culture

We have all heard of the so-called culture war…

 Why can’t we Christians just be faithful followers of Christ and ignore what’s going on in the culture at large? Why not just preach the gospel to a dark and dying world? The answer is, because the gospel is never heard in isolation.

… A person who has been raised in a culture that is sympathetic to the gospel will be open to the gospel in a way that a person raised in a secular culture will not. For a person who is thoroughly secularized, you may as well tell him to believe in fairies or leprechauns as in Jesus Christ!

… If the gospel is to be heard as an intellectually viable option for thinking men and women today, then it’s vital that we as Christians try to shape American culture in such a way that Christian belief cannot be dismissed as mere superstition. This is where Christian apologetics come in. If Christians could be trained to provide solid evidence for what they believe and good answers to unbelievers’ questions and objections, then the perception of Christians would slowly change. Christians would be seen as thoughtful people to be taken seriously rather than as emotional fanatics or buffoons. The gospel would he a real alternative for people to embrace.

I’m not saying that people will become Christians because of the arguments and evidence. Rather I’m saying that the arguments and evidence . will help to create a culture in which Christian belief is a reasonable: thing. They create an environment in which people will be open to the gospel…

2. Strengthening believers

The benefits of apologetics in your personal Christian life are huge. Let me mention three. First of all, knowing why you believe as well as what you believe will make you more confident in sharing your faith with others.

Second, apologetics can help you keep your faith in times of doubt and struggle. Emotions will only carry you so far, then you are going to need something more substantial.

When I speak in churches around the country, I often meet parents who say something like “If only you have been here two or three years ago! Our son (or daughter) had questions about the faith that no one could answer, and now he is far from the Lord.”

…Finally, the study of apologetics is going to make you a deeper and more interesting person. American culture is surprisingly shallow, fixated on celebrities, entertainment, sports and self-indulgence. Studying apologetics is going to take you beyond that to life’s deepest questions, questions about the existence and nature of God, the origin of the universe, the source of moral values, the problem of suffering and evil, and so on. As you wrestle with these deep questions, you yourself will be changed.

You will become more thoughtful and well-rounded. …As a Christian, you will begin to have a deeper appreciation of Christian truths about the world and see how they all fit together to make a Christian world view.

3. Winning unbelievers

…Why bother, you may ask, with that minority of a minority with whom apologetics is effective? First, because every person is precious to God, a person for whom Christ died. …Second, this people group, though small in numbers, is huge in influence. One of these persons, for example, was C.S. Lewis.

…In any case the general conclusion that apologetics is ineffective in evangelism is just not true.

… After giving a talk on arguments for the existence of God, or evidence for the resurrection of Jesus, I’ll sometimes conclude with a prayer of commitment to give one’s life to Christ, and the comment cards indicate those who have registered such a commitment. Just recently I did a speaking tour of universities in central Illinois, and we were thrilled to find that almost every time I gave such a presentation, students indicated decisions for Christ.

…When apologetics is persuasively presented and sensitively combined with a gospel presentation and a personal testimony, the spirit of God is pleased to use it in bringing people to himself.

Die eerste hoofstuk van “On guard” is hier.

 

Jesus het opgestaan! (Maar hoe verstaan mens die 3 dae?)

Daar is ‘n soort ding op hierdie blog wat baie gevaarlik is. Ten ergste kan dit ontaard in die “sinlose getwis oor woorde” waarteen die Nuwe Testament meer as eenkeer waarsku (Bv. Kol. 2:8 2 en Tim 2:14). Ten beste kan dit vrae opklaar waarmee party van ons worstel.

 As die vraag “hoekom praat die Bybel dan dat Jesus 3 dae in die graf was, terwyl ‘n bietjie Vrydag, ‘n hele Saterdag en ‘n stukkie Sondag nie eers twee vol dae is nie?” nog nooit by jou opgekom het nie, dan hoef jy nie verder te lees nie. As die vraag egter vir jou iets is wat jou laat wonder oor Jesus se getuienis (Toe Jesus gevra is op watter gesag Hy doen wat Hy doen, en watter teken Hy kan wys, het Hy gesê dat as die tempel (Sy liggaam) afgebreek word, Hy dit in 3 dae kan opbou, Johannes 2:19), of as jy iemand ken wat dit as argument teen Jesus se betroubaarheid gebruik, kan hierdie dalk help.

 Die Bybel, die ou bronne waaruit ons vertaal, vertel nie in soveel woorde Jesus is op ‘n Vrydag gekruisig nie. Dit vertel Hy is op die dag voor ‘n spesiale Sabbat gekruisig. (Johannes 19:31) Party vertalings van die Bybel vertaal dit as Vrydag. Daardie vertaling is nie noodwendig reg nie, soos jy nou sal sien.

 Elke Saterdag, van Vrydag sononder tot Saterdag sononder, is ‘n Joodse Sabbat. Maar die Jode het ook spesiale Sabbatte gehad. Hulle het dit nog steeds. Spesiale Sabbatte is vakansiedae wat elke jaar op dieselfde dag van die jaar val. Dit beteken dat sulke Sabbatte nie altyd op dieselfde dag van die week val nie, nes Kersfees of Nuwejaar nie elke jaar op dieselfde weeksdag val nie. As Jesus “die dag voor ‘n spesiale Sabbat” gekruisig is, weet ons nog nie watter dag van die week dit was nie.

 Jesus was op die dag van die paasmaaltyd, die 14de van die maand Nisan, gekruisig. (Mark. 14:16-17 vertel dat dit Pasga was toe die Nagmaal gebeur het. Jesus is die nag in hegtenis geneem en die volgende oggend – omdat Joodse dae by sononder begin was dit nog 14 Nisan – gekruisig.) Die dag na dit – 15 Nisan – was ‘n spesiale Sabbat, die fees van die ongesuurde brode. (Lev. 23:6-7)

Party geleerdes reken Hy is op ‘n Woendag gekruisig. Volgens hulle was Jesus begrawe net voor sononder. Hy spandeer dus die hele Donderdag (wat by sononder begin het), Vrydag en Saterdag in die graf. Hy is volgens daardie teorie opgewek met sononder Saterdag. Toe die vroue Sondagoggend by die graf kom, was Hy nie meer daar nie.

 Ander reken Jesus is op ‘n Donderdag gekruisig. Tot Vrydag, Saterdag, en Sondag is dan 3 dae.

 Dan is daar ook die mening dat “3 dae” vir die Jode ‘n term was wat ook gedeeltes van 3 dae kan beteken in Joodse spraak van die era. Rabbi Eleazr ben Azariah het in 100 A.D geskryf:

 “A day and night are an Onah (period of time) and the portion of an Onah is as the whole of it.”

 As dit die geval was, kon hy op ‘n Vrydag gekruisig gewees het, want dan kan die laaste ure van Vrydag, die hele Saterdag en ‘n bietjie Sondag “3 dae” wees, in Joodse idioom.

 Die punt is dat die 3-dae “probleem” glad nie vir ‘n Joodse leser, wat die kultuur van die Bybel verstaan, ‘n probleem is nie. En dit hoef ook nie vir ons te wees nie. Daar is geen rede om aan te neem die Bybel is verkeerd daaroor nie. Ongeag watter taal jy praat of uit watter kultuur jy kom: Hy het opgestaan, Hy het waarlik opgestaan.

Ek sien “foute” in die Bybel! Wat nou? Deel 2 – ‘n Strategie om te weet wat die Bybel leer

 Vervolg van hier.

In die eerste deel hiervan het ons gekyk na die saak wat meer belangrik as Bybelse foutloosheid is. Dis natuurlik ‘n voordeel as gelowiges glo dat die Bybel onfeilbaar is. Dit maak leer van God soveel makliker. Maar hoe kan ‘n gelowige eerlik toets of iets in die Woord, wat vir hom onwaar lyk, waar is – of nie?

 Wat doen ‘n gelowige as dit lyk of die Bybel iets onwaar sê?

 Daar is twee soorte mense wat foute in die Bybel raaksien: Die eerste soort dink dat hulle slimmer as die Bybel is en dat hulle sopas iets in die Bybel verkeerd bewys het. (Dis natuurlik nie vanselfsprekend dat die res van die Bybel ook verkeerd is, as daardie ding verkeerd is nie. En nog minder dat dit, soos die skrywer wat ek in die eerste deel aanhaal beweer, geskryf is “om mense te manipuleer.” Die denkende mens sal nie val vir daardie skrywer se redenasie nie.)

 Die tweede soort mens dink dat die Bybel slimmer as hulle is en dat hulle sopas iets in die Bybel gesien het wat hulle nog nie verstaan nie. Dit wat in ons beperkte begrip na ‘n fout klink, is nie noodwendig ‘n fout nie. Jy verstaan byvoorbeeld dalk nie hoekom die Nuwe Testament van God se enigste Seun praat, en later van baie kinders van God nie. Wel, die meer letterlike vertalings praat van God se eniggebore (“only begotten”) Seun -Sy enigste biologiese kind- en alle vertalings praat van hoe God baie mense aanneem tot kind. Een biologiese kind en baie aangenome kinders is nie teenstrydig nie.

Nou ja, die soort mens wat glo dat hy alles weet, leer niks nuut nie. Die een wat reken dat hy dalk nie alles weet nie, sal darem luister en so nou en dan iets nuuts leer.

 Hoe leer die gelowige wat ‘n teenstrydigheid of probleem teëkom in die Bybel dit wat hy nog nie verstaan nie?

 1) Kyk wat presies die Bybel regtig sê.

As jy dink aan of hoor van iets in die Bybel wat nie reg klink nie, lees presies, uit die Bybel self, wat die Bybel regtig in daardie vers en om dit sê.* As jy bv. iets onwetenskaplik sou sien in die raad wat Job se vriende hom gee – God self het Job se vriende se raad afgekeur. Die woorde van Job se vriende is nie die Bybel se boodskap nie.

Heelwat Bybelprobleme kan opgelos word deur net die Bybel se gedeeltes oor die saak te lees. Byvoorbeeld: Hoekom praat die ou Testament van “ ‘n oog vir ‘n oog, ‘n tand vir ‘n tand, ‘n lewe vir ‘n lewe?” en Jesus keur ” ‘n oog vir ‘n oog, ‘n tand vir ‘n tand” af? Jy het nie eers nodig om te weet van rituele wetgewing wat in die Nuwe Testament nie meer tel nie om daardie een te verstaan nie. As jy die relevante dele lees, sien jy dat eersgenoemde van die Israelitiese regstelsel in die Ou Testament praat. ” ‘n Oog vir ‘n oog, ‘n tand vir ‘n tand, ‘n lewe vir ‘n lewe” was die regte vonnis vir moord en party soorte aanranding. Wanneer Jesus in die Nuwe Testament dit noem, vertel hy nie regters om anders te vonnis nie. Hy praat met gewone, wraagsugtige mense. Jesus wys uit dat hulle blitsvinnig daardie vers aanhaal om hulle wraaklus te regverdig- en Hy is daarteen.

 2) Gebruik naslaanbronne

 As jy ‘n teenstrydigheid in die Bybel teëkom, beveel ek jou aan om die drie naslaanbronne in die 2de paragraaf van hierdie artikel se deel 1 te gebruik.

 As dit ‘n ander soort fout is, of as daardie bronne nie werk nie, probeer om te kyk wat ‘n soekenjin daarvan sê. Tussen die hele liggaam van Christus wêreldwyd is daar sekerlik mense wat al voor jou oor jou probleem gedink het. Veral in Engels is daar talle bronne beskikbaar oor byna alles wat met geloof te doen het. Gebruik die soekterme “apologetics” en jou probleem in Engels, byvoorbeeld “apologetics one Son of God many sons of God.”

 3) Vra iemand wat die Bybeltale ken

 Vra jou predikant. As hy Grieks (Die oorspronklike taal van meeste van die Nuwe Testament) en Hebreeus (Die oorspronklike taal van meeste van die Ou Testament) ken en jy nie, is die kanse alreeds goed dat hy iets sal verstaan van die gedeelte, iets wat nie maklik vertaal nie. En selfs as sy veeltaligheid nie die antwoord gee nie, is die kanse goed dat hy meer bronne tot sy beskikking het as jy.

 4) Onderskei feite van spekulasie

Met dinge waar dit lyk of die Bybel en wetenskap mekaar weerspreek, moet jy eers kyk na die aanvaarde Earth rotating face we see away from sunwetenskapfeite – nie spekulasie nie. Daar was byvoorbeeld ‘n tyd wat mense gespekuleer het die “steady state theory” is dalk reg, dat die heelal nie ‘n begin gehad het nie. Daardie tyd het mense gespekuleer dat Genesis 1:1 – “In die begin het God die hemel en die aarde geskape” – nie wetenskaplik waar kan wees nie. Vandat die Big Bang teorie ingekom het, is daardie stuk kritiek grootliks op ‘n einde. As jy weet of iets wetenskapfeit of wetenskapspekulasie (geskiedenisfeit of geskiedenis- spekulasie is), kyk jy wat die beste moontlike Bybel-interpretasie is. Byvoorbeeld, in Josua staan die son en maan het stil gestaan om ‘n lang dag te maak. Tegnies, weet ons, sal dit nie die son nie, maar die aarde wees wat moet ophou roteer vir ‘n lang dag. Maar is “kyk, dis verkeerd!” die beste interpretasie? Selfs vandag nog praat ons van ‘n mooi sonsondergang, terwyl die son nie regtig ondergaan nie. “Sonsondergang” of “die son het nie ondergegaan nie” is ‘n waar idioom, maar nie ‘n letterlike waarheid nie. Die Bybelskrywers lieg nie, en die Bybel is nie onwaar, as die Bybelskrywers in hulle eie idioom eerlik vertel wat hulle gesien het nie.

——————–

 Naskrif: Sien ook Do the Facts Matter? vir Greg Koukl se perspektief oor skrif-foutloosheid. Hy reken dis waar, maar werklik nie die belangrikste ding om te verdedig nie.

* Dalk is hier iemand wat nou vra “en hoe weet ek waar in die Bybel om ‘n gedeelte te kry?” Wel, leer om ‘n konkordansie te gebruik, dis iets soos ‘n woordeboek. E-sword is ‘n gratis konkordansie wat jy op die Internet kan opsoek en aflaai. (Ander onderwerp: Dit is ‘n vreeslike tragedie dat iemand deur hoërskool-Sondagskool of kerk-jeugbyeenkomste kan gaan sonder om ‘n konkordansie te leer gebruik. As jy by tienerwerk betrokke is, probeer asseblief om hulle ten minste die gereedskap te gee om die Bybel te verstaan. En dit sluit hoe om ‘n konkordansie te gebruik in.)

Ek sien “foute” in die Bybel! Wat nou? Deel 1-‘n Foutlose Bybel nie die kernsaak

‘n Ongelowige vertel my nou onlangs:

Een fout is genoeg om te bewys dat dit (die Bybel) mense werk is. Geskryf van mense om mense te manipuleer. So maklik…….

 Hy reken Josua se lang dag-storie is so ‘n fout. Die verhaal vertel dat God die son (en maan) laat stilstaan het. Met kennis van sterrekunde wat nie in Josua se tyd beskikbaar was nie, weet ons dat, om ‘n lang dag te maak, dit eintlik die aarde is wat moet ophou draai.

 Omtrent ons almal het al dinge in die Bybel gesien wat moeilik is om te glo, of wat teenstrydig lyk met ander verse in die Bybel. Die kanse is dat jy al dinge gesien het wat nie naastenby so maklik oplos as die oppervlakkige “fout” van hierdie geloof-kritikus nie. Hoe hanteer die gelowige dinge in die Skrif wat verkeerd lyk? Is dit irrasioneel om te bly glo as die Bybel lyk of hy foute het?

 Daar is natuurlik verklarings vir meeste van die Bybel se sogenaamde teenstrydighede (hier, hier en hier is goeie naslaanblaaie daaroor), maar wat as jy ‘n fout sien wat jy nie kan versoen nie?

 Die kern van Christenskap is nie skrif-foutloosheid nie

Sou dit werklik, logies, die einde van jou Christenskap moet wees as jy eerlik moet erken die Bybel lyk nie foutloos nie?

Nee. Dink bietjie daaroor. Het die eerste gelowiges, byvoorbeeld die nie-Jode wat na Paulus se getuienis geluister het, geglo in ‘n foutlose Bybel (“scripture inerrancy”)? Well, vir een ding was 1/3 van die Bybel nog nie eers geskryf nie. En die nie-jode het hulle nie eintlik gesteur aan die 2/3 wat reeds geskryf was nie.

Wat hulle gehad het, was getuienis oor ‘n man genaamd Jesus, wat sekere goed gedoen en gesê het, wat op ‘n kruis dood is en weer lewendig geword het. As die algemene inligting oor Jesus waar was, as die breë details van waaroor Christenskap gaan dan oortuigend is, is dit al wat nodig is. Paulus het die skrif geken, maar nie by Genesis begin preek nie. Hy het by Jesus begin.

Die kerk se fondament is die waarheid van Jesus en dus die bekering en nuutmaking wat hy gee. Baie van sy leiers het al vandaar af na skrif-foutloosheid beweeg nadat die kerk hoe lank omgegaan het met die 66 boeke van die Bybel. Maar skrif-foutloosheid is nie die basis waarop Christenskap rus nie.

Maar, vra jy dalk, as die skrif nie (noodwendig) foutloos is nie, hoe weet ons dat Jesus was wie die Bybel sê hy was? Wel, twee van die 4 Bybelse biografieë oor Jesus (beter bekend as 4 evangelies), Matteus en Johannes, is deur dissipels geskryf wat Jesus goed geken het, en een, Markus, waarskynlik deur Petrus se sekretaris. Lukas het gepraat met ooggetuies, (en na bewering afgeskryf uit ‘n Q-dokument wat nog nader aan die tyd van Jesus was,) en sy boek was waarskynlik in 62 of 63 die derde evangelie om geskryf te word.

Hulle het goed geskryf wat nie jare later moeilik is om helder te onthou nie- as ek ooit op ‘n skip was in ‘n storm, en iemand vertel die wind om te kalmeer, en die see word ewe skielik spieëlglad, sal ek dit nie vergeet nie. As iemand my vertel dat Hy die weg, die waarheid en die lewe is, dan sal ek dit net kan vergeet as sy ordinêre gedrag so ‘n stelling belaglik maak. Selfs dan sal ek dit dalk onthou as opperste vermetelheid.

En ons praat van mense wie se kultuur hulle goed geleer het om te onthou. Hulle moes kleintyd die eerste 5 Ou Testament boeke uit hulle koppe leer – hoeveel van vandag se kinders en grootmense se memoriseer-talent is so goed ontwikkel? Jesus se dissipels het nie net ‘n van kleins af ingeoefende memoriseertalent ontwikkel nie, hulle het ook ‘n drie jaar internskap saam met Hom geloop waar hulle Sy woorde ingedril is, waar hulle dit oor en oor gehoor het, waartydens hulle uitgestuur is vir kort sendingreise waarvoor Jesus hulle geleer het wat om te sê. En hulle het goed vertel wat mens nie sou opmaak oor Jesus nie.

 Omdat die sentrale feite van Christenskap soveel geskiedkundige bewyse het, beveel Bybelgeleerdes soos William Lane Craig en Gary Habermas byvoorbeeld ‘n Minimale Feite Benadering aan – hulle reken dat mens Christenskap kan verdedig met net ‘n paar deeglik bewese feite.

En die bekering waarvan die Bybel praat, maak in talle mense van alle kulture die verskil waarvan die Bybel praat – ‘n verskil wat die bekeerde nie kan verstaan of verklaar nie, wat bekeerdes soos ek weet nie uit onsself kom nie. Want ek het presies voor my bekering ook gewerk aan daardie eienskappe wat by bekering verander het. Ek was baie onsuksesvol met die verander van my selfsug en buierigheid. Toe ek die taak aan God oorgee, het ek opgehou probeer- en God was baie suksesvol met die verander van my selfsug en buierigheid! Nou, as die bekering wat so belangrik in die Nuwe Testament is, dan so akkuraat beskryf word in die nuwe Testament, so presies net soos wat in lewens oraloor die planeet gebeur as hulle beheer van hulle lewens aan God oorgee, dan is bekering waar.

Selfs as daar iewers foutiewe geskiedenis in, sê maar, 1 Kronieke, sou wegkruip, of as Matteus nie al die vroue noem wat daardie Sondagoggend vir Jesus wou gaan balsem nie, maak dit geensins die kern van die Bybelboodskap minder werd nie.

Deel 2 volg hier.

Wat van die mense wat nooit van Jesus gehoor het nie?

Heelwat gelowiges wonder oor mense wat nog nooit van God gehoor het nie: Is dit regverdig as God hulle sou hel toe stuur? Party ongelowiges gebruik dit selfs as ‘n verskoning waarom hulle nie kan glo nie. Ongeag wie dit vra, dit kom neer op: “Baie mense kry nooit die kans om God te leer ken nie. Hulle word in die verkeerde land gebore. Of hulle gaan as babas dood. Stuur God dan al hierdie mense hel toe?”

 

Die konsep van hel kom natuurlik uit die Bybel. Die konsep dat mense wat die evangelie hoor, kan kies en gered word, ook. Die regte antwoord hier is dus om te kyk wat die Bybel oor die saak sê. (Hierdie paragraaf klink vanselfsprekend, maar ek het al gehoor hoe Nuwe Ateïste op internet-forums ‘n vloermoer gooi oor hulle nie “met Bybelversies bestook” wil word nie. Die ongelowige wat hierdie beswaar maak, bring egter self die Bybel as onderwerp in.)

 

Die Bybel vertel redding gebeur slegs deur Jesus. (1)

Dieselfde Bybel vertel ook dat party mense wat voor Jesus geleef het, bv. Abraham, klaarblyklik gered is.(2) Redding deur Jesus gebeur dus ook met party mense wat nie vir Jesus kon aanneem nie.

Jesus erken bekerings in Ninevé, al het die mense daar nie van Hom gehoor nie. (3)

Jesus noem dat dit op die oordeelsdag beter met Sodom en Gomorra sal gaan (wat nooit Jesus geken het nie) as met party van sy Joodse hoorders (wat Hom kon ken en kon volg, as hulle wou). (4) Hy vertel ons nie presies wat Sodom se lot sal wees nie, maar dit sal beter wees as Kapernaum s’n. (Sodom se mense is, anders as Ninevé s’n, verlore. Maar God oordeel nog steeds regverdig deurdat Hy meer genadig op hulle sal wees as op Betsaida, Gorasin en Kapernaum(5) se mense. En hierdie meer genadig gee ook die idee dat daar grade van straf in die hel (6) is.)

 

My gevolgtrekking is dat die Bybel oor die algemeen, en Jesus spesifiek, nie almal verlore noem wat geen kans gehad het om Hom te kies nie. Hy noem diegene wat Hom kon kies, en nie wou nie, verlore.(7) Hy noem diegene wat Hom gekies het gered.(8) Die Bybelse leidrade gee die idee dat God regverdig en genadig oor die ander mense sal oordeel ook. 

 

Die Bybel noem nie presies hoe God gaan oordeel oor kleintjies wat as babas dood is nie. Maar Jesus kon met mense so divers soos Abraham; die mense van Ninevé, en die mense van Sodom, hulle onkunde oor Jesus in ag neem. Hy kan dit met babas en verstandelik gestremdes ook doen. Dieselfde geld vir mense wat nooit die evangelie hoor nie. God het genoeg wysheid, genade en regverdigheid om hierdie probleem te hanteer. Ons hoef nie hoofbrekens daaroor te hê nie. Ons hoef nie te dink hy is onregverdig oor Hy nie vir ons presies vertel het wat Hy gaan doen nie.

 

———————

(1) Joh. 14:6; Hand. 4:12

(2) Rom. 4:22, Luk 16:23;

(3) Matt. 12:41

(4) Matt. 10:15; 11:24

(5) Matt. 11:23

(6) Lees ‘n motivering vir grade van straf in die hel by http://www.rationalchristianity.net/hell.html , onder “Degrees of punishment”

(7) Matt. 11:23; Joh. 12:48; 2 Kor. 4:3-4;

(8) Rom 1:16-17; Heb 7:25