Tag Archives: vryheid

Casper de Vries glo nie in vryheid van spraak nie

My naam is Uys de Vos……
Oor die jare het ek enkele van Casper de Vries se vroeëre DVD opnames gesien. Dit was hier en daar so bietjie skurf maar het nogtans as uitstekende vermaak afgegaan. Op Vrydagaand 22 Oktober het ek sy vertoning, “GAAN GROOT” in Swakopmund bygewoon. Dit was in ‘n redelik beknopte tent en ons het doer ver in die hoek gesit. Dit was moeilik om uit te loop, wat ook maar ‘n besturing was, anders het ek nie die hele spektakel deurgewurg nie en het dit my nie genoeg gewalg om ‘n brief vir hom te skryf. Hy het gevloek dat ‘n matroos sou bloos. Noem dit….hy sê dit. Ek was werklik skaam dat mense my daar gesien het.
Die inhoud van my brief aan hom was nogtans hoflik en glad nie beledigend nie. Dit het onder andere die volgende aangespreek:
“Jy is ‘n goeie komediant en hoef nie so verskriklik te vloek om snaaks te wees nie”
“Om die Here se naam ydelik te gebruik breek eerder die humor af as om dit op te bou”
“Die vloekery onder ‘n vrou se rok in (en erger) is swak smaak en totaal onnodig”

Casper se reaksie is hier onder, vetdruk myne, sterretjies myne:

From: “CJ De Vries”
To: Uys de Vos
Sent: Saturday, October 23, 2010 5:13 PM
Subject: Briefie
Jy moet leer om ander mense se sienings te respekteer en as ek wil spot met n groot pot k** waarin jy onwrikbaar glo is dit my reg. Dis jou reg om uit te stap, maar dis NIE jou reg om jou vet Christenvinger onder my neus te druk en rond te swaai nie. Jou briefie is vreeslik 1986 , jy is agter die tyd en onvolwasse. Leer redeneer en wyer dink. Ek skaam my vir julle vrot Christene!

Met ander woorde, Uys moet ander se sienings respekteer, maar Casper mag ander se sienings ‘n pot k** noem. En Casper het die reg om te vertel wat hy wil, selfs van ‘n verhoog af, maar Uys de Vos het nie die reg het om te vertel wat hy wil nie, nie eers in ‘n brief nie. As Uys vertel wat hy wil, is dit “‘n groot vet Christenvinger onder my neus druk.” Aldus Casper.

Waarom gun die soort mens wat anti-geloof is (iemand se geloof as ” ‘n groot pot k**” sien), nie vir ander mense ook vryheid van spraak nie?

Advertisements

Gun gelowige regeerders of ongelowiges mens meer vryheid? (Op Judith se aanvraag)

Judith vra my om hierdie as ‘n nuwe draad oop te maak. Sy begin goed, deur seker te maak waar ons gemeenskaplike grond het:

Van wat ek tot dusver gesien het, stem ons saam oor ‘n paar baie basiese goed. Die eerste is geloofsvryheid. Uit ons almal se skrywe blyk dit ons glo almal mense behoort nie vervolg te word vir hulle geloof nie. In hierdie konteks verwys die woord ‘geloof’ gewoonlik na ‘n hele geloofstelsel (ie Christen, Moslem, atheis). Ek ons is dit eens dat mense toegelaat moet word om die geloofstelsel van hul gewete aan te hang. So atheistiese Stalin was verkeerd in sy vervolging van gelowiges, en die vervolgings van die Waldense en Jode en Protestante en Anabaptiste etc in Europa (of dit nou deur Christene gedoen is of nie – dis ‘n aparte onderwerp) was verkeerd.

‘n Tweede ding wat ons mee ooreenkom hou verband met die eerste, maar dis nie presies dieselfde nie. Ons voel dat, ook as dit by spesifieke beliefs kom, selfs al is dit baie aaklige beliefs (soos: Amerikaners is almal sondige heidene en hoe meer van hulle in tereur sterf hoe beter), iemand nie vervolg kan word indien hy/sy nie optree daarvolgens nie. Muller se verwysing na Minority Report is uiters gepas hier.

Derdens dink niemand van ons dink geweld in die naam van geloof is aanvaarbaar nie – maw ons stem saam die persoon wat die belief hierbo (oor tereur) aanhang, is immoreel.

Is ons nog almal saam hier?

Tot dusvêr tel ek nog nie probleme op nie, Judith. Miskien kan ons net daardie lysies van Stalin (20 miljoen slagoffers vir hulle Christenskap) aan die een kant en vervolgings van Waldense en Jode en Protestante aan die ander kant met regte syfers aanvul, en nog vervolgers. Maar dis aanvulling, nie argument nie.

Ok, kom ons kyk na waar ons waarskynlik begin verskil. Dit lyk my, Retha, dat jy en Muller die skeiding van kerk en staat wantrou. Ek wil net mooi verstaan wat jy sien hoe die verhouding tussen kerk en staat ideaal moet lyk.

Die staat moet die kerk op geen manier beperk of beheer nie, tensy die kerk die wet wil oortree. As ‘n groep paganiste byvoorbeeld ‘n mens-offer sou wou bring soos hulle antieke voorvaders, dan wil ‘n godsdiensgroep die wet oortree. Staatsamptenare moet ewe vry as enigiemand anders wees om hulle geloof te beoefen, en selfs by die werk as ‘n groep te bid as hulle sou wou.

Ek lei af jy wil hê die staat moet eksplisiet sy wetgewingsbasis bou op die Christelike Bybel. So as ons parlement bv wetgewing oor handeldryf op Sondae, egskeiding, dobbel, aborsie of gay verhoudings ter tafel het, moet hulle hulleself amptelik (maw, nie net in die lede se privaat morele oortuigings as Christene nie) wend tot Bybelse riglyne aangaande sulke sake. Mens kan amper sê die Bybel word ons grondwet; alle wette word gemeet aan die standaard wat die Bybel daar stel.

Freedom!
Nee. Die regering moet so klein as moontlik wees, en so min as moontlik wette hê. Wette moet beperk wees tot wat die oorgrote meerderheid mense in ‘n samelewing kan aanvoel as reg. Wette oor moord en verkragting en diefstal sal byvoorbeeld daar wees. Die siviele hof sal mense by ooreengekomde kontrakte hou. Oor die res moet die gewone mens self kan besluit.
Wat skolering spesifiek aanbetref, neem ek aan jy hou van die stelsel min of meer soos dit onder Christelik Nasionale onderwys gewerk het, maw regeringskolering is eksplisiet Christelik. Praktiese gevolge hiervan is dat die kurrikilum ‘n Bybelklas insluit, skole open en sluit met skriflesing en gebed, sportspanne bid met wedstryde, etc – en daar word verwag dat onderwysers, kinders en ouers betrokke moet wees by sulke gemeenskaplike Christelike aktiwiteite. Is ek reg dat dit die tipe stelsel is wat jy graag sou wou sien?

Wat skole betref, soek ek ‘n stelsel waar die regering glad nie baas speel oor onderwys of onderwysers aanstel nie. Dis ongelowiges soos Madelyn Murray O’Hair en die Afrikaanse Vrye Denkers Beweging wat (godsdiens)onderrig in skole wil reguleer en by wette wil laat inval, nie ek nie. Die ouers stuur die kind na die skool wat hy wil, en ouers is klante wat met die onderwyser en skoolhoof as diensverskaffers praat oor of hy sy kinders in ‘n Bybelklas wil hê, of hy gebed by saalopening wil hê, ens. ‘n Bybelonderrig-klas wat by die kurrikulum ingesluit word, ongeag of enige onnie entoesiasties is om dit te leer of nie, is in elk geval ‘n vrygtelose idee- baie min kinders het iets geleer as kind in Bybelonderrig op skool.

Indien wel, hoe sien jy die rol van andersgelowiges in so ‘n stelsel?

Hulle het die volste reg om te leef soos hulle wil solank dit binne die minimale wette bly. Hulle kan ook hulle eie skole vir hulle kinders begin, of met die skoolhoof onderhandel om hulle kinders uit te sluit uit sekere aktiwiteite. Eweneens kan ‘n lid van ‘n Christen-minderheid in bv. ‘n Hindoe-omgewing dieselfde onderhandel vir hulle kinders met ‘n Hindoe- skoolhoof en merendeels Hindoe-onderwysers.

Hoe gemaak met internet-trolle?

As jy ‘n ou hand op die internet is, ken jy dit seker:

 Jy begin deelneem aan ‘n blog of forum waarvan jy hou. Daar daag later iemand op wat gruwelik beledigend is, of ellelange poste vol twak praat, of op ‘n ander manier net die blog of forum se hele karakter verander. Dalk het só iemand al by jou blog opgedaag. Wat nou gemaak? Hoe maklik mag mens iemand blok, sodat sy kommentare nie kan verskyn nie?

 

Jy mag dalk selfs ‘n etiese probleem hê met die saak: Die soort trolle wat jou forum of gunsteling-blog binneval, het natuurlik ook vryheid van spraak. Beperk jy iemand se vryheid van spraak as jy hom jou blog verbied? Beperk ‘n forum-moderator die trol se spraakvryheid as hy dit doen?

 Ek sien die saak só: Veronderstel ek skryf ‘n brief aan Huisgenoot/ Vrouekeur/ watter tydskrif ookal, met die idee dat dit op hulle brieweblad verskyn. Hulle kies om dit nie te publiseer nie. Hulle het dan nie my spraakvryheid belemmer nie. Hulle het bloot nie vir my ‘n mikrofoon geleen nie.

Dieselfde met enige ander publikasie: Mens kies wat jy in jou publikasie wil hê. Om te kies wat jy wil publiseer en wat nie, is deel van jou vryheid van “spraak.” As jou publikasie ‘n blog of ‘n forum is, waarom moet die reêls anders wees? As iemand jou blog lelik maak, blok hom as jy so voel, sê ek. Dis jou blog, jy het begin blog oor jy dit geniet. Moenie dat jou lesers/ kommentaar-leweraars heeltyd in irriterende twak vaskyk nie.  En as iemand jou gunsteling-forum lelik maak, moenie sleg voel as jy die moderator vra om hulle te verban nie. Spraakvryheid kom nie in gedrang nie. Dis debateerbaar of “Oopkop luister” in die gedrang kom.

 

En as jy geblok word iewers? As jy nie jou opinie op ‘n bepaalde koerant of blog of forum mag sit nie? Dan beoefen jy jou vryheid van spraak elders. Ons in die blogosfeer kan in elk geval nie maklik stil gemaak word nie.

 

trollWat dink julle? Hoe maklik moet/ mag mens iemand blok? Wat is swak/ eties onaanvaarbare redes om iemand uit te blok? Waarvoor sal jy iemand nie meer op jou blog toelaat nie? Het jy al mense gekeer om aan jou blog deel te neem? Moes jy al inskrywings uitvee?

Werkgewers is ook mense!

 

Die hof het onlangs besluit dat die NG gemeente Moreletapark onbillik teen die musiekdosent Johan Strydom gediskrimineer het toe hulle sy mondelingse kontrak beeindig het. Dit het hulle natuurlik gedoen na hulle uitgevind het hy bly saam met ‘n man.

Prof. Piet Strauss, moderator van die NG Kerk, het geantwoord dat ’n kerk die vryheid moet hê om gedragsreëls, gegrond op die Bybel, vir sy personeel en lidmate neer te lê. “Hoe kan die kerk Bybelgetrou bly en terselfdertyd die mensgemaakte grondwet van die land kan nakom? Hoe ver kan ’n hof in intern-kerklike sake inmeng?” het Strauss gevra.

En dis vir my die issue! Binnekort sal kerke seker van diskriminasie aangekla word as hy enigsins gedrag-standaarde vir sy werknemers wil opstel.

Hy sal gays en rondslapers en geldvrate en wie ookal moet aanstel, want die grondwet beweer mens moenie diskrimineer nie.

Die kerk moet die reg behou om aan te stel wie by sy beleid inpas. Ek vra nie spesiale regte vir die kerk hier oor hulle anders is nie. (Mens kan. Ek verstaan hoe die kerk anders is.) Ek vra die reg om aan te stel wie jy wil, en wie jy dink vir jou organisasie goed is, vir almal.

·                    Die gym moet die reg hê om eerder skraal as vet mense aan te stel, bloot oor eersgenoemde beter by hulle beeld inpas.

·                    ‘n Portugese sakeman in SA moet die reg hê om voorkeur te gee aan ‘n Portugees om een van sy winkels te bestuur, bloot oor die Portugees beter met die baas kan kommunikeer.

·                    ‘n Klub vir lesbiërs moet die reg hê om te adverteer vir ‘n vrou, eerder as man, om in die kroeg te werk.

·                    Die plaaslike ANC-tak moet die reg hê om ‘n boekhouer wat ANC-gesind is aan te stel, eerder as een wat Vryheidsfront wil stem.

·                    Kerk-denominasies moet op dieselfde redenasie die reg hê om nie gays, of vroue, in sekere poste aan te stel nie as hulle glo dis teen hulle waardes. (As gays of vroue dan voel die gemeente is verkeerd daaroor, moet hulle die gemeente oortuig om anders te dink oor die saak. Hulle moenie die kerk wetlik dwing om teen sy gewete te gaan nie.)*

Die grondwet moet nie die reg hê om vir mense voor te sê wie hulle in hulle organisasie moet aanstel nie. Die vraag is nie of ek of die grondwet dink dat ‘n besigheid/ kerk se besluit reg is nie. Die vraag is watter reg het die regering om in te meng met wie organisasies aanstel? Dis – letterlik- nie hulle besigheid nie.

Die regering beskerm nie hier die reg van individue (mense) teen dooie organisasies nie. Hulle gee een mens (die potensiële werknemer) ‘n eis teen ‘n ander mens of groep mense (die werkgewer.)

______________

* Naskrif: Moenie hieruit aflei hoe ek voel oor gays en oor vroue in die kerk, of dat ek eenders voel daaroor nie. Hierdie pos gaan oor regte wat ek glo elke organisasie se mense moet hê, of ek nou met hulle doelwitte saamstem of nie.

What about me? No! What about you?

Gister hoor ek ‘n ou liedjie van William Blackrose wat die volgende woorde as deel van sy koor het: “What about me, what about me, what about me? I’ll be standing in the summerlight here. What about me, what about me, what about me?” En elders in dieselfde liedjie: “Love wil be there to set us free.”

Ek kan saamstem dat liefde vrymaak. En as dit Christelike liefde is waarvan gepraat word, is die vernaamste ding waarvan dit mens vrymaak die begeerte om net heeltyd “What about me” te vra.

Love will be there to set us free. Free from asking “What about me, what about me?”