Tag Archives: wetenskap

Die Bybel en wetenskap – The good, the bad, the ugly

Goed: As ‘n koerantberig die hoofopskrif het: Gelowiges hoef nie hul verstand te begrawe om te kan glo nie.

Sleg: As daardie berigskrywer se eerste bewering, na haar verdediging van Adrio König, is:

Die Bybel is immers ’n prehistoriese boek.

Die definisie van prehistories is: Die tydperk voor geskrewe geskiedenis. Daar is per definisie geen geskrewe rekord van prehistoriese tye nie. ‘n “Prehistoriese boek” kan nie bestaan nie.

En iemand wat beweer dat die Bybel prehistories is, beweer ook heeltemal verkeerdelik dat skrif en geskiedenis nog nie bestaan het in Jesus se tyd nie. Die Bybel is nie eers ‘n boek nie- dis 66 boeke.

Lelik: Radikale foute in daardie artikel oor hoekom Galileo in die moeilikheid beland het – die kerk het byvoorbeeld geensins geglo in ‘n plat aarde wat op 4 pilare staan in Galileo se era nie. (Daardie idee is al eeue voor Christus nie meer geglo nie.)

Ten minste erken Elrita “Onskuldige gelowiges is nie oningelig of onintellektueel nie”…

Lewe in die laboratorium “geskep”- moenie oorreageer nie

Dr. Craig Venter vertel dat hy onlangs lewe in ‘n laboratorium geskep het. Volgens hom:

 “Our cell has been totally derived from four bottles of chemicals” 

Wat is die waarheid oor sy sensasionalistiese verkoopstorie?:

 1) Dr. Venter was ‘n intelligente ontwerper wat die regte goed bymekaar gesit het.

2) Venter se “four bottles of chemicals” is die 4 basisse van DNA – adenine (A), cytosine (C), guanine (G) en thymine (T).*

3) Venter het die bottels chemikalië laat reageer deur ‘n lewende materiaal -gis- te gebruik.

4) Hy het dit toe ingeplant in ‘n bakterie-sel waarvan die kern uitgehaal is.

Lewe (Craig Venter) het dus ‘n nuwe lewende selvorm “gemaak” deur lewe(gis) as meganisme te gebruik, en lewe (‘n bestaande bakterie-sel) as deel van sy nuwe sel. Hy het ‘n ander sel gemaak uit een sel, is dit God speel? Bewys dit dat God nie nodig was vir lewe om te ontstaan nie?

My antwoord op beide vrae sal “nee” wees.En veronderstel dat iemand wel eendag uit ‘n paar bottels chemikalië -nou bedoel ons chemikalië soos koolstof en suurstof, nie die komplekse DNA-basisse nie-, en niks anders nie, ‘n lewende sel sou skep. Sou dit dan ‘n rede wees om te glo dat God nie nodig is nie?

Dit sal nie wees nie. As die maker van daardie lewensvorm God wil speel, moet hy sy eie bottels chemikalië maak – uit niks. Bede van Bedes Library stel dit beter waarom die skep van lewe in ‘n laboratorium nie ‘n argument teen God kan wees nie:

… I expect that under the right conditions, life is going to be a dead cert. Why? Because we know God created this universe precisely so that it should have sentient life in it. So life is built into the very fabric of the cosmos – it is the very thing that the laws of physics were designed to produce. How much more amazing that God’s work makes the utterly improbable, absolutely certain. Philosophically, I think that we Christians do science and indeed love it because it tells us so many wonderful things about God’s great creative work. So, when scientists find out how life started (which I expect them to do) far from being a victory for naturalism, it will be the final nail in the coffin of the preposterous idea that this universe wasn’t specifically put together so we could grow and live in it.

———–

*Engelse name vir die 4 basisse is behou, al is hierdie artikel Afrikaans.

 

Speel Craig Venter hy is God? (‘n Gediggie)

Die Amerikaanse bioloog Craig Venter reken dat hy ‘n sel ontwerp het, volgens hom mensgemaak:

Godsdienstige fundamentalis: Hy ontwerp ‘n sel? Hy speel God, hy hoort in die hel!
Ateïstiese fundamentalis: Hy ontwerp ‘n sel? Daar is geen God, dit bewys dit nou wel!

Maar Venter speel en bou en timmer aan lewe
om selle aan te pas en te las, is waarna hy strewe.
Hy verander bestaande selle, mens noem dit genetiese manipulasie.
Gelowig of ongelowig, moenie oorreageer op die situasie.

Evolusie: Glo wat bewys is, sê Perry Marshall

 Perry Marshall is ‘n ingenieur wat glo in ‘n deel van die evolusieteorie. En in ‘n ander deel nie. Die res, sê hy, is nie wetenskaplik waar nie.In “7 Biology Myths an Electrical Engineer Would Never Tolerate” lys hy ‘n paar mites oor die saak. Aan die uitgebreide kommentaar onderaan lyk dit of ingeligte lesers nie sterk met hom verskil nie.

Hier is ‘n uittreksel:

To the average biologist and to the average man on the street, it [Random mutations occasionally conferring a benefit to an organism; natural Selection filtering out the harmful mutations, causing species to evolve] sounds perfectly plausible. And I fully understand why people believe this.

But I’m an EE. I know that the information in DNA is a signal. By definition, random mutations are noise.

Telling a communications engineer that adding noise to a signal sometimes create new, useful data structures is… absurd! You’ll be hard pressed to find any communications engineer who, upon examining this claim, would agree with it. Have you ever had a data glitch on your computer that improved your files? Ever?

There is not a one single principle or practice in engineering that would ever suggest that this is actually true. All the Natural Selection in the world is powerless without a beneficial mutation. And you’ll never get a major benefit from accidental copying errors.

The mutations that drive evolution are systematic and directed, not accidental.

En hier is ‘n stukkie Perry Marshall- kommentaar, oor ‘n vraag of Intelligente ontwerp in ‘n wetenskap- klaskamer hoort.

Great question, should the origins debate be considered in science class, or in a history or philosophy class?

In the origins debate, if we carefully and strictly limit the discussion to that which can be scientifically, empirically proven – and not just anecdotal historical evidence – then both sides have astonishingly, precious little to present.

Seriously, whether you talk to a creationist or an evolutionist or anyone in between, 99% of their arguments are anecdotal, not genuinely empirical and scientific (though they still may be logical). And some of the best logical arguments available are inductive, not deductive. So maybe it belongs in a history or philosophy class.

What does belong in a science class is a careful analysis of what is empirical vs. what is anecdotal – a truly skeptical survey of all the evidence, showing that nearly all of it is anecdotal would be quite surprising for most students.

Skepticism cuts both ways, you know.

Ek gaan nie voorgee om naastenby soveel soos hy van die saak te weet nie, maar kom ons onderskei in wetenskap tussen wat bewys is – en wat nog nie bewys is nie.

————

Naskrif: Kritiek op Marshall se idees kan gerus op sy blad gegee word, in Engels.

Ander naskrif: Sien my blog-argiewe vir hoekom evolusie nie geloof verkeerd bewys, of Jesus onnodig maak nie.

Ek sien “foute” in die Bybel! Wat nou? Deel 2 – ‘n Strategie om te weet wat die Bybel leer

 Vervolg van hier.

In die eerste deel hiervan het ons gekyk na die saak wat meer belangrik as Bybelse foutloosheid is. Dis natuurlik ‘n voordeel as gelowiges glo dat die Bybel onfeilbaar is. Dit maak leer van God soveel makliker. Maar hoe kan ‘n gelowige eerlik toets of iets in die Woord, wat vir hom onwaar lyk, waar is – of nie?

 Wat doen ‘n gelowige as dit lyk of die Bybel iets onwaar sê?

 Daar is twee soorte mense wat foute in die Bybel raaksien: Die eerste soort dink dat hulle slimmer as die Bybel is en dat hulle sopas iets in die Bybel verkeerd bewys het. (Dis natuurlik nie vanselfsprekend dat die res van die Bybel ook verkeerd is, as daardie ding verkeerd is nie. En nog minder dat dit, soos die skrywer wat ek in die eerste deel aanhaal beweer, geskryf is “om mense te manipuleer.” Die denkende mens sal nie val vir daardie skrywer se redenasie nie.)

 Die tweede soort mens dink dat die Bybel slimmer as hulle is en dat hulle sopas iets in die Bybel gesien het wat hulle nog nie verstaan nie. Dit wat in ons beperkte begrip na ‘n fout klink, is nie noodwendig ‘n fout nie. Jy verstaan byvoorbeeld dalk nie hoekom die Nuwe Testament van God se enigste Seun praat, en later van baie kinders van God nie. Wel, die meer letterlike vertalings praat van God se eniggebore (“only begotten”) Seun -Sy enigste biologiese kind- en alle vertalings praat van hoe God baie mense aanneem tot kind. Een biologiese kind en baie aangenome kinders is nie teenstrydig nie.

Nou ja, die soort mens wat glo dat hy alles weet, leer niks nuut nie. Die een wat reken dat hy dalk nie alles weet nie, sal darem luister en so nou en dan iets nuuts leer.

 Hoe leer die gelowige wat ‘n teenstrydigheid of probleem teëkom in die Bybel dit wat hy nog nie verstaan nie?

 1) Kyk wat presies die Bybel regtig sê.

As jy dink aan of hoor van iets in die Bybel wat nie reg klink nie, lees presies, uit die Bybel self, wat die Bybel regtig in daardie vers en om dit sê.* As jy bv. iets onwetenskaplik sou sien in die raad wat Job se vriende hom gee – God self het Job se vriende se raad afgekeur. Die woorde van Job se vriende is nie die Bybel se boodskap nie.

Heelwat Bybelprobleme kan opgelos word deur net die Bybel se gedeeltes oor die saak te lees. Byvoorbeeld: Hoekom praat die ou Testament van “ ‘n oog vir ‘n oog, ‘n tand vir ‘n tand, ‘n lewe vir ‘n lewe?” en Jesus keur ” ‘n oog vir ‘n oog, ‘n tand vir ‘n tand” af? Jy het nie eers nodig om te weet van rituele wetgewing wat in die Nuwe Testament nie meer tel nie om daardie een te verstaan nie. As jy die relevante dele lees, sien jy dat eersgenoemde van die Israelitiese regstelsel in die Ou Testament praat. ” ‘n Oog vir ‘n oog, ‘n tand vir ‘n tand, ‘n lewe vir ‘n lewe” was die regte vonnis vir moord en party soorte aanranding. Wanneer Jesus in die Nuwe Testament dit noem, vertel hy nie regters om anders te vonnis nie. Hy praat met gewone, wraagsugtige mense. Jesus wys uit dat hulle blitsvinnig daardie vers aanhaal om hulle wraaklus te regverdig- en Hy is daarteen.

 2) Gebruik naslaanbronne

 As jy ‘n teenstrydigheid in die Bybel teëkom, beveel ek jou aan om die drie naslaanbronne in die 2de paragraaf van hierdie artikel se deel 1 te gebruik.

 As dit ‘n ander soort fout is, of as daardie bronne nie werk nie, probeer om te kyk wat ‘n soekenjin daarvan sê. Tussen die hele liggaam van Christus wêreldwyd is daar sekerlik mense wat al voor jou oor jou probleem gedink het. Veral in Engels is daar talle bronne beskikbaar oor byna alles wat met geloof te doen het. Gebruik die soekterme “apologetics” en jou probleem in Engels, byvoorbeeld “apologetics one Son of God many sons of God.”

 3) Vra iemand wat die Bybeltale ken

 Vra jou predikant. As hy Grieks (Die oorspronklike taal van meeste van die Nuwe Testament) en Hebreeus (Die oorspronklike taal van meeste van die Ou Testament) ken en jy nie, is die kanse alreeds goed dat hy iets sal verstaan van die gedeelte, iets wat nie maklik vertaal nie. En selfs as sy veeltaligheid nie die antwoord gee nie, is die kanse goed dat hy meer bronne tot sy beskikking het as jy.

 4) Onderskei feite van spekulasie

Met dinge waar dit lyk of die Bybel en wetenskap mekaar weerspreek, moet jy eers kyk na die aanvaarde Earth rotating face we see away from sunwetenskapfeite – nie spekulasie nie. Daar was byvoorbeeld ‘n tyd wat mense gespekuleer het die “steady state theory” is dalk reg, dat die heelal nie ‘n begin gehad het nie. Daardie tyd het mense gespekuleer dat Genesis 1:1 – “In die begin het God die hemel en die aarde geskape” – nie wetenskaplik waar kan wees nie. Vandat die Big Bang teorie ingekom het, is daardie stuk kritiek grootliks op ‘n einde. As jy weet of iets wetenskapfeit of wetenskapspekulasie (geskiedenisfeit of geskiedenis- spekulasie is), kyk jy wat die beste moontlike Bybel-interpretasie is. Byvoorbeeld, in Josua staan die son en maan het stil gestaan om ‘n lang dag te maak. Tegnies, weet ons, sal dit nie die son nie, maar die aarde wees wat moet ophou roteer vir ‘n lang dag. Maar is “kyk, dis verkeerd!” die beste interpretasie? Selfs vandag nog praat ons van ‘n mooi sonsondergang, terwyl die son nie regtig ondergaan nie. “Sonsondergang” of “die son het nie ondergegaan nie” is ‘n waar idioom, maar nie ‘n letterlike waarheid nie. Die Bybelskrywers lieg nie, en die Bybel is nie onwaar, as die Bybelskrywers in hulle eie idioom eerlik vertel wat hulle gesien het nie.

——————–

 Naskrif: Sien ook Do the Facts Matter? vir Greg Koukl se perspektief oor skrif-foutloosheid. Hy reken dis waar, maar werklik nie die belangrikste ding om te verdedig nie.

* Dalk is hier iemand wat nou vra “en hoe weet ek waar in die Bybel om ‘n gedeelte te kry?” Wel, leer om ‘n konkordansie te gebruik, dis iets soos ‘n woordeboek. E-sword is ‘n gratis konkordansie wat jy op die Internet kan opsoek en aflaai. (Ander onderwerp: Dit is ‘n vreeslike tragedie dat iemand deur hoërskool-Sondagskool of kerk-jeugbyeenkomste kan gaan sonder om ‘n konkordansie te leer gebruik. As jy by tienerwerk betrokke is, probeer asseblief om hulle ten minste die gereedskap te gee om die Bybel te verstaan. En dit sluit hoe om ‘n konkordansie te gebruik in.)

Oor skeptisisme en sosiale wetenskap, religie en ruimtereise

Science flies man to the moon. Religion flies man into buildings.

Ons kan gerus skepties wees oor sulke slagspreuke. Die eerste probleem met daai stelling is natuurlik dat wetenskap (en tegnologie) mense wel in geboue invlieg, in presies dieselfde opsig as wat wetenskap (en tegnologie) mense maan toe vlieg. Dis wetenskap wat die mens laat vlieg het, wat uitgewerk het dat ‘n gebou deur ‘n vliegtuig vernietig kan word. Wetenskap verskaf die tegnologie en vermoë vir albei.

En politiek is ‘n vername rede waarom albei hierdie dinge gebeur het: Die eerste maanreise was tydens die koue oorlog ‘n (baie duur, vir die belastingbetaler) manier van spiere wys, en 9/11 gaan oor politiese sake soos die verdrukking van die Palestyne, asook die Amerikaanse en Britse steun aan Egipte en Saudi-Arabie. Alle oorloë word deur politiek en regerings veroorsaak, maar die oorgrote meerderheid oorloë het nie godsdiens onder die oorsake nie.
Waarom kry wetenskap eer as iemand op die maan land, maar kry hy nie nie skuld as iemand hom gebruik om atoombomme te maak of vliegtuie in geboue vas te vlieg nie? As jy wetenskap bedank vir die “goeie” dinge waartoe hy die vermoë gee, moet jy hom mos kritiseer vir die slegte dinge waarvoor hy die vermoë gee?

 

Wetenskap is nie iets om te verafgod nie.Wetenskap kan fantastiese of aaklige gevolge hê. Wetenskap alleen kan ons nie in ‘n utopia inlei nie. Om onkrities lof aan wetenskap te gee, is ‘n vorm van scientisme, ‘n religie wat teen alle rasionaliteit ingaan. Die regte gesindheid in die mens is nodig om wetenskap, of watter nuttige ding ookal, reg aan te wend.

Almal weet die aarde is rond

Almal weet die aarde is rond. Ons bedoel nou bolvormig rond, nie rond en plat soos ‘n CD nie. Wel, nou ja, behalwe vir die paar wat aan plat aarde-verenigings behoort. Maar hoe weet ons dit? Hoeveel van ons het dit al persoonlik beleef? Wie van ons was al af van die aarde om die rondheid te sien? Wie van ons was al om die aarde, en as jy al om was, het jy regtig seker gemaak dat jy nie van koers verander het nie? Op die ou end weet meeste van ons die aarde is rond, want ons glo die mense wat dit vir ons vertel.

Die vorm van die aarde is nie ‘n nuwe ontdekking nie. In die 6de eeu voor Christus het Pythagoras al vertel dis rond, en teen die 3de eeu voor Christus het geen opgevoede mense meer in ‘n plat aarde geglo nie. Voor dit het mense allerhande snaakse idees gehad soos dat Atlas die aarde op sy skouers dra, of dat dit op pilare staan. (En waarop staan Atlas/ die pilare?????) Die koms van die Christendom het niks verander daaraan nie- verwysings daarna (heelwat geskrifte van die Christendom het oorleef) in die geskrifte van die vroee, middeleeuse en moderne Christendom wys dat hulle die sferiese aarde as vanselfsprekend aanvaar het. Thomas Aquinas, ‘n 13de eeuse priester en vandag nog beskou as die grootste denker van sy era, noem dit bv. ‘n voorbeeld van ‘n deeglik bewese feit.

Party mense reken die Bybel het al geweet die aarde is rond voor die Bybel se menslike skrywers dit sou weet. Job 26:10 sê byvoorbeeld:

“He has inscribed a circle on the surface of the waters, At the boundary of light and darkness.” *

Dit verwys glo na hoe dit tegelyktydig dag en nag op verskeie dele van die aarde, elk ‘n ronde deel, kan wees, as gevolg van die aarde se vorm.
En hier is Jesaja 40:22

God het sy troon bokant die hemelkoepel, …*

(Mense soos die navorsingswetenskaplike Rich Deem maak, op grond van dinge soos bogenoemde verse, die argument dat die Bybel se verstommende wetenskaplike akkuraatheid, eeue voor die mense dit sou weet, ‘n argument vir die Bybel se betroubaarheid is. )

Party mense dink dat Galileo in die moeilikheid beland het oor hy ‘n ronde aarde aan ‘n plat-aarde wêreld en kerk verkondig het, maar dis onwaar. Hy het verder gewerk aan Copernicus, ‘n priester, se idee dat die aarde om die son draai. (Die pous, ingelig in die wetenskap van die dag, het met hom daaroor gepraat en hom gevra om ‘n boek te skryf wat die saak, insluitende probleme in sy argument, van alkante belig. Hy skryf toe ‘n boek wat allesbehalwe neutraal is en waarin hy die pous beledig. Sy boek is verban, en eers ontban toe ‘n ander pous aan bewind gekom het. Hierdie verbanning het duidelik nie net oor die tema of wetenskap in die boek gegaan nie, want Copernicus se boek oor dieselfde tema het toe reeds 70 jaar lank sonder probleme gesirkuleer.)

Dit word ook soms in geskiedenis verkondig dat Christopher Colombus die aarde rond wou bewys, en op reis gegaan het met ‘n klomp matrose wat bang was hulle sou afval by die kant van die aarde. Daar is selfs ‘n fiktiewe verhaal wat beweer dat Colombus moeilikheid met die Inkwisisie opgetel het. Eintlik wou hy die bekende wetenskaplike feit van die aarde se vorm gebruik om nuwe handelsroetes te vind. Colombus wou wetenskaplike kennis omskep in wins.

Nou waarom sou mense mites verkondig soos dat Colombus en Galileo probleme opgetel het met ‘n oningeligte, anti-wetenskap, plat-aarde kerk? Een standpunt is dat dit ‘n doelbewuste poging is om ‘n vals verhaal te skep, ‘n verhaal van ‘n kastige ewige geveg tussen die wetenskap (goed) en die kerk (sleg).Maar mens kan natuurlik enigiemand diskrediteer deur hulle standpunt met ‘n plat-aarde standpunt te vergelyk. Hier word evolusioniste se dogmatiese stellings byvoorbeeld met plat-aarde-aanhangers s’n vergelyk.

(Vir my lyk dit of meeste gelowiges aan God se bestaan soos gemiddelde round earther is. Almal van ons weet daar is redes om te glo aan God. As ons regtig gedink het daar is g’n redes nie, sou ons nie geglo het nie. Nie almal van ons ken die redes ewe goed nie.)

 Miskien herinner hierdie ons net weer dat alles wat ons (dink ons) weet, nie vanselfsprekend aanvaar moet word nie. Ons weet dinge, omdat ander mense hard gewerk het om dit uit te vind. As jy in die 7nde eeu BC geleef het, sou jy sekerlik nie geweet het die aarde is rond nie. Ons het oor talle sake nodig om by ander mense se wysheid te leer. On s kan dankbaar wees teenoor diegene wat voor ons dinge uitgevind het, of selfs, soos bv. Colombus, beproef het.

 —————————————–


*Volgens meeste Bybel-dateerders is Jesaja iewers tussen 739 en 587 BC(Die 8ste en de eeu vC) geskryf. Skattings oor Job verskil van 2100vC tot die 2de eeu voor Christus. (Hier en hier)