Kommentaar Beleid

0) As ‘n veralgemening kan ek sê jy hoef nie te worry nie, meeste deelnemers aan https://gelowigenondersoekend.wordpress.com bly binne die grense hier genoem sonder om dit eers te gelees het. Daar is enkele uitsonderings wat maar die reëls moet ken.

1) As jy wil fout vind, val die idee aan en nie die mens nie.

2) Moenie beskuldigings soos “jy is oningelig” of “jy is verkeerd” maak, tensy jy bereid is om dit te staaf nie. Hierdie is nie ‘n eggo-grot waar almal saamstem nie, maar ons kan almal probeer eerlik wees.

3) Moenie dieselfde ding op baie drade cross-post nie, en probeer by die onderwerp bly.

 

9 responses to “Kommentaar Beleid

  1. Oeps, miskien moes ek eers jou reels gelees het voordat ek my mond so groot oopgemaak het. Ek is nuut op WordPress en tussen die Afrikaanse Bloggers, maar ek leef al jare lank in die “Koninkryk” en dis vir my baie lekker om jou hier te vind.

  2. Nee, man, Ekisanna, ek het nog nooit gesien dat iemand wat nie ‘n antigelowige is my kommentaar beleid oortree nie.(Beginsel 0)
    Lees die kommentare onderaan “herbesin oor saamwoon” en jy sal sien watter soort deelnemer my hoegenaamd ‘n beleid laat opstel het.

  3. Ek stem met Retah saam goeie idee die reels ding dan weet alamal waar hulle staat.

  4. Jy soek dat mense staaf wat hulle sê. Wat is die issue? Dis hulle saak.

  5. Op ‘n lekker ligte gevoelsblog is hierdie reël natuurlik onnodig, Blackie, maar hierdie blog handel grootliks oor bewyse en redes vir geloof en waardes.
    Hierdie saak trek soveel negatiewe, oneerlike kommentaar van ‘n sekere klein minderheid, dat meeste skrywers daaroor geen kommentaar toelaat nie. Ander modereer kommentaar voor dit geplaas word. Sovêr ek weet is ek die enigste apologetiek skrywer in Afrikaans wat vrye kommentaar van enigiemand toelaat, wat eers gemodereer word as die min reels- stawing en by die onderwerp bly -oortree word.
    En waarom maak dit saak?
    Die issue is dat oneerlike mense ander mislei. Teenstanders van geloof maak byvoorbeeld talle vals bewerings oor die kerk, Christendom en Bybel. Dit vat sekondes om ‘n liegstorie te lees, en enigiets van minute tot jare om na te vors of dit waar is. En eerlike lesers dink dalk dis waar, en hulle geloof verswak deur al die negatiewe (vals) dinge wat hulle oor hulle geloof glo.
    Aan die ander kant, as iemand die waarheid praat weet mens beter om dit te glo, wanneer hulle demonstreer dis waar. Stawing leer mens meer.
    Daarom raak ek ontslae van “dodgy” mense wat uitgedaag word om hulle feite of beskuldigings te staaf en dit nie wil doen nie, en volgende keer net nuwe onverdedigbare beskuldigings maak.

  6. NEELS VAN ROOYEN

    GOEIE DAG,GOEIE GEDAGTE MAAR WIL NET IETS SE WANNEER JY JOU EIE REELS MAAK OOR WAT REG IS EN VERKEERD IS VOLGENS JOU PERSOONLIKE SIENSWYSE KAN DAAR NIE IETS REGVERDIGS , EERLIK EN POSITIEF VAN KOM NIE,ONS MOET ALLE PERSONE N REGVERDIGE KANS GEE OM SY SAAK TE STEL,REG OF VERKEERD IN JOU HOPINIE,WANT DIE WAARHEID SAL ALTYD SEEVIER MET DIE WARE GEESTELIKE GELOOF EN KERK SOOS OPGETEKEN IN DIE BYBEL, EN WORD VERWYS NET NA EEN ENKELE GELOOF EN KERK. SO OF JY DIT WIL AANVAAR OF NIE, AS JY SE JY GLO IN DIE BYBEL EN HET DIE GAWE ONTVANG OM DIT REG UIT LE, KAN NIEMAND JOU N LEUNAAR NOEM. DEMOKRATIES BETEKEN VRYHEID VAN SPRAAK EN VERAL AS JY DIE FEITE KAN STAAF.

  7. Ek glo daarin om mense ‘n regverdige kans te gun, ja – met die klem op regverdig.

  8. NEELS VAN ROOYEN

    DANKIE VIR JOU RESPOND,JA WIE BESLUIT WAT IS REGVERDIG OF REG EN VERKEERD IN DIE LEWE EN BYBEL, ALLEENLIK JOU GEWETE WAT DIT VIR JOU AANVAARBAAR MAAK SOOS JY GELEER IS DEUR JOU VOOR GESLAGTE , MAAR DIT SE NIE VERSEKER ANDER MENSE KAN OOK DALK REG WEES EN JY VERKEERD WANT HUL GEWETE VERTEL N ANDER WAARHEID VOLGENS HULLE OPVOEDING,WAT EK PROBEER SE JOU REG EN VERKEERD IS NIE NOODWENDIG DIESELFDE AS MY REG EN VERKEERD OF REGVERDIGHEID NIE.EN DIS EEN VAN DIE GROOTSTE URGUMENTE WAAR OOR MENSE NIE KAN SAAM STEM NIE AL IS HULLE CHRISTENE OF SELFDE AFKOMS.SO DEI WARE TOETS LE DAARIN OM DIE SKRIF AS RIGLYN EN NATUUR TE GEBRUIK AS BEWYS VAN WAS IS EINTLIK DIE WAARHEID WAT ONS ALMAL NA SOEK EN MOET AANVAAR AL GAAN DIT TEEN ONS OPVOEDING,GELOOF EN TRADISIES WAT ONS AL DIE JARE BEOEFEN.EK HET VIR 50 JAAR GESOEK NA FEITE VAN WAARHEID NIE NET BY MY MENSE,KERK OF GELOOF VAN TRADISIES NIE MAAR NAVORSING VIR DIE LAASTE 2 JAAR GEDOEN OP DIE INTERNET EN VERSKILLENDE GELOWE,TRADISIES EN KULTURE EN TALLE BOEKE VAN ATHEIST ,CHRISTENE,DUIWELS AANBIDDERS,BLACK MAGIC EN NOEM DDIT MAAR OP GELEES EN GEDOWNLOAD OM MY OORTUIGING TE MAAK VOLGENS DIE BYBEL WETENSKAP EN ANDER NAVORSING EN BEWYSE EN STANDPUNTE VAN ANDER MENSE INAG GENEEM,EN DIT HET VIR MY N NUWE WERELD VOL VERRSSING OPGELEWER OM DIT TE VERTEL AAN IEMAND ANDERS DIT WAS N SKOK WAT EK NOOITKON GEDINK HET DAT DIT DIE WAARHEID EN MY SIENING EN VERSTAANBAARHEID VAN DIE NATUURLIKE MENS EN GEESTELIKE WAS SO VER VERKEERD EN IS VANDAG AGV SIEKTE TOESTAND AFOPGELOPE 2 JAAR HET EK MEER GELEER AS WAT EK VIR 50 JAAR GEGLO HET WAT REG IS.SOOS HUL SE JY WORD NOOIT TE OUD OM TE LEER NIE.

  9. Aan Ben Biggs, wat soos ‘n traktaatjie praat en op hierdie draad kommentaar lewer, en van wie ek nog nie ‘n eerste inskrywing goedgekeur het nie: Ben, sodra jou bydraes op die onderwerp van die draad waarop jy kommentaar lewer is, sal ek hulle begin publiseer. Jy sien mos dat “bly by die onderwerp” een van my kommentaar beleid riglyne is. Intussen skryf jy vir my traktaatjie- tipe goed wat ek reeds weet, met my kop en my hart. Dankie dat jy oor my siel bekommerd is, maar jy hoef nie te wees nie.
    As jy begeer dat my lesers jou lyste Bybelverse lees, maak hulle as inskrywings op jou eie blog. Maak hier ‘n op-die-onderwerp kommentaar en vul in die kommentaarvorm jou blog se url in. So kry jy ons wat hou van hoe jy hier kommentaar lewer om sommer self jou boodskappe te gaan lees net oor ons wil.

Lewer kommentaar