Monthly Archives: Februarie 2012

Kan ‘n mens te veel Bybel lees?

Nou die dag kry ek hierdie prentjie in my e-pos:

En lees dit op ‘n blog:

Trust me I believe the bible and every word in it. The guy who rejects Gods Word by attacking the Bible will have his just rewards. Many people wonder why men and women love childred and can’t help themselves. They wonder why there is so many so called pedophiles. But know one stop to think that may be that it is normal. I mean obviously God did not object to a man marrying a young girl. As long as you were married the bed was considered undefiled. Even the Christian community has been brain washed by modern society to reject the bibles teaching. Why did God make little girls body’s ready to have a baby at puberty to just not use it. It is no more harmful than touching them on the head. They are tricked into thinking there harmed by society and psychologist who think there smater than God. Are you saying that if a 12 year old can have a baby physically, God made a mistake. The obvious is very clear. God does not object to the marriage of children. I didn’t say the rape and abduction of a child. God set explicit rules about sex. I myself will follow the rules and the laws of the land because I have no desire to be locked up. But these laws really contradict what God intended.

Gee die idioot wat die bostaande geskryf het dalk te veel aandag aan of dinge in die Bybel in soveel woorde verbied word?

Ek het die laaste tyd twee dom argumente gehad oor die Bybel. Die dommigheid is van my kant- niemand wen argumente nie, soos Dale Carnegie uitwys in “How to win friends and influence people.” Wat hulle nog meer futiel gemaak het, is dat een van die twee mans met wie ek gestry het, ene Slabbert le Cornu, reguit erken het (en die ander een glo dit waarskynlik ook) dat hy nie iets by ‘n vrou mag leer nie. Dis dalk teenproduktief om dit hier te erken, maar hulle het ‘n proefteks daarvoor ook: 1 Tim 2:12.*

In elk geval, die argumente begin so: Iemand haal Doug Philips van Vision Forum aan op die Internet, op ‘n manier wat dit laat klink of Doug gewone, goeie gesinswaardes bevorder.

Ek wys uit Phillips se kultus lyk van buite of dit ‘n goeie gesinsvriendelike groep is. Maar van binne is dit ‘n beherende groep wat onder meer

>   volwasse dogters nie toelaat om die huis ongetroud te verlaat of self ‘n trouman te kies nie, hulle pa moet die man goedkeur voor hulle selfs ‘n geselsie mag aanknoop

>   oorlog verheerlik.

>   assosieer met ‘n boek wat vertel dat jy kinders so moet slaan dat dit hulle wil breek. Hierdie boek word met die dood van drie kinders geassosieer.

>   nie egskeiding toelaat in gevalle van kinder- of vrouemishandeling nie;

>   vertel geen Christen-ouer moet hulle kinders skool toe stuur nie (‘n ouer wat nie ‘n goeie tuisskoler is nie verongeluk natuurlik so sy kinders se opvoeding);

Dit maak, so vertel mense wat weet (bv. Cynthia Kunsman hier), vir erg disfunksionele, oor-afhanklike gesinne. In hierdie geval, disfunksionele gesinne met baie kinders, want hulle “Quiverfull” filosofie vertel dat God teen geboorte-beperking is. Ek vertel dan ‘n storie of twee van mense wat sleg gely het daaronder, soos Journey se storie in “Dear happy full quiver-er.”

Wat hulle dan doen is om Bybelverse te begin aanhaal wat pro-patriargie lyk. (Phillips noem sy idees “Christian Patriarchy.”) Soos die “man is hoof van die vrou.” Dan antwoord ek oor hoe die tekste verstaan kan word, en begin ons stry oor die betekenis van tekste.

Ek dink nou dis ‘n verkeerde strategie: Toe die Fariseërs die Bybel gebruik het op ‘n manier wat liefde, geregtigheid, en genade vergeet, het Jesus nie vir hulle nog Bybel gegee nie. Hy het hulle veroordeel oor hulle die belangrike sake vergeet:

“Ellende wag vir julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, huigelaars! Julle gee tiendes van kruisement, anys en koljander, maar wat volgens die wet van God die swaarste weeg, laat julle na: geregtigheid, barmhartigheid en betroubaarheid. Juis hierdie dinge moet ‘n mens doen en die ander nie nalaat nie.

Dalk is Lewis Wells reg wanneer hy sê dat om die betekenis van die Bybel met so iemand te bespreek, is soos om te drink saam met ‘n alkoholis. Of dalk nie. Dalk is die prentjie hier bo-aan reg, maar die skrif op die pilbottel se etiket lees: Los op in liefde vir God én medemens, gebed, leiding van die Gees, en die gesindheid van Christus.

——————————————-

Nota

*  1 Tim 2:11-15 word nie verniet een van die Bybel se moeilikste gedeeltes genoem nie. Die tyd (Engels tense) waarin hy skryf, beteken ‘n beter vertaling is: “ek, Paulus, laat nie op die oomblik toe dat ‘n vrou ‘n man leer nie.” (Hier is meer oor 1 Tim 2:11-15, as jy sou belangstel in ‘n ander interpretasie.)

JOY reageer, JUIG nie

Die nuwe JUIG en JOY is op die rakke. JUIG noem glad nie dat party gelowiges verskil van hulle “geslagshiëragie in die huis” artikel se idees nie. Trouens, die naaste wat hulle al daaraan gekom het, is hier: Lees voort

Het ons minder Amerika in ons Christenskap nodig?

Die Christen-wêreld  loop oor van Amerikaanse Christelike boeke,  Amerikaanse gospel kunstenaars, Amerikaanse sprekers se DVD’s, ens. As jy graag godsdienstige CD’s, boeke, ens. gebruik, het jy ‘n goeie kans om besonder baie Amerikaanse insette te kry.  Ek dink dis so nou en dan ‘n slegte ding.

Die Amerikaanse kerk , soos die kerk in groot dele van Suid-Afrika, het die situasie dat meeste mense hulself Christene noem. Dit sluit mense in wat eintlik baie min gemotiveerd is om as Christene te leef. En dan kry ons, soos die Amerikaners, die (korrekte) indruk dat nie alle sogenaamde gelowiges wel aan Jesus behoort nie.

Dit maak dan dat, met miljoene gelowiges om jou, jy dalk mense begin uitsluit: Ware gelowiges, begin jy dan sê, glo en doen X, Y en Z. Almal wat nie X, Y en Z doen en glo nie, is nie van jou geloof nie. Ek het byvoorbeeld kleintyd in die NG kerk gehoor dat gelowige dopers God se genade ontken en onder tug hoort as hulle as babas gedoop was, maar hulle groot laat herdoop. Sedertdien het ek in ’n stadium ‘n Bybelstudiegroep bygewoon (Church of Christ) wat die teenoorgestelde glo:  Hulle  vertel dat slegs diegene wat bekeringsdoop ondergaan het, gered is.  Uhm…

Nou ja, blootstelling aan ander groepe kan jou vooroordele verminder, of vermeerder. As gelowige doper Gerda die idee het dat net diegene wat  met haar oor die doop saamstem haar medegelowiges is, kan blootstelling aan mense wat opreg die Here lief het en anders dink dalk ‘n verskil maak.

Aan die ander kant kan blootstelling aan ander idees jou net oor meer dinge laat uitsluit. Gerda glo bv. dat net gelowige dopers broers en susters van haar in Christus is. Sy leer ken vir Jong Aarde Jurie. Jurie glo enigiemand wat reken die aarde ouer as 6 000-10 000 jaar is, verwerp die Christendom. Baie vinnig neem hulle mekaar se idees aan, en het Gerda en Jurie elkeen twee idees waarvolgens hulle medegelowiges uitsluit en verdag maak.

In lande waar Christene ‘n minderheid is, waar Christenskap nie die kulturele norm is nie, sluit gelowiges mekaar nie so maklik uit oor dinge wat nie sentraal staan nie.  Ons kan heelwat leer by die Christene wat minderheidsgroepe is.

Ongelukkig is Christene van hierdie lande juis nie die mense wat die beste verkoop nie. Om DVD’s, boeke en ander Christelike produkte te verkoop, het jy ‘n mark nodig. En Amerika het ‘n groot aantal Christene, is ryk en kooplustig en kan maklik bekendheid gee aan godsdienstige sprekers of sangers of skrywers. Hulle kan self bekostig om Christelike flieks te maak wat slegs Christene sal trek.

Amerikaanse evangeliese kultuur, wat ook die “religious right” genoem word, is baie uitsluitend en geneig om te veel op sekere dinge te fokus en te min op ander. Mens sou dink evangelical dui daarop dat die boodskap van Jesus en wedergeboorte die saak is waarop hulle klem lê, maar dit is nie regtig nie. Hier is ‘n paar dinge wat vir Amerika se religious right belangrik is:

> Politiek – Republikeins is reg, Demokraties is verkeerd

> ‘n Jong aarde: Om te glo die aarde is biljoene jare oud, of evolusie te aanvaar, is vir baie van hulle dieselfde as om Christenskap te verwerp.

> Geslagsrolle  (Complementarianism) – Vroue hoort tuis, nie op die preekstoel nie,  behoort baie kinders te hê en mans is baas van die huis en daardie rolle is deel van die evangelie. Homoseksualiteit vermeerder  oor mense nie meer hulle geslagsrolle verstaan nie.

> Die welvaart- evangelie (Prosperity gospel): ‘n Groot deel v.d. Amerikaanse kerk het die idee dat as jy geestelik genoeg is, jy met sukses en rykdom geseen sal word. (Bekeerlinge in ‘n Moslemland, of die vroee Christene onder Nero, sal hulle wenkbroue lig oor daardie een!)

> Feminisme is ‘n euwel en ontken die vrou se rol as huweliksmaat en moeder.*

> Regeringswette – Druk word uitgeoefen dat die regering hulle idees weerspieël oor gay huwelike, aborsie, egskeidingswette, omgewingsbewaring, ens.

> Die huwelik en gesinne – Kerkmense behoort getroud te wees, enkellopendes pas nie in by die kerk nie. Party Republikeine glo selfs dat voorbehoedmiddels onwettig moet wees.

> Hulle kan ook dinge glo soos dat die hele samelewing besig is om te verkrummel weens ongehoorsaamheid aan God (die samelewing is myns insiens nie oor die algemeen slegter af as 200 of 1000 jaar terug nie en het juis meer wedergeborenes) of dat moderne sielkunde anti-Christelik of ADHD (Attention Deficit Hyperactivity Disorder) ‘n mite is, ens.

As ons te veel Amerikaanse evangelicals lees, sonder die balans van Christene elders, wat ander prioriteite het, loop ons die gevaar om ten minste onnodige vooroordele op te tel, en dalk selfs vals idees aan te neem. En ons kan ook begin om ons te beywer vir ‘n koninkryk van hierdie wêreld.

———————————————————————-

Notas

*Feminisme, in die mees basiese definisie, is bloot om gelyke politiese, ekonomiese en sosiale regte vir vroue te wil hê.  En opposisie teen feminisme is dan om te wil hê dat vroue minder regte as mans het. Een van die twee pas by “jy moet jou naaste liefhê soos jyself.”

*

Naskrif: Aangepas 23 Feb, omdat die prosperity gospel nie oorgeslaan kan word op ‘n lys soos hierdie nie. Aanpassing bestaan uit die byvoeg van die welvaart-evangelie in die lys.