Monthly Archives: Augustus 2009

Gebedslesse (2): Ekstra materiaal vir “Hartseer Hanna jubel” les

boy prayHanli Rose-Innes het ‘n paar maande terug vir my hierdie brief gestuur, in reaksie op “Gebedslesse“: 

Ek het vandag die lessie aangebied, vir ‘n redelik gemengde klassie – daar was BAIE min kinders in die kerk vandag, ek het ‘n drie voorskolers en een graad 3 en een graad 6 seun gehad. Dit het goed gewerk. Die groter kinders sou al die antwoorde ken so ek het nie Samuel, Elkana en Pinnina se name genoem in die les nie, en het dit gehou vir vrae vir hulle. Ek het ‘n hand-out geskep wat die kinders kon inkleur om te gebruik as boekmerk ens. asook ‘n gebedjie wat gaan oor gebed.

Toe vergeet hierdie verstrooide meisie om Hanli se materiaal te pos. Hier is dit dan- laat, maar darem. Dankie, Hanli!
 Kindergebed oor gebed en inkleur-boekmerke

Sterk aanbeveel deur ‘n skeptiese Christen

Ek was die afgelope paar dae op ‘n kursus van Family Foundations International, genaamd “The Ancient Paths, Level I”. Ek beveel die kursus – wat gereeld aangebied word op baie plekke in SA en die wêreld – heelhartig aan vir enige gelowige. Selfs ‘n ongelowige behoort heelwat te leer. Op soveel maniere het dit relevansie tot enigiemand se emosionele lewe en selfgroei en verstaan van ander mense en hoe om jou kinders en huweliksmaat en ouers te behandel.

Boeke en DVD’s wat by die kursus aansluit het uiteenlopende name soos “Why do my husband remind me of my father?” en “Roots of teenage rebellion” en “If God is good, why …?”

Glo ek elke woord van wat Craig Hill, kursus-aanbieder op DVD, sê? Nee. Daar is ‘n paar dinge waaroor ek wonder of dit regtig so werk – en wat ek verder wil dink en waarneem en bestudeer of dit wel so werk. El_Angel_Caido_82600113853PM185

Maar die res wat ek wel glo hou verband met almal, en met byna alles van betekenis : Kinders wat ek as jeugwerker in middestad-Pretoria ontmoet het; ou ware verhale wat my geraak het toe ek dit gelees of gehoor het jare gelede, my familie (veral); my kollegas; my ideale; die naarste dinge wat ek al op die internet gelees het en my diepste mooi oomblikke uit my kinderjare; internet-ateïste; inspirerende gelowiges wat ek al geken het; uiteelopende liedjies soos Savage Garden se Affirmation (“I believe your parents did the best job they knew how to do”) en Don Francisco se “Beautiful to me”(“Arise, Walk in peace”); ‘n aanhaling van Franz Kafka(“A man’s embittered features is often only the petrified bewilderment of a little boy”). Iets het my selfs herinner aan hoe ek die kunswerk hier bo verstaan, maar daardie konneksie is meer persoonlik.

Ek was heeltyd in die kursus besig om notas te maak van idees wat die kursus my gee om te doen: Hierdie saak moet ek verder oor Bybelstudie doen en bid! Ditmoet ek oor blog! Dit sal vir sus-en-so baie beteken as ek [hierdie ding doen]! Ditmoet ek vir [hierdie persoon]vertel! Ek wil hierdie kursus vir byna enigiemand aanbeveel: My broer en sy vrou en my ma se dominee en kollegas by my werk en ‘n hoofrolspeler in een van die onlangse top-skinderstories van SA se sensasiepers* en, en… In die eerste plek beveel ek dit aan vir almal wat Goddelike genesing nodig het. (Is meeste van ons nie maar óf mense wat wéét hulle het genesing van God af nodig, óf mense wat genesing van God af nodig het en dit nie weet nie?)

Hier is ‘n kontakadres in SAen die webadres van Family Foundations International.

 

—————

*hoofrolspeler in een van laasjaar se top-skinderstories van SA se sensasiepers: Lesers wat hierdie woorde lees reken dalk dis nie baie Christelik om te dink oor sensasie-skinderstories nie. Maar agter al daardie stories sit mense. Mense vir wie God lief is, mense wat emosionele pyn beleef nes ons almal, mense wie se skandes en foute niks harder of sagter beoordeel moet word as dieselfde daad van iemand anders nie. En ek gee nie regtig om as jy dink ek is ‘n skinderbek wat in triviale dinge belang stel nie. God is my regter en dis sy opinie wat tel. (Terloops, het jy geweet as jou naam Daniël of Danielle is, beteken jou naam “God is my regter”?)

Hoe sosialisties mag/moet ‘n Christen wees?

Op ‘n blog-inskrywing oor sosialistiese mediese sorg vra ‘n mede-blogger my: Is dit nie ‘n Christelike plig [om by te dra tot ‘n regeringsbeheerde mediese fonds vir almal in die land] nie?
Wintery Knight sê weer:

When you give the government your money, you give up the right to choose. If you keep your money, you keep your right to choose. If you think that the government should take your money and then provide you with services like health care, education, welfare, therapy, etc., then you just gave up your right to choose. You gave up your liberty for security.
I think that Christians give their money away thinking that the government will act in their own best interests. That is, that a secular government will act in the interests of Christians. Maybe Christians think that their interests lie in “helping the poor”, and that a big government is needed to do that. But when government gets that money, they will use it in ways that cannot possible be as good as you would use it yourself…. Don’t give your money to the government because they tell you some sob story about taxing the rich and helping the poor! What they really want to do is to take your money and pay off their political donors, like abortion providers, trial lawyers and unions. They cannot possible spend the money as well as you could have spent it yourself.
Christians need to be fiscal conservatives. They need to learn economics. They need to think with their heads when voting.

 Ongeag met wie jy saamstem, dit is werklik ‘n moeite-werd vraag!
Ja, die Christen moet bereid wees om te gee. En daardie voorskrif is nie net op die “ryk” gelowige gemik, terwyl die armer gelowige maar net hoef te vat nie. (“Gee, al het jy net twee kledingstukke” is ‘n Bybelse opdrag.)

Maar moet die Christen bereid wees om baie/ meer/ alles vir sy regering te gee, sodat die regering kan besluit hoe om dit “regverdig” uit te deel? Is die regering die bekwaamste en liefdevolste mense om liefdadigheid uit te voer? Moet die gelowige gee as ‘n wet (wetlik bepaalde belasting), of moet hy God vra hoeveel en waar om te gee? En sosialistiese regerings het nog altyd gelei tot arm lande, dit werk net nie in die praktyk nie.
Mense wat die regering vir liefdadigheid wil verantwoordelik maak, gee gewoonlik minder vir liefdadigheid uit eie wil as mense wat nie die regering wil verantwoordelik maak daarvoor nie. Wat meer is, diegene wat nie hulle plig daaroor aan die regering daarvoor wi afsmeer nie ondersteun meestal ‘n stelsel (kapitalisme) wat maak vir minder armoede, en dat selfs die armes in die land ryker is. Maar dis nog nie genoeg rede om alle regeringsubsidies aan liefdadigheid teen te staan nie- of is dit?
Wat my by ‘n vraag te staan bring: Watter liefdadigheid kan die Christen voor stem dat die belastingbeler dit moet dra, onder die regering se toesig? En wat moet liefs nie onder die regering se beheer wees nie?

On the freedom to disagree from your government

On AOL news Ken Layne asks: Should socialised medicare protesters be denied socialized medical care? Now Ken probably speaks of America, but I would answer “yes.” They should both be denied socialised medical care and denied the obligation to pay for it. If, for example, 5% of taxpayer money goes towards socialized healthcare, protesters who agree never to use it should get a 5% reduction in their taxes.

It’s only fair, wouldn’t you say?

Women’s day

Public holidays has it’s advantages- and disadvantages. It was Women’s Day in SA yesterday, and that is why I am off from (paid) work today.
But should there be a holiday like Woman’s Day – at all?

Yes, I believe that women (most of us, most of the time) are amazing people who should be celebrated. I also believe men (most of them, most of the time) are amazing people who should be celebrated.

Is there any reason to have a special day to celebrate one half of the population, but not special day for the other half? How about celebrating -appreciating, being thankful to, praising the achievements of, commemorating everyone – man, woman, or child, for what they are and do?

Are woman so essentially superior/ inferior to men that we need a day of honor that they do not?

Dalk ‘n Eks-idioot?

Charles Malan erken in Rapport dat hy en ander wat beraadslag het met die ANC, dalk “bruikbare idiote ” was. Aan die kommentaar kan ek sien dat meeste mense saamstem dat hy, om die minste te sê, baie naïef was. Maar as hy een was, moet mens dalk tog bietjie simpatie hê.

Iemand wat self erken hy was (miskien) ‘n idioot, is beter as ‘n (miskien) idioot wat nog steeds nie sy dwaasheid insien nie, dink ek. Maar jy kan van my verskil daaroor.

Dis eintlik nie só belangrik nie …

Die afgelope maand of twee doen ek by my werk goed wat so vervelig en herhalend soos uitskryfwerk is. Baie daarvan. En my kreatiwiteit lei onder die sieldodende werk. Saans het ek geen idees vir iets om te blog of te maak nie. En ek vertel myself: Druk deur. Haal in. Sodra jy ingehaal het, kan jy weer jou laptop werk toe bring en iets meer uitdagend doen. Jy kan dalk selfs ‘n uur of so baie dae hê om by die werk jou eie belangstellings op die internet na te jaag.

En ek druk deur en haal in. En Donderdag kom ek op die punt wat ek vir myself sê: “Môre gaan ek weer my laptop werk toe vat!” En Vrydagoggend breek aan, en my selfoonwekker maak my nie wakker nie. Toe ek opstaan, vra ek myself hoekom my wekker my nie wakker gemaak het nie. My selfoon is nie op my bedkassie nie. Ek klim uit my bed en soek my selfoon. Toe sien ek my skootrekenaar se kabels muurprop toe, my muis (ek haat die touch pad) en my USB modem. Ek sien nie my skootrekenaar waar ek hom gelos het- ingeprop tussen die vooraf genoemde- nie. My handsak lê oop, beursie langs hom, en al die note weg.

‘n Inbraak! Ek het ‘n dol dag van polisie kontak en probeer reël om weer my selfoon op die lug te kry en ‘n stukkende vensterslot weer te beveilig en rondbel om weer my kontakte se nommers bymekaar te kry en , en, en….

My laptop! My gedagtes is gesteel, alles waaraan ek werk en wat ek ontwerp en navors is gesteel. En fotos en mooi goed. Maar die dief was langs my om my foon op my bedkassie te vat- en het nie aan my geraak nie. En soos ek die namiddag by my peetkind kuier soos ek dikwels Vrydaemiddae maak, onthou ek, met die mollige graad een-dogtertjie wat babbel en bly is om my te sien, dat my geliefdes oukei is, en dat ek oukei is, en dat my verlies nie só groot was nie.

Maar ek wens nog steeds iemand kontak my en sê hy het ‘n Sahara-laptop gekoop by ‘n pawn shop, met “Retha Faurie” as gebruikernaam en ‘n klein jakkalsie-ikoon langsaan. ‘n rekenaar met folders vir apologetics, kinderwerk en papierpoppe (onder andere) onder sy “My Documents.” En wil ek die rekenaar terugkoop? Maar ek dien die Een wat alles ten goede laat meewerk. Hy kan hierdie ook ten goede laat meewerk.

——

Naskrif: Geskryf vanaf iemand anders se rekenaar. En moenie verbaas wees as ek in komende dae stadig reageer op julle kommentaar of e-posse nie.