Talle verse weggelaat uit die Bybel?

My jongste broer stuur my laas ‘n stuur-aan-vir-almal boodskap wat hy gekry het, en vra my wat ek dink. Hier vertel ek min of meer wat ek hom vertel het. Die boodskap waaroor hy my gevra het is in aanhalingstekens, my woorde nie.

VERY CRITICAL ALERT!!!

Hello beloved saints,
I’m sure you know that New international version(NIV) was published by Zondervan but is now OWNED by Harper Collins, who also publishes the Satanic Bible and The Joy of Gay Sex…

Harper Collins is ‘n maatskappy wat boeke druk en versprei. Hierdie argument – as mens dit een kan noem – is bietjie soos om te sê: “Gospelsanger Louis Brittz het al op SAUK gesing. SAUK saai soms laataande gewelddadige flieks uit.” So? Dit vertel ons mos niks oor Louis Brittz nie. Die SAUK vertel nie vir Louis of die regisseur van gewelddadige films wat om in CDs/ films te sit nie. En Harper Collins vertel nie vir Bybelvertalers of skrywers van satanistiese boeke wat hulle moet skryf nie.

The NIV and English Standard Version (ESV) has now removed 64,575 words from the Bible including Jehovah, Calvary, Holy Ghost and omnipotent to name but a few…

The NIV and ESV has also now removed 45 complete verses. Most of us have the Bible on our devices and phones especially OLIVE TREE BIBLE STUDY APP.

Try and find these scriptures in NIV and ESV on your computer, phone or device right now if you are in doubt:

Matthew 17:21, 18:11, 23:14; Mark 7:16, 9:44, 9:46; Luke 17:36, 23:17; John 5:4; Acts 8:37

…you will not believe your eyes.

Refuse to be blinded by Satan, and do not act like you just don’t care. Let’s not forget what the Lord Jesus said in John 10:10 (King James Version)…

Om die “duisende woorde wat weggelaat is uit die Bybel” te verstaan, moet jy verstaan dat hierdie mense glo die King James vertaling van die Bybel (KJV) is die regte een. Hulle beskou dus enigiets wat nie in dieselfde woorde gesê word as in die King James nie, as ‘n verdraaiing van die Bybel.
Maar die waarheid is nie so eenvoudig nie. Die Bybelboeke is aanvanklik in Hebreeus of Grieks geskryf en met die hand oorgeskryf. So nou en dan het ‘n oorskrywer selfs iets bygeskryf. (Bygeskryfde goed is normaalweg nie onbybels nie, maar ‘n verduideliking of herhaling van iets wat elders ook staan. ) So ‘n bygeskryfte stuk inligting sal weer deur die volgende oorskrywer ook oorgeskryf word.
Toe mense die King James in 1611 vertaal het, het hulle gewerk vanaf  ‘n Latynse vertaling van die oorgeskrewe stukke ou Griekse en Hebreeuse teks wat hulle gehad het. Maar intussen is nog Bybelmanuskripte ontdek, party ouer en met minder bygeskryf. Dus weet mense nou meer oor wat aanvanklik in die Bybelboeke was. En deesdae word die Bybel eerder uit Grieks en Hebreeus vertaal, nie uit Latyns wat reeds ‘n vertaling is nie.
(As die oorskryf vir jou nou soos telefoontjie speel klink, dis baie meer akkuraat as dit. Oorskryf verdraai nie soos oorsê nie, veral as verskeie mense oorskryf wat hulle gelees het, en dit met mekaar en die oorspronklike vergelyk.)
En die “45 verse weggelaat” is eenvoudig onsin. Die verse wat uitgehaal is oor hulle waarskynlik in die eerste plek nie daar hoort nie is in die voetnotas ingesluit.

THE SOLUTION

If you must use the NIV and ESV, BUY and KEEP AN EARLIER VERSION OF the BIBLE. A Hard Copy cannot be updated. All these changes occur when they ask you to update the app. On your phone or laptop etc. Buy and KEEP EARLIER VERSIONS AND STORE THEM.

There is a crusade geared towards altering the Bible as we know it; NIV, ESV and many more versions are affected.

Dis geensins ‘n geval van elke keer wat jy ‘n rekenaarbybel opdateer verdwyn nog verse nie -Bybelskoliere verander nie elke kort-kort hulle opinie van wat in die oudste vertalings was nie. Hoe meer en ouer manuskripte hulle vind, hoe nader kom hulle aan reg en hoe minder kan nog in die toekoms verander word. Hulle het in omtrent 400 jaar sowat 20 waarskynlike byvoegings (party is meer as een vers lank, daarom 45 verse) opgespoor. Dit is min of meer 1 elke 20 jaar, en dit sal waarskynlik nie meer so “gereeld” gebeur in die toekoms nie.

(Terloops, die King James was nie eers die eerste Engelse vertaling nie. Dus is selfs “ons het nie ‘n nuwe vertaling nodig nie, ons het mos die King James” ‘n swak argument. Waarom was die King James dan nodig?)

4 responses to “Talle verse weggelaat uit die Bybel?

  1. Dankie. en al maak ons dalk foute in ons vertalings van die Bybel, kan die verhaal van die Bybel NOOIT verander nie. Dis in klein woortjies wat daar dalk foutjies kom.

  2. Dis waar – dis klein, onbenullige foutjies.

  3. Die weglatings is ook met baie spesifieke redes gedoen vat bv Handelinge 8:37 as hy weg gelaat word kan jy babas doop , maar as hy daar is is dit onmoontlik. Die Onse Vader , al die heiligheid van God is verwyder en word hy maar gelyk gestel aan Satan. Hoe se die spreekwoord dis die klein jakkalsies wat die oes vernietig.

  4. Hello, Ek kon nie anders as ook ‘n eiertjie te lê nie. Ek doen al baie jare navorsing oor bybel vertalings.Die kern is,ongeag hoe die slim mense die goed “kan verdraai” staan dit soos ‘n paal bo water.-Dit maak geen verskil aan die feit dat Jesus Christus aan die kruis gesterf het nie. Daarin lê my redding En alles wat daarop volg wat ons alles van kleins af geleer is.Maar, ek wil iets baie interesants aan u uit wys wat duisende nognie eers raak gesien het nie Kyk bietjie na hierdie groot flater in die King James bybel – die bybel wat miljoen as die gesogste stuk werk beskou as daar na bybel tekse verwys word. Maak bietjie Openbaring oop (u behoort ‘n KJV te hê- so nie ,kry een) ; lees nou die opskrif aan die begin van Openbaring.Sien u nou wat ek bedoel. Kan u sien wat verkeerd is? .Ek laat dit aan u self oor.Ek is net goddank bly dat ons nog steeds die bybel het op aarde.Dit bly my lig op my pad en ek het al baie vertalings deurgewerk.JESUS BLY MY ROTS.
    Maar beslis sal daar ou foutjie hier en daar voorkom.Ek stick maar na die Afrikaanse 1953 vertaling met studies maar like ook baie om die verklarende 1983 vertaling se verklarings en teks kruis verwysings te raadpleek.Solank dit nie ‘n Jehova bybel is nie.Dit is alreeds moelik om die 1953 vertaling te kry en mens moet dit goed oppas en bewaar vir die volgende geslagte as die Here nog genadig is en vertoef om te kom.
    Anyway, Retha, jy het voorwaar hard gewerk aan al die artikels en ek trek nou al by 2011 om alles af te laai en te lees.Ek kom agter dat jy ‘n baie teer plekkie vir kinders het en dat die WOORD ook by hulle ingedring word.Mag die Here jou seën en moenie afwyk van wat jy doen nie.Ek sien selfs atieste put groot waarde uit jou kennis en insigte.Dit is mos wat ons almal moet doen – ‘n lig in die werêld te wees.

Lewer kommentaar