Monthly Archives: Mei 2010

Lewe in die laboratorium “geskep”- moenie oorreageer nie

Dr. Craig Venter vertel dat hy onlangs lewe in ‘n laboratorium geskep het. Volgens hom:

 “Our cell has been totally derived from four bottles of chemicals” 

Wat is die waarheid oor sy sensasionalistiese verkoopstorie?:

 1) Dr. Venter was ‘n intelligente ontwerper wat die regte goed bymekaar gesit het.

2) Venter se “four bottles of chemicals” is die 4 basisse van DNA – adenine (A), cytosine (C), guanine (G) en thymine (T).*

3) Venter het die bottels chemikalië laat reageer deur ‘n lewende materiaal -gis- te gebruik.

4) Hy het dit toe ingeplant in ‘n bakterie-sel waarvan die kern uitgehaal is.

Lewe (Craig Venter) het dus ‘n nuwe lewende selvorm “gemaak” deur lewe(gis) as meganisme te gebruik, en lewe (‘n bestaande bakterie-sel) as deel van sy nuwe sel. Hy het ‘n ander sel gemaak uit een sel, is dit God speel? Bewys dit dat God nie nodig was vir lewe om te ontstaan nie?

My antwoord op beide vrae sal “nee” wees.En veronderstel dat iemand wel eendag uit ‘n paar bottels chemikalië -nou bedoel ons chemikalië soos koolstof en suurstof, nie die komplekse DNA-basisse nie-, en niks anders nie, ‘n lewende sel sou skep. Sou dit dan ‘n rede wees om te glo dat God nie nodig is nie?

Dit sal nie wees nie. As die maker van daardie lewensvorm God wil speel, moet hy sy eie bottels chemikalië maak – uit niks. Bede van Bedes Library stel dit beter waarom die skep van lewe in ‘n laboratorium nie ‘n argument teen God kan wees nie:

… I expect that under the right conditions, life is going to be a dead cert. Why? Because we know God created this universe precisely so that it should have sentient life in it. So life is built into the very fabric of the cosmos – it is the very thing that the laws of physics were designed to produce. How much more amazing that God’s work makes the utterly improbable, absolutely certain. Philosophically, I think that we Christians do science and indeed love it because it tells us so many wonderful things about God’s great creative work. So, when scientists find out how life started (which I expect them to do) far from being a victory for naturalism, it will be the final nail in the coffin of the preposterous idea that this universe wasn’t specifically put together so we could grow and live in it.

———–

*Engelse name vir die 4 basisse is behou, al is hierdie artikel Afrikaans.

 

Speel Craig Venter hy is God? (‘n Gediggie)

Die Amerikaanse bioloog Craig Venter reken dat hy ‘n sel ontwerp het, volgens hom mensgemaak:

Godsdienstige fundamentalis: Hy ontwerp ‘n sel? Hy speel God, hy hoort in die hel!
Ateïstiese fundamentalis: Hy ontwerp ‘n sel? Daar is geen God, dit bewys dit nou wel!

Maar Venter speel en bou en timmer aan lewe
om selle aan te pas en te las, is waarna hy strewe.
Hy verander bestaande selle, mens noem dit genetiese manipulasie.
Gelowig of ongelowig, moenie oorreageer op die situasie.

Christene: Kom versterk jou geloof met kennis

Eendag, so 8 of 9 jaar gelede, het ek in die 2dehandse boekwinkel rondgekrap. ‘n Dik slapbandboek het my aandag getrek: Evidence that demands a verdict. En in kleiner letters: Historic evidences for the Christian faith. Ook die toe-onbekende woord apologetics” in die beskrywings op die voor- en agter kant. Die naam Chrisnene Fourie was voor ingeskryf met pen. Ek het dit gekoop teen ‘n skrale R5. Ek het nog nooit ‘n beter R5 spandeer nie!

In die jare daar na was my geloof van alkante af aangeval. Deur vyandige ongelowiges. Deur probleme en swaar tye waarin God vêr gevoel het. Ek het soms getwyfel dat Hy nog vir my omgee. Maar tussen kennis (baie daarvan uit Evidence that demands a verdict) en persoonlike ervaring (uit die verlede voor die swaar tye) van ‘n lewende God, kon ek nie twyfel aan Hom nie: Christus en Christenskap is ‘n rotsvaste feit wat meer werklik is as enigiets wat ek kan voel en sien in die fisiese wêreld.
Wil jy as Christen dinge weet wat jou gaan help om sout en lig in die wêreld te wees? Wat jou eie geloof gaan versterk as jou emosies “af” is? Probeer so ‘n bietjie apologetiek leer.

William Lane Craig se nuwe boek, On Guard, is ‘n toeganklike handleiding om jou te wys hoe om jou geloof te verdedig. In hoofstuk 1 vertel hy hoekom apologetiek belangrik is:

Why is apologetics important?

1. Shaping culture

We have all heard of the so-called culture war…

 Why can’t we Christians just be faithful followers of Christ and ignore what’s going on in the culture at large? Why not just preach the gospel to a dark and dying world? The answer is, because the gospel is never heard in isolation.

… A person who has been raised in a culture that is sympathetic to the gospel will be open to the gospel in a way that a person raised in a secular culture will not. For a person who is thoroughly secularized, you may as well tell him to believe in fairies or leprechauns as in Jesus Christ!

… If the gospel is to be heard as an intellectually viable option for thinking men and women today, then it’s vital that we as Christians try to shape American culture in such a way that Christian belief cannot be dismissed as mere superstition. This is where Christian apologetics come in. If Christians could be trained to provide solid evidence for what they believe and good answers to unbelievers’ questions and objections, then the perception of Christians would slowly change. Christians would be seen as thoughtful people to be taken seriously rather than as emotional fanatics or buffoons. The gospel would he a real alternative for people to embrace.

I’m not saying that people will become Christians because of the arguments and evidence. Rather I’m saying that the arguments and evidence . will help to create a culture in which Christian belief is a reasonable: thing. They create an environment in which people will be open to the gospel…

2. Strengthening believers

The benefits of apologetics in your personal Christian life are huge. Let me mention three. First of all, knowing why you believe as well as what you believe will make you more confident in sharing your faith with others.

Second, apologetics can help you keep your faith in times of doubt and struggle. Emotions will only carry you so far, then you are going to need something more substantial.

When I speak in churches around the country, I often meet parents who say something like “If only you have been here two or three years ago! Our son (or daughter) had questions about the faith that no one could answer, and now he is far from the Lord.”

…Finally, the study of apologetics is going to make you a deeper and more interesting person. American culture is surprisingly shallow, fixated on celebrities, entertainment, sports and self-indulgence. Studying apologetics is going to take you beyond that to life’s deepest questions, questions about the existence and nature of God, the origin of the universe, the source of moral values, the problem of suffering and evil, and so on. As you wrestle with these deep questions, you yourself will be changed.

You will become more thoughtful and well-rounded. …As a Christian, you will begin to have a deeper appreciation of Christian truths about the world and see how they all fit together to make a Christian world view.

3. Winning unbelievers

…Why bother, you may ask, with that minority of a minority with whom apologetics is effective? First, because every person is precious to God, a person for whom Christ died. …Second, this people group, though small in numbers, is huge in influence. One of these persons, for example, was C.S. Lewis.

…In any case the general conclusion that apologetics is ineffective in evangelism is just not true.

… After giving a talk on arguments for the existence of God, or evidence for the resurrection of Jesus, I’ll sometimes conclude with a prayer of commitment to give one’s life to Christ, and the comment cards indicate those who have registered such a commitment. Just recently I did a speaking tour of universities in central Illinois, and we were thrilled to find that almost every time I gave such a presentation, students indicated decisions for Christ.

…When apologetics is persuasively presented and sensitively combined with a gospel presentation and a personal testimony, the spirit of God is pleased to use it in bringing people to himself.

Die eerste hoofstuk van “On guard” is hier.

 

Reaksies en teenreaksies- van die “wensdenker”wat “feëverhale” glo

Die afgelope week het ek ‘n paar interessante reaksies gekry.

Rick het beweer dat die Christendom nie antwoorde op die moderne intelligente mens se vrae het nie. Ek vra hom toe om die vrae te lys waarop hy dink dat die kerk nie antwoorde het nie. Hy ontplof dat ek (Retha) ‘n “wensdenker” is, “ek(Rick) weet wat ek weet en gaan nie met jou in ‘n woordewisseling betrokke raak nie.” Rick, dis nie nodig om te redeneer nie! Los net die lys vrae, dan kan die kerk beter dink oor waarom mense hulle geloof verloor, en wat hulle nog moet antwoord.

Slim Jannie beweer dat Calvyn vir Copernicus vervolg het en vir Servetus laat vermoor het, en persoonlik hekse gejag het. Op die eerste 2 is hy bewysbaar verkeerd en ek kry nie bewyse dat enigiemand anders laasgenoemde beweer nie. Slim(volgens eie bewering) Jannie self kry dit tot dusvêr ook nie reg om bewyse voor te hou nie. Hy kan ook nie staaf dat God nie bestaan nie (hoekom is hy dan so seker daarvan?), of dat die kerk eers in 325 AD in Jesus se godheid begin glo het nie, Ook nie dat sonde ‘n foefie is om mense bang te maak nie.

Wouter het beweer dat ek alles agterstevoor kry deur te dink Dawkins en Claassen is die rede waarom mense hulle geloof verloor. Ek dink egter glad nie daar is net een rede daarvoor nie. Die kerk het werk nodig op meer as een front. Ek is egter net een Christen, ek werk veral op een plek en laat ander Christene elders werk.

Daardie 2 persone is maar net ekstreme voorbeelde van idees wat algemeen geglo word in die gesekulariseerde samelewing. Maar die geveg is teen die Vader van die leuen, en die leuens self, nie teen individue nie.

Hy mis-karakteriseer die Bybel en God, (en my standpunt) en sy verwysing na kiva is klaaglik onvoldoende as antwoord hierop. (‘n Enkele organisasie waar ongelowiges vir hulself kan naam maak deur geld te leen- nie gee nie, teenoor alles wat die Christendom al gedoen het?) Dis interessant om te sien hy kom ook uit ‘n liberale kerk. Liberale kerke lyk vir my na een van die dinge wat mense soms weghou van Christus af…

Bierpens dink dat ek in ‘n “Griekse feëverhaal” glo. Enigiemand wat van die Bybel (net die Nuwe Testament, in Bierpens se geval) as ‘n feëverhaal praat, moet regtig hulle historiese begrip opskerp.

Hy vertel ook dat hy nie met my kan redeneer nie. Ek sou ook sê hy kan nie. Want die enigste bewering wat hy onlangs op my blog gemaak het, was om met Jannie saam te stem dat Jesus eers in 325 AD as God verklaar is. Toe ek hom en Jannie vra om dit te staaf, gee hy geen antwoord wat jaartal en geskiedenis betrek nie.

Hy glo die Ou Testament, maar reken dat Jesus nie God was nie.

 

Hoe is dit dat niemand van die “slim” mense, wat my beskou as “wensdenker” wat “feëverhale” glo, hulle standpunte kan verdedig of selfs verduidelik hier nie?

Die opstanding: Craig en medewerker debatteer met Craffert, Spangeberg

Hier het ek geskryf oor Prof. Piet Craffert se bewering dat die opstanding van Christus visioene was. Toe iemand met my daaroor in gesprek tree, het ek hom vertel dat eersteklas Bybelskoliere soos William Lane Craig nie met Craffert saamstem oor die opstanding nie.

Volgende week gaan Craig se medewerker Mike Licona met Craffert debat voer by die Universiteit van Johannesburg. Die tema is: “Was Jesus raised physically from the dead?”

Die dag daarna vat Craig en Licona saam vir Sakkie Spangeberg en Hansie Wolmerans aan in nog ‘n debat: “How should we understand the narratives about Jesus’ressurection?”

Hulle het ook ander praatjies en Reasonable faith- seminare in Kaapstad, Pretoria, Johannesburg en Potchefstroom. Meer oor waar hulle wanneer is by http://www.antwoord.org.za .

Wees daar as jy kan!