Monthly Archives: Desember 2009

Was Jesus ‘n Kersfeesbaba gewees?

Ek kom vandag af op verskeie artikels oor die tyd van die jaar wat Jesus gebore is.


Die een maak ‘n saak dat Hy 25 Desember gebore is. Hiervoor gebruik hulle die tyd van Sagaria se priesterdiens, asook die vroeë kerk se geskrifte. Om aan te haal:

Bishop Cyril of Jerusalem (348-386 A.D.) had asked Pope Julius to ascertain the date of Christ’s birth “from the census documents brought by Titus to Rome” after the destruction of Jerusalem in 70 A.D. Julius then determined the date of Christ’s birth to be Dec. 25.

Die ander artikel reken Maria het swanger geraak met Jesus op die 25ste Desember. Dit grond hulle veral op die die van die jaar wat die vroeë kerk die fees van engele gevier het. (laat September.) In die Bybel het die menigte engele die nag van die geboorte aan die herders verskyn. Die artikels verskil in hulle mening of skaapwagters daardie tyd van die jaar skape op die veld sal hê.

Hierdie stuk maak die (meer algemeen geglo-de) saak dat die geboorte waarskynlik nie 25 Desember was nie– en dat dit nie werklik saak maak nie. Ook dat die Christene reeds 25 Desember (Noordelike winter) vir Kersfees gekies het op ‘n tyd toe die afgode Osiris en Dionysus se viering nog in die Noordelike somer was. (Daar is mense wat dink dat Christene hulle tyd vir Kersfees van die tyd van Osiris en Dionysus se vierings ge-erf het.)

———

Naskrif: Onthou dat skakels op hierdie blog donkerrooi of liggrys is, nie blou of pers nie.

Kruistogte, Inkwisisies en feite

Het jy al ooit 1984 van George Orwell gelees? Dit gaan oor ‘n neerdrukkende wêreld waarin mense heeltyd dopgehou word- en waar geskiedenis die heeltyd herskryf word om die regeerders se doelwitte te pas. Die wêreld van 1984 is (dankie tog) fiksie. Maar tot watter mate word geskiedenis wel verdraai om regeerders se doelwitte te pas? Karl Marx het byvoorbeeld gesê:

Die eerste oorlogsveld is om die geskiedenis te herskryf.

Peter Hammond reken dat mense inderdaad baie besig is om geskiedenis te herskryf en feite te verdraai. Hy kyk veral na detail oor die Christendom en Christendom se geskiedenis.

As ingeligte Christen het jy seker al gehoor: “Hoe kan jy ‘n gelowige wees as Christene verantwoordelik was vir die kruistogte, die inkwisisie, of watter nare ding ookal?” Die kanse is goed dat die persoon wat jou daardie vraag vra, ‘n verkeerde indruk het van die inkwisisie of kruistogte. Die vraag is natuurlik eerstens nie vreeslik relevant nie. Mens meet nie of iets waar is aan hoe goed voorstanders daarvan hulle gedra nie. Heelwat mense wat glo dat Parys die hoofstad van Frankryk is het hulle al wangedra, maar Parys bly die hoofstad van Frankryk.

Maar dit is ook so dat mens wel ‘n boom aan sy vrugte kan meet. Daarom, as dit waar sou wees dat ons geloof die vernaamste oorsaak was van oorlog, konflik en bloedvergieting, sou dit wel iets teen ons gesê het. Dit is egter nie so dat Christenskap ‘n vername oorsaak is van sulke dinge nie.

Die meeste mense se persepsie oor die Kruistogte en Inkwisisie grootliks ‘n mite. Die kruistogte was byvoorbeeld die eerste keer wat die Christen-wêreld terugbaklei het nadat Moslems vir meer as 400 jaar hulle grondgebied afgeneem het. En die Spaanse inkwisisie het vir gemiddeld 9 sterftes per jaar gesorg,* teenoor SA misdadigers se 66 per dag**. Die Suid Afrikaanse samelewing is dus per jaar 268 955 % (tweehonderd-agt-en-sestig-duisend-negehonderd-vyf-en-vyftig persent) so gevaarlik as wat die Spaanse inkwisisie was!

Vir Peter Hammond se samevatting oor die Kruistogte, lees hier. Hier is ‘n aanhaling daaruit:

The crusaders were reacting to over four centuries of relentless Islamic Jihad, which had wiped out over 50% of all the Christians in the world and conquered over 60% of all the Christian lands on earth – before the crusades even began. … Many of the towns in the Middle East welcomed the crusaders as liberators…

Vir Hammond se gedeelte oor die inkwisisie, lees hier. Hy vertel -met historiese bewyse – dat Christene eintlik onder die slagoffers van die Inkwisisie was. Hy vertel dat die Bybel in Engels op hulle lys van verbode boeke was, dat mense vervolg was, volgens transkripsies van inkwisisieverhore, oor hulle Bybel gelees of in die Heilige Gees geglo het. (Vox Day benader die Inkwisisie uit ‘n ander hoek in sy boek. In hoofstuk XII vertel hy watter provokasie-‘n provokasie met meer sterftes as die Inkwisisie self- tot die inkwisisie gelei het en hoe die waarheid oor die inkwisisie anders lyk as die mites. Om hom aan te haal, vetdruk myne:

While historians such as Henry Kamen pronounce themselves baffled as to what could have provoked the Spanish crown, the most likely impetus was that on July 28, three months before Ferdinands decision to appoint the two inquisitors, a Turkish fleet led by Gedik Ahmed Pasha attacked the Aragonese city of Otranto. Otranto fell on August 11 and more than half of the citys 20,000 people were slaughtered during the sack of the city. The archbishop was killed in the cathedral, and the garrison commander was killed by being sawed in half alive, as was a bishop named Stephen Pendinelli. But the most infamous event was when the captured men of Otranto were given the choice to convert to Islam or die; 800 of them held to their Christian faith and were beheaded en masse at a place now known as the Hill of the Martyrs.

The Turkish fleet then went on to attack the cities of Vieste, Lecce, Taranto, and Brindisi, and destroyed the great library at the Monastero di San Nicholas di Casole, before returning to Ottoman territory in November.

It is one of the great ironies of history that three times more people died in the forgotten event that almost surely inspired the Spanish Inquisition than died in the famous flames of the inquisition itself. )

Peter Hammond het ook die geskiedenis van die slag van Bloedrivier nagegaan. Hier gesels hy tweedens oor slawerny en eerstens oor die oorlog oor akkurate geskiedenis. My gunsteling is sy stuk oor Jesus se invloed op die wêreld. Dankie, Dr. Hammond. Jy laat ons beslis in ‘n meer ingeligte posisie om vyande van die Christendom te antwoord.

——————–

* Vox Day, The Irrational Atheist, bl. 219

**In die eerste 8 jaar van die ANC se bewind was daar amptelik 24 206 moorde per jaar. Volgens interpol was dit byna dubbel soveel- 47 882 per jaar. Dis 66-131 moorde per dag, maar die laer syfer is vir berekeninge hier gebruik.

Die oordeelsdag sal jou verbaas

Iemand vertel my nou onlangs:

Jy sal baie verbaas wees op die oordeelsdag oor hoe God gaan oordeel. Ek dink nie God sal my goeie dade almal vergeet oor ek nie dink [om X te doen] is moreel verkeerd nie.”

Daai eerste sin is heeltemal waar! Selfs die tweede sin glo ek, tegnies. Maar die probleem is dat ons, juis oor God se oordeel ons sal verbaas, moet versigtig wees. God se oordeel is nie ‘n rede om onsself goed te praat nie.

Ek of die spreker hierbo kan maklik dink dat ons ‘n klomp mooi dinge doen. Ons kan dink dat die paar ou dingetjies wat ons nie reg doen nie, werklik onbenullig is. Maar ons standaard vir reg en verkeerd is nie God se standaard nie.

Hoekom moet ons na ons lewens kyk? Hoekom moet ons God se wil vra, selfs in die klein dingetjies? Onder andere oor ons nie geskok wil wees op die oordeelsdag nie. Ons gaan verbaas wees op die oordeelsdag oor wat God raaksien. Dis ‘n rede om nie te oordeel oor ander mense nie. Dis ook ‘n rede om hulle te waarsku. Dis meer nog ‘n rede om jou eie hart te deursoek. Selfs dit waarmee ek tevrede is in my lewe, is God nie noodwendig mee tevrede nie.

Die Fariseer wat vir God gedank het oor hy so wonderlik is(sy sonde misgekyk en al die mooi goed wat hy doen raakgesien het), het huis toe gegaan en sy saak met God was nie reg nie. Die tollenaar wat gesien het dat hy ‘n sondaar was, en vir genade gesmeek het, se saak met God was reg toe hy huis toe gaan. (Lukas 18:10-14)

Herbesin oor saamwoon? (3) Statistiek

Saamwoners:

* Se verhoudings is meer geneig om op te breek
* Se latere huwelike met iemand anders is meer geneig om te misluk. Hoe langer en meer dikwels hulle saamgewoon het, hoe meer geneig is dit om te misluk.
* Manlik en vroulik, is meer geneig om hulle maats te verkul
* Maak minder rykdom bymekaar as getroudes
* Het meer gesondheidsprobleme
* Het meer depressie
* Met kinders se verhouding is nog meer geneig om op te breek as sonder kinders.

Vroulike saamwoners:

* Is 6 keer meer geneig as getroude vroue om ‘n kliniek te besoek oor seksueel oordraagbare siektes
* Word meer mishandel deur hulle mansvriende as getroude vroue deur huweliksmaats. En vroue wat nog nooit getroud was nie, ly oor die algemeen meer onder geweld as vroue wat getroud is of was.

Saamblyers se kinders:

* Sal meer waarskynlik ‘n reeks ontwrigtings in hulle gesinslewe ervaar.
* Doen slegter op skool
* Het meer emosionele probleme
* Is, na opbreek van die verhouding, minder geneig as kinders uit egskeidings om nog kontak met hulle pa’s te hê.

Saamwonende “stief-families” (biologiese ma met saamwoonman wat nie kind se pa is nie) is statisties die onveiligste plek vir ‘n kind, waar kinders meer geneig is om emosioneel, fisies of seksueel mishandel te word.

Vergeleke met huise waar biologiese ouers getroud is met mekaar, is ‘n kind:

* 6 keer so geneig om mishandel te word in ‘n huis met ‘n biologiese ma getroud met ‘n stiefpa
* 14 keer so geneig om mishandel te word in ‘n huis met ‘n biologiese enkelma
* 20 keer so geneig om mishandel te word in ‘n huis met 2 biologiese ouers wat ongetroud saambly.
* 20 keer so geneig om mishandel te word in ‘n huis met ‘n biologiese enkelpa.
* 33 keer so geneig om mishandel te word in ‘n huis met ‘n biologiese ma wat saambly met ‘n ander man.

Uit:

Click to access bg_1732.pdf

http://www.civitas.org.uk/hwu/cohabitation.php
http://www.smartmarriages.com/cohabit.html

Click to access Marriage%20or%20cohabitation.pdf

Oor vlae en verdraagsaamheid

Ek hoor die nuwe polisiekommisaris was ontstoke toe hy gister ‘n ou SA vlaggie op ‘n vrou se lessenaar kry. Hy het dit “buite orde” genoem en vertel daar sal ondersoek ingestel word “met die oog op korrektiewe stappe.”
Die vrou het ook ‘n groot nuwe SA vlag agter haar op die muur gehad. En ‘n Sharks-rugbyvlag.

Ja, ja, ek weet party mense hou nie van die ou vlag, of vir waarvoor dit staan nie. En ek kan hulle punt insien. Die ou landsvlag staan, soos die nuwe een, vir ‘n land waar daar teen mense gediskrimineer en menseregte ontken word. In die ou SA was dit veral apartheid wat te blameer was, in die nuwe SA is geweldsmisdaad en regstellende aksie/BEE die vernaamste sondebokke wat menseregte skend.

Om daardie rede kan albei vlae mense bitter maak as hulle dit sien. Maar, en dis ‘n belangrike maar: Vryheid van uitdrukking kan nie beperk word tot net die dinge wat mense laat goed voel nie. Verdraagsaamheid beteken dat ons ook uitdrukkings (bv. hierdie vlag) moet toelaat wat nie in ons smaak val nie. Hierdie vrou moet die reg hê om haar vlag van ‘n onregverdige ou SA ten toon te stel. Nes ons die reg moet hê om die vlag van ‘n onregverdige nuwe SA ten toon te stel.

‘n Tyd om te praat – vir geregtigheid

Senator Stuart Syvret is ‘n kontroversiële man in sy omgewing. Eens op ‘n tyd was hy minister van gesondheid en welsyn van Jersey, ‘n Britse eiland. Hy het maar min resultate bereik in sy pos, volgens Jersey -inwoners.

Nadat hy uit sy pos gedwing is het hy onthul, of beweer, dat sy personeel belangrike inligting waarvan hy sou kon werk maak doelbewus van hom weggehou het. Toe hy deur ander kanale van ernstige probleme bewus word, het ander politici toutjies getrek om van hom ontslae te raak. Toe begin hy om sy verhale deur sy blog te vertel.

Verhale van dekades lange kindermishandeling wat toegesmeer is in Jersey se kinderhuise. Verhale van korrupsie. Van moord op bejaardes in hospitale. Hy beskuldig minstens een parlementslid by die naam van kindermishandeling. Onder sy ondersteuners is ‘n groot groep oorlewendes wat beweer dat hulle in die Haut de la Garenne kinderhuis op die eiland mishandel is.

Ten minste ‘n deel van sen. Syvret se inligting het hy in ‘n amptelike en konfidensiële hoedanigheid gekry. Om dit nou te blog, is krimineel.Maar die senator het sy keuse gemaak. Hy dink dat konfidensiële data uitlap ‘n kleiner misdaad as stilbly is.

Die regering het vir Stuart gearresteer en sy huis deursoek, oor hy hierdie beskuldigings maak. Na dit het hy weggehardloop van die eiland. Hy beweer hy sal terugkeer “when there is a straight and impartial court.” Hy blog nog steeds, en praat nog steeds oor geregtigheid en openlikheid in Jersey.

Onder die dinge wat Stuart op sy blog vertel, is die volgende:

People who imagine themselves to be fine, Christian pillars of society – regard me as some kind of monster – because I’m “impolite” – in speaking out, bluntly, against people who commit and conceal such crimes as sodomising mentally ill school boys in public lavatories.

 

I’ve never made any secret of the fact I’m not religious – but I do think about philosophical and ethical questions – and how many people respond with spiritual views to such issues. My understanding of Christianity is, therefore, imperfect. But I venture this view.

If all we are told of Christ is true – I would have vastly more chance of entering heaven than the average – soi disant – Jersey Christian.

To me – a real Cristian was Dr. Martin Luther King. A man given to genuine commitment and struggle for Christian values.

As opposed to the safe, middle-class and hypocritical charade we see from well-provisioned pretenders.

Want to understand what I mean? Copy and go to this YouTube clip – if you want to see – and understand – what a real Christian does. http://www.youtube.com/watch?v=x1L8y-MX3pg

Dr. King was murdered – as he knew he would be – shortly after making this speech.

Watch and listen to this man – then talk to me about your “Christianity”.

Nader aan die huis hoor ek van ‘n ander saak: ‘n jong volwassenne wat ‘n ouer man van jarelange molestering as kind aangekla het. Daar is mense wat wil getuig wat hulle gesien en gehoor het, en dat hulle die jong klaer glo. En die ouer man se ondersteuners vertel vir die mense wat wil getuig: “Hoe kan julle ‘n gelukkig getroude man se naam ruineer met sulke stories? Sies vir julle.” Want die beskuldigde is oënskynlik gelukkig getroud. Die jong mens wat beskuldig, is nie getroud of gelukkig nie.

Hierdie ondersteuners gaan selfs sovêr as om te vertel dis “onchristelik” om iets te wil vertel wat iemand kan laat sleg lyk. Ek weet nie of beskuldigde of klaer hier die waarheid praat nie, ek was nie daar om te sien jare terug nie. Maar daardie selfde mense wat reken dat dit “onchristelik” sal wees om die “goeie gesinsman” te laat sleg lyk met nare stories, gee klaarblyklik nie om dat mense nare stories oor die klaer glo nie. Want hulle vertel die klaer is ‘n gewetenlose leuenaar, uit om ‘n “respektabele man” te ruineer.

 

Wat is dan die Christen se plig in sulke sake? Wel, die gelowige het nie ‘n stilbly-plig nie, maar ‘n plig om te “honger en dors na geregtigheid.” Is Senator Syvret reg? Weet die mense wat wil getuig vir die beweerde gemolesteerde, die waarheid? Ek weet nie. Maar ons het ‘n plig om geregtigheid te soek(1), om die regsaak van die “weduwee en wese” te behartig(2), om nie op die uiterlike (geld, respektabelheid, ens.) te oordeel nie(3). Die Christen het nie ‘n mandaat om stil te bly ter wille van gaafheid nie.

CS Lewis het vertel:

The most dangerous thing you can do is to take any one impulse of your own nature and set it up as the thing you ought to follow at all costs. There’s not one of them which won’t make us into devils if we set it up as an absolute guide. You might think love of humanity in general was safe, but it isn’t. If you leave out justice you’ll find yourself breaking agreements and faking evidence in trials “for the sake of humanity” and become in the end a cruel and treacherous man.

Of andersins sal jy bewyse verswyg en dooddruk ter wille van “humanity” -spesifiek die mense aan wie se kant jy is.

 

Nee, ons moenie “gaaf” wees, saggeaard wees, lelike goed miskyk, gelyk stel met Christenskap nie. Om te soek na geregtigheid is deel van Christenskap.

– – – – – – – – – – – – – – – – – – – – – – – – – – – – – – – – – – – – – – – – – – – – –

(1) Matteus 5:6

(2) Jakobus 1:27

(3) Jakobus 2:9; 1 Sameul 16:7b

Herbesin oor saamwoon? (2)

Die kerk gee nou baie beter redes vir herbesin oor saamwoon as in ‘n week gelede se koerant. Om aan te haal, vetdruk myne:
Die NG Kerk se taakspan vir leer en aktuele sake (Atlas) gaan egter nou herbesin oor dié kwessie omdat die kerk tans geen duidelike amptelike beleid daaroor het nie. Boonop meen al hoe meer progressiewe lidmate die kerk moet meer verdraagsaam teenoor sommige saamwoners wees.
 
 Maar behoudende lidmate en kerkleiers, onder wie die moderator, het die afgelope week gesê dit sou ’n fout wees as die kerk ’n vorm van saamwonery buite die huwelik goedkeur.
 
 As ‘n kerkgroep wil herbesin oor iets, omdat hulle nie meer wil sterk standpunt inneem oor reg en verkeerd nie, sou dit baie verkeerd wees en al die kritiek verdien wat die afgelope week hulle kant toe gekom het. As ‘n kerkgroep egter wil herbesin oor hulle nie tans ‘n beleid het hoe om mense (in liefde) te behandel, en wat om vir hulle te sê nie, is daar goeie rede om te herbesin.
 
 God se standaarde verander nie. As die kerk reken saambly sonder om te trou sou 200 jaar terug sonde gewees het, dan moet hulle ook glo dit is vandag sonde. 1 Kor. 7:9 vertel: “Maar as hulle nie in onthouding kan leef nie, moet hulle trou; want dit is beter om te trou as om deur hartstog verteer te word.”
 
 Samelewings verander. Saambly sonder om te trou kon dalk in ‘n baie preutse samelewing 150 jaar terug iets wees wat jy net doen as jy totaal alle reëls van jou samelewing verwerp, en nie omgee dat almal om jou sien dat jy absoluut vere voel vir hulle waardes nie. In só ‘n samelewing kon die predikant reg wees om saamblyers soos uitgeworpenes sonder enige morele waardes behandel. (Die Bybelse voorskrif is dat mens soms mense uit jou gemeente kan verwyder, en hulle dan soos heidene kan behandel-1 Kor 5:12-13-, maar die Bybel sê nooit dat die Christen heidene sleg mag behandel nie. ) In ons samelewing is saambly egter ‘n algemene en grootliks aanvaarde ding. As die kerk glo dat saambly teen God se wil is, is dit ons gelowiges se werk om ander kerklidmate te oortuig om anders as die samelewing te dink. Jy kan egter nie iemand te hard veroordeel oor hy soos meeste mense om hom dink, oor hy nie ‘n totaal ander waardestelsel as almal om hom het nie.
 
 Daarom reken ek kerke kan inderdaad herbesin oor saamwoon: Hoe deel ‘n mens God se onveranderlike waardes in ‘n veranderende samelewing, aan mense met veranderende waardes? Wat sê ons vir, en doen ons om te help met, moeilike situasies soos die weduwee tant Sannie wat wil trou met oom Klaas, maar voel sy kan nie bekostig om oorl’e oom Jan se pensioen te verloor nie?
 
 (Kan die kerk dalk ‘n soort troue reel waarmee dit publiek gewys word word hoe tant Sannie en oom Klaas voor mense aan mekaar trou beloof, wat bindend is volgens die gemeente maar nie volgens die landswet nie? Of is dit bedrog teenoor die pensioenfonds? Dis word beskou as Bybels verkeerd om saam te slaap sonder om trou aan mekaar te belowe- en die belofte te wil hou- maar móét ‘n huwelik deur die landswet erken word vir mense om getroud te wees?)
————
 
 Naskrif: Ek gaan vir C.S. Lewis aanhaal. Sommer oor ek lus is en dit my blog is:
 
 
 

Much of the modern resistance to chastity comes from men’s belief that they “own” their bodies — those vast and perilous estates, pulsating with the energy that made the worlds, in which they find themselves without their consent and from which they are ejected at the pleasure of Another! -The Screwtape letters
 
 Indeed, if we consider the unblushing promises of reward and the staggering nature of the rewards promised in the Gospels, it would seem that Our Lord finds our desires, not too strong, but too weak. We are half-hearted creatures, fooling about with drink and sex and ambition when infinite joy is offered us, like an ignorant child who wants to go on making mud pies in a slum because he cannot imagine what is meant by the offer of a holiday at the sea. We are far too easily pleased. – The Weight of glory

Die mees anti-godsdienstige boek – ooit

Mariano van die blog atheismisdead skryf dat daar een anti-godsdienstige boek is waarvan die argumente hom heeltemal onderkry.

Yes, there is one anti-religion book in particular that I have been aware of for some time but have, frankly, not developed the intestinal fortitude to tackle.

This book is so very anti-religion and makes such cutting statements against religion that, when discussing such matters, it is often all but ignored by both atheists and Christian apologists.

As powerful and destructive of the whole concept of religion as this book is it will, at some point, have to be tackle by someone.

I am not even writing this post as an announcement of triumph over the book’s arguments but merely to all but admit utter flummoxed defeat. It surely requires a mind much, much sharper mine to tackle this book.

Lees meer oor daardie boek, en die boek se argumente, hier.

En dis die beste rede om nie godsdienstig te wees nie…