Oor my

Dit is die blog van Retha Faurie

Talle dinge weet sy nie

Maar wat sy weet, dit sal sy lys:

Jesus is God, en het dit op talle maniere bewys.(1)

Wanneer sy nie weet, vra sy vrae

oor al die dinge wat haar breintjie pla.

Sy blog oor geloof, wat moet saak maak

want Jesus het haar nuut gemaak.

Sy blog oor Nuwe Ateïste, vir hulle opinies so-aan-die-brand

hulle reken sowaar logika is aan hulle kant

Sy blog oor omgee, wat dit sou beteken

om op hierdie aarde jou medemens se belange in te reken

Sy blog oor sommer kleinighede wat sy tussenin dink

Terwyl haar mede-bloggers met comments rinkink.

 

Salomon Ibn Gabirol het lank terug vertel wie jy kan glo(2)

As jy my dan dwaas vind, behandel my so.

As jy egter reken ek is ‘n kind

Help my om die waarheid te vind

As ek aan die slaap is, kan jy my wek, asseblief?

En as ek wys is, leer hier en wys jy het die waarheid lief.

 ———–
Kontak my: As jy my wil kontak, ek is rethafaurieATgmailDOTcom

———–

(1) I believe in Christianity as I believe that the sun has risen: not only because I see it, but because by it I see everything else.

–C.S. Lewis

(2) There are those who know not and know not that they know not

The are fools-shun them

There are those who know not and know that they know not

They are children- teach them

 There are those who know and know not that they know

They are asleep- wake them

 There are those who know and know  that they know

They are wise- follow them

 

–Salomon Ibn Gabirol

38 responses to “Oor my

  1. nog iemand wat verstaan…

    “mens gemaakte blik gedrukte christelikke bestaan”

    Dog ek raak van my kop af… wa het alles verkeerd gegaan?

  2. My name is Botha (as in Earl)

    “Ek wil my koppie toevou om God en godsdiens (die twee pas nie altyd so goed bymekaar as wat mens dalk dink nie)”

    Dit is omdat godsdiens mensgemaak is en eintlik niks van God bevat nie.

    Godsdiens is net ‘n WYSTER na God — dit dui rigting aan — dit is nie God nie.

  3. My name is Botha (as in Earl)

    Retha

    Ek dink aan iemand:

    Die persoon het uiters bekend oor die aardbol, hy het geweldig baie invloed op baie mense, en hy is/was ‘n Christen nie.

    Aan wie dink ek?

  4. My name is Botha (as in Earl)

    Sorry! Moes lees:

    en hy is/was nie ‘n Christen nie.

  5. Cool site – hou van jou views.

  6. Retha, ek het ook ingeloer. Jy het ‘n wonderlike missie. Ek kom kuier weer en sien uit na indringende gesprekke met jou.

  7. Retha, dit is sommer net lekker om te sien dat iemand dink en nie net sluk wat die lepel voer nie. Sal gereeld hier inloer.

  8. Hi Retha, jy klink vir my heeltemal te veel soos ek self! Mail my asseblief by marius@eprojects.co.za ek sal graag meer van jou wil hoor.

    Groete
    Poener

  9. Hi Retha,

    Dankie vir die inloer op my blog. Dit lyk vir my of ek hier ook nogal gereeld iets van waarde sal kan lees.

    Groetnis en seën vir jou,
    Berns

  10. Retha jy noem dat Jesus God is en dat dit al op talle maniere bewys is. Kan jy asb. net een stukkie bewys bring dat enige een van hulle bestaan (het). Moet asb. nie die Bybel as bewysstuk bring nie. Dit is ‘n hoogs onbetroubare boek. Enige bewyse buite die een bek?

  11. Die Bybel, George, is nie een boek nie en moenie so hanteer word nie. Dis 66 boeke. As jy bv. iets in die geskiedenisboek 1 Konings onakkuraat sou vind, en iets in die boek Markus, vertel dit niks van die akkuraatheid van Eksodus, of Lukas, of Jakobus nie.

    As jy dus my vra om een onbetroubare boek te vermy as ek bewyse gee, watter een? En moenie “al 66” antwoord sonder om bewyse van onbetroubaarheid vir elk van die 66 te gee nie. Want ek kan nie jou vraag antwoord as hy op verkeerde aannames gegrond is nie. Nes ek nie “het jy al opgehou met die elke oggend se brandewyn drinkery by die werk? Antwoord met ‘n eenvoudige ja of nee!” sal antwoord nie.

  12. Well how about that! I ask for proof of god’ existence and I get swamped with multiple references to https://gelowigenondersoekend.wordpress.com/om-jesus-te-volg-maak-sin/

    George asks the same question and … ziltch, nada, nothing.

    What is it … am I saying it wrong?

  13. George, ek wil jou komplimenteer vir die gesindheid waarmee jy hier aangekom het. Jy het op my blog begin deelneem deur ‘n vraag te vra, eerder as deur dadelik ‘n agressiewe vyandigheid teen geloof te wys. Laasgenoemde is die algemene reaksie vir ateïstiese eerste-keer-besoekers hier.

    Andrew, ek reageer anders op George as met jou omdat hy op ‘n ander manier met my begin kommunikeer het. En as ek reg onthou, het jy begin by ‘n ‘n bewering -“There is no evidence” – nie by ‘n vraag oor “proof” nie. Ken jy al die verskil tussen evidence en proof?

  14. “Ken jy al die verskil tussen evidence en proof?”

    Ja ek dink so, maar dit vertaal nie so lekker in Afrikaans nie.

    Na ‘n komentaar deur BiB netnou op jou blog, besef ek vir die eerste keer dat ek meer as net ‘n ateis is, ek is inderdaad ‘n anti-teis. Ek dink die beskaafde manier waarop meeste ateiste julle mense benader is net merkwaardig.

  15. Retha, ekskuus dat ek so met die deur in jou blog inval maar ek wil graag vir George, en Andrew, iets verduidelik.
    Die verandering in my lewe, en meer in myself (emosioneel en geestelik) vandat ek by Jesus uitgekom het (let wel nie by die kerk nie, daar was ek van kindsbeen af) is ‘n lewende bewys dat Hy bestaan en dat Hy God is. Verhouding met Hom, net soos met jou vrou, ouer of vriend, kan nie soos ‘n exact science beskryf of bewys word nie, dit kan net deur self-beleef, bewys word. Hoekom probeer jy nie en dan gesels ons weer.

    Jammer Retha as ek nou te voorbarig was of as jy dalk nie met my belewenis en siening saamstem nie, delete dan maar hierdie comment.

  16. Ekisanna,

    Jy sê dat jou persoonlike ondervinding ‘n god se bestaan bewys. Dit is moeilik om agter te kom of jy die gek skeer en of jy werklik ‘n betekenisvolle bydra tot die gesprek wil lewer. Hoe sal jy die woord “bewys” definieer?

  17. Ekisanna, jy hoef glad nie verskoning te vra oor wat jy vertel nie. En ek delete nooit iets oor ek nie daarmee saamstem nie. Voorbarig? Nooit.

    Andrew, sy skeer nie gek nie. Ek gaan nie haar lyn van argument vir hierdie gesprek gebruik nie, maar persoonlike verhoudings bewys inderdaad iemand se bestaan- teenoor die mens in die verhouding, nie teenoor iemand anders nie.
    Kom ons vat ‘n voorbeeld met minder emosionele lading as Jesus: Ek het, argumentsonthalwe, ‘n vriendin gehad, Lisa, wat 5 jaar terug oorlede is en wat jy nie geken het nie. Selfs as ek nie fotos van haar het om aan jou te bewys sy het geleef nie, selfs as binnelandse sake haar doodsertifikaat laat wegraak en jy nie meer daar bewyse van haar kry nie, haar bestaan is aan my bewys oor ek haar geken het. Baie so met vriendskap met Jesus.

    Nou ja, as iemand se bestaan en karakter net só bewys word teenoor die vriend(in), hoe kan dit iemand anders help? Wel, jy kan aan die vriend(in) se karakter toets, en aan hoeveel ander dieselfde storie het, of die vriend(in) geloofwaardig is. Indien wel, kan jy self nader stap en kennis maak.

  18. Ek is sommer net ‘n leek wat nou nie sal probeer om te argumenteer met slim woordgebruike nie, maar ek wil nog net dit se: Ek het ook al die agnotiese, en tot ‘n mate, die ateis ding probeer en dit het nie gewerk nie.

    Ek vra mooi Andrew, lees asseblief weer my laaste sin voor my laaste paragraaf.

    Nou sal ek stilbly.

  19. Ekisanna, ek het weer gelees, dankie.

    Moenie stilbly nie, dit is belangrik dat almal gehoor word. Ons kan nie opinies vorm oor iets as ons nie bewus is van al die argumente nie. *

    * Tensy jy doelbewus stilbly omdat my argument so swak is, dat dit eintlik die punt wat jy maak ondersteun. 😉

  20. marius van jaaarsveld

    Hi Retha. Het jy enige navorsing oor die vorm wat kinders verkies sondagskool moet aanneem in vandag se tyd. Bv sang ,musiek en voor klasse ens .Kleintyd het liedtjies gesing met aksies en dan klasse bygewoon .Wat is vandag die behoefte van die moderne kids en tieners as dit kom by die formaat wat die sondagskool moet aanneem. Hoor graag van jou!
    Marius

  21. Marius, hoewel jy jou vraag op hierdie draad gevra het, is die antwoord hier:

    Lesse vir kinderwerk: Nuwe skakels, voorbeelde

    Dis sodat ander mense wat net in die een blog-afdeling hier belangstel, makliker op jou vraag sal afkom.

  22. Hey retha ek is nog op skool en vra vir bietjie raad of webblaaie waar ek kan opinies kry oor diesaamwoon van paartjies voor die huwelik, sowel as die slegte eetgewoontes van die mense in SA
    Enige Raad sal opreg waardeer word. dankie

  23. Hey retha ek is nog op skool en vra vir bietjie raad of webblaaie waar ek kan opinies kry oor diesaamwoon van paartjies voor die huwelik, sowel as die slegte eetgewoontes van die mense in SA Enige Raad sal opreg waardeer word. dankie

  24. Hi Retha, hoe spyt is ek nou dat ek nie al lankal hier ingeloer het nie. Ek gaan beslis van nou af ‘n gereelde leser hier wees. 😉

  25. Intressante leesstof….ek hou die spasie dop. Lekker blog Retha.

  26. Retha, baie netjies blog

  27. Retha

    Ek het heel toevallig (soos dit met bnuwe bloggers gaan) op jou skrywes afgekom. Het dit geniet om te lees.
    Ek dink die debat wat hier gevoer is is ontsettend belangrik vir ons tyd en dis belangrik dat alle standpunte gehoor word. In die verlede is Christene te veel beskuldig (soms met reg) dat hulle onverdraagsaam is. Die grootste kenmerk dat Jesus leef, is die nalatenis van sy liefde – ‘n radikale anderste liefde wat die wereld nog nie gesien het nie. Dit behoort in sy volgelinge (lees dissipels ) te leef. Die probleem het gekom toe die kerk deur onvermydelike geskiedkundige ontwikkeling in ‘n instituut verander het – en nie meer ‘n beweging was nie. Ons taak as gelowiges is om Christene weer ‘n beweging te maak- ‘n beweging van liefde – gedring deur die liefde van Jesus.

    Ook as ons oor die onderwerpe praat moet dit met die grootste verdraagsaamheid geskied – Dankie dat ek dit hier in jou gespreksgenote raaklees!!

  28. Slim Jannie

    Retha
    Hoekom maak Jesus vir jou sin maar Mohammad en Allah nie? Kan dit wees omdat jy in ‘n Westerse Kultuur gebore is .
    Is jy seker jou tradisie het geen invloed op jou keuse gehad nie? Het jy die Christendom gekies of het jou ouers die Christendom vir jou gekies.

  29. Want Mohammad en Allah voldoen nie aan veel punte op afdeling A-C op die Om Jesus te volg maak sin blad nie. https://gelowigenondersoekend.wordpress.com/om-jesus-te-volg-maak-sin/

    En ek glo nie wat my ouers my geleer het nie. My ouers het dus nie my geloof gekies nie.

  30. Dankie vir jou lekker leesplek! Blessings!

  31. Christelle le Roux

    Sopas op jou blog afgekom. Nog nie in diepte gelees nie, maar ek was dadelik geinteresseerd. Ek vind die onmiddellike aanval tegniek van mense so amuserend. Ai ons mensdom tog..

  32. Love jou site. Gaan beslis op ‘n paar goed comment. Dankie vir jou boldness om die waarheid te praat en dankie dat jy bereid is vrae te vra! Ek love dit!

  33. Dankie vir die positiewe comment! Ek het dit vandag nodig!

  34. Goeie Dag
    Nie veel gelees hier nie, eintlik iets anders gesoek op die net toe kom ek hier af. Ek het hoofsaaklik die kommentare bo gelees en weereens verbaas dit my dat ateiste so besorgd is oor of God bestaan of nie. Daar is net een vraag, waarom is hulle so besorgd daaroor? Gaan kyk na “godsdiens” internet forums en gewoonlik is daar meer ateiste wat daar skryf as gelowiges. Dit is ten minste ‘n bewys van Semen Religionis sal ek sê.

    Laastens, Christene hoef nie te bewys dat God bestaan nie, want dis soos om te vra na bewyse dat lug bestaan, dis net obviaaaas, haal bietjie asem dan toets jy (alhoewel ek tog binne perke nie omgee om sulke gesprekke te voer nie)!
    Maar ateiste moet bietjie vir ons bewys dat julle god nie bestaan nie.

    Seën en groete vir julle!

  35. Dankie. Waarom sê jy “julle” en nie “jy” nie?

  36. Hi
    Bedoel jy nou in die seëngroete? Indien so, ek sê “julle” omdat ek meen die wie dalk daar lees.

  37. Ek sukkel maar met Afrikaans maar wanneer gaan jy die olifant in die kamer aanpak? Ek praat van die anti-Bybelse Calvinisme en hervormende/Gereformeerde nonsens? Daar is nie plekke wat minder van vroue dink as die klomp nie en hulle wil alles beheer en dink dat hulle God se spediale mense is, die “elect.”
    Vat jou tyd en jy sal verstom staan as jy begin delf in die kamtige telogiee. Luther was ‘n anti-Joodse, anti-vroue vark met ‘n vuilbek en calvin was die amper die duiwel homself.
    Neem jou tyd; dit sal die moeite werd wees.

    Baie liefde,

    Janine in Brittanje

  38. Hallo, Janine.

    Wanneer ek met anti-vrou teologie te doen kry, skryf ek daaroor. Ek was nog nooit in ‘n dopper (Gereformeerde) kerk nie (moontlik as kind, maar dan onthou ek dit nie), en het my daarteen uitgespreek die enigste keer wat ek met Gereformeerde seksisme te doen gekry het. Ek het my eweneens al uitgespreek daarteen (op hierdie blog) toe ek in ‘n Hervormde kerk sien hoe mans opstaan en vroue sit die dag toe ek ‘n Hervormde kerk – met ‘n vroulike predikant – besoek het.

    Wat Luther en Calvyn betref, die Here lei my nie tans in daardie rigting nie. Ek hoef ook nie te glo wat Luther geglo het oor bv. Jode nie. .

Lewer kommentaar