Monthly Archives: Maart 2016

Ek? ‘n Inspirasie?

Nou die dag gebeur ‘n snaakse ding. Iemand vertel my dat ek “so ‘n inspirasie” is.

Eintlik het dit begin as ‘n net-onder-normale, ietwat frustrerende Sondag: Die gemeente waar ek nou kategese aanbied is, volgens loop-afstand, eintlik nogal vêr van my huis af. Maar ek loop nooit Sondagoggende kerk toe nie, so dis geen probleem nie. Maar daardie oggend het ek nie my normale lift gehad nie, en ek wou nie iemand vra wat dit met ‘n slegte gesindheid sou doen nie, toe loop ek maar. Lees voort