Monthly Archives: April 2010

Blog oor ateïsme is nie tydmors nie

 Jy mors jou tyd,” sê hulle. “Jy gooi jou pêrels voor die swyne,”vertel nog een. Medegelowiges trek skouers op en stel min belang in wat ek doen. Hulle kan nie sien waarom dit nodig is nie.

Waarvan praat ons hier? Skryf oor ateïste en hulle bewerings.

Hoekom skryf ek wat ek skryf? Want die militante ateïste mislei beinvloedbare jong mense. Hulle mislei hulle volgelinge met leuens en vals argumente.* Hulle mislei die volgelinge om te dink dat ateïsme slimmer en meer rasioneel as geloof is. En daardie leuens hou mense weg van die Een wat die Weg, die Waarheid en die Lewe is. Hulle dryf nie net hulle volgelinge weg van die waarheid nie, hulle beïnvloed die hele klimaat van die samelewing. Deur Christenskap te verkleineer en mee te help om dit te marginaliseer, vat hulle die geskiedenis se mees merkwaardige positiewe invloed uit die samelewing weg.

En? Probeer ek om Dawkins of Hitchens of George Claassen te bekeer hierdeur? Nee. Ek skryf dit vir die mens wat mislei word deur hulle geraas. Ek skryf vir die mens wat dalk nog in die toekoms kan mislei word deur hulle geraas: Die anti-godsdienstiges is nie so rasioneel of so slim as wat hulle voorgee nie. Hulle verdien nie die titel “Brights” wat hulle vir hulself toe-eien nie. Hulle is, om die waarheid te sê, grootliks bedrieërs wat doelbewus en demonstreerbaar mislei.

Ek skryf oor ek self moedeloos in my geloof gemaak is toe ek nog hulle leuens geglo het. En daarom vertel ek selfs op hierdie draad: Nog elke keer wat ek ‘n ateïs ‘n informasie-stelling teen geloof hoor maak het, en ek later die data opgesoek het, was dit ‘n oneerlike stelling. Of hulle oor die egskeidingsyfer onder gelowiges, die invloed van geloof op kinders, of godsdiens en oorlog praat, hulle jok en verdraai elke keer wat ek al hulle eerlikheid getoets het.

Hierdie is nie net ‘n sinlose getwis oor woorde nie.**

En hoekom skryf ek soms met só ‘n disrespekvolle toon oor hulle? Glo ek nie, soos Dr Andries Gouws sê, dat mens luidkeels, liefdevol en intelligent moet protesteer nie?

 Want “Brights”(hulle naam-keuse, nie myne nie) se groot probleem is hoogmoed: Arrogansie oor hulle intelligensie, oor hulle kwansuis soveel slimmer is as ons wat, om Claassen aan te haal, iets glo wat “lagwekkende bog, twak, oneties, gemanipuleerd” is. As iemand se intellektuele hoogmoed hom van God af weghou, is die grootste (en liefdevolste!) guns wat jy hom kan doen om te wys hoe lagwekkend onnosel sy denke is. Hoe meer mense sy opinies as lagwekkend verkeerd beskou, hoe beter is dit potensieel vir hom.

Dawid is reg (Ps. 14:1): Om te dink daar is nie ‘n God nie maak jou ‘n dwaas, en nie net in ‘n spesiale geestelike sin nie. Om dwaashede van anti-Christene uit te wys is in belang van die swakker Christen, van die mens wat nog nie vir of teen Jesus gekies het nie, vir die samelewing, en selfs dalk van die geharde anti-Christen homselwers.

Dis nie ál die ateïs nodig het op sy pad terug na God nie, maar dit is ‘n deel daarvan.

 ——————————————————————

 *leuens en vals argumente: Hier bedoel ek nie “goed wat die Bybel sê vals is” of “goed wat ek nie wil glo nie” ek bedoel objektief onwaar stellings en argumente waar die gevolgtrekking nie volg op die gegewe data nie.

 **Rich Bordner:

I frequently hear Christians dismiss apologetical ventures because “its all just arguing about words. You can’t win anyone to Christ with an argument. Only the Holy Spirit can do that. It’s all head and no heart and is totally irrelevant to my life.”
First, [I can see the character and love for God in apologists and Christian philosophers.] This puts that last objection (it’s all head and no heart) in it’s place.
Secondly, *nothing* in isolation can win someone to Christ without the Spirit, not even love or acts of service. But people are won over to Christ with arguments all the time when they are used by the Holy Spirit. With the Holy Spirit’s help, they are quite potent.

Oeps! Alweer ateïste se logika

Die ateïs George Claassen is onlangs genooi om die (omstrede) teologie fakulteit van die UP te open. Volgens Hennie Mouton in “Juig”:

…die tragiese is, dat George Claassen nie net evolusie gepropageer het nie — hy het geloof in God en God self blatant aangeval. Hy het by implikasie beweer dat moderne wetenskaplikes, onder andere Charles Darwin, groter gesag as die Heilige Gees het. Sy redenasie was eenvoudig — die evolusionistiese wetenskap het die Bybel verkeerd bewys, Christene glo dat die Heilige Gees die Bybel geïnspireer het, en daarom weet moderne wetenskaplikes meer as die Heilige Gees en het dus hoër gesag. Dit is nou ingeval die Heilige Gees bestaan – wat Claassen in elk geval nie glo nie.

Ek weet nie wat Claassen vertel het om “die evolusionistiese wetenskap het die Bybel verkeerd bewys” te regverdig nie. Sulke “bewyse” skiet gewoonlik sleg tekort, en klink net oortuigend as jy nie daaroor nadink nie. Rosalind Franklin het byvoorbeeld al hier vertel:

die sterkste bewys [vir evolusie, teen skepping] die menslike genoomprojek wys aan ons dat die mens nie uniek “geskape” is nie, maar gene besit wat sover as 500 miljoen jaar gelede ook in ander organismes gevind is. Ons deel selfs gene met visse en honde en talle ander organismes.

Komponente wat hergebruik word is natuurlik geen argument teen ontwerp nie. Ontwerpers hergebruik dikwels komponente. ‘n Argitek gebruik nie net gereeld sement, bakstene en vensterglas in byna alles wat hy doen nie, hy hergebruik ook goed soos die standaardhoogte van plafonne, die standaardgrootte vir deurkosyne, en 90-grade-hoeke. ‘n Programmeerder van rekenaarspeletjies gebruik stukke rekenaarkode oor en oor. (In my opinie het mense wat reken dat sekere wetenskapfeite onversoenbaar met sekere Bybelfeite is, gewoonlik ‘n wanbegrip van óf die Bybel of die wetenskap, maar dis net persoonlike ervaring.)

Maar kom ons veronderstel, argument’s onthalwe, Claassen se aanname is reg, dat hy onbetwisbaar bewys het dat Genesis onversoenbaar met wetenskap is.

Selfs dan is die aangehaalde argument nie waar nie. ‘n Veronderstelling wat Claassen daar gemaak het, sonder om dit te noem, was: “Die Heilige Gees se doel met die Bybel was om ons alles wat Hy weet te vertel oor die natuur en niks wat Hy weet uit te laat nie.” Want as die Gees ‘n ander doel gehad het, en minder as alles wat Hy weet in die Bybel laat neerskryf het, is die aanname verkeerd dat die Gees minder weet/ minder gesag het as moderne wetenskaplikes.

Weereens hou ongelowiges se argumente teen God nie water nie.

————————————–

Naskrif:

  • Sien Claassen se kommentaar -en my antwoord daarop – vir hoe Claassen nie sy “die Bybel is ‘n onbetroubare boek” wil of kan staaf nie.(Uit sy vraag, dink ek dat Claasen dalk onbewus is dat Jesus ‘n werklike historiese karakter is wat deur sekulêre geskiedkundiges erken word.) Sien “Ek sien foute in die Bybel, wat nou?” vir waarom, selfs as daar foute in die Bybel sou wees, dit nie die einde van Christenskap moet wees nie.

  • Ander kommentaar oor Claassen-stellings hier (veral die naskrif) en hier.

Evolusie: Glo wat bewys is, sê Perry Marshall

 Perry Marshall is ‘n ingenieur wat glo in ‘n deel van die evolusieteorie. En in ‘n ander deel nie. Die res, sê hy, is nie wetenskaplik waar nie.In “7 Biology Myths an Electrical Engineer Would Never Tolerate” lys hy ‘n paar mites oor die saak. Aan die uitgebreide kommentaar onderaan lyk dit of ingeligte lesers nie sterk met hom verskil nie.

Hier is ‘n uittreksel:

To the average biologist and to the average man on the street, it [Random mutations occasionally conferring a benefit to an organism; natural Selection filtering out the harmful mutations, causing species to evolve] sounds perfectly plausible. And I fully understand why people believe this.

But I’m an EE. I know that the information in DNA is a signal. By definition, random mutations are noise.

Telling a communications engineer that adding noise to a signal sometimes create new, useful data structures is… absurd! You’ll be hard pressed to find any communications engineer who, upon examining this claim, would agree with it. Have you ever had a data glitch on your computer that improved your files? Ever?

There is not a one single principle or practice in engineering that would ever suggest that this is actually true. All the Natural Selection in the world is powerless without a beneficial mutation. And you’ll never get a major benefit from accidental copying errors.

The mutations that drive evolution are systematic and directed, not accidental.

En hier is ‘n stukkie Perry Marshall- kommentaar, oor ‘n vraag of Intelligente ontwerp in ‘n wetenskap- klaskamer hoort.

Great question, should the origins debate be considered in science class, or in a history or philosophy class?

In the origins debate, if we carefully and strictly limit the discussion to that which can be scientifically, empirically proven – and not just anecdotal historical evidence – then both sides have astonishingly, precious little to present.

Seriously, whether you talk to a creationist or an evolutionist or anyone in between, 99% of their arguments are anecdotal, not genuinely empirical and scientific (though they still may be logical). And some of the best logical arguments available are inductive, not deductive. So maybe it belongs in a history or philosophy class.

What does belong in a science class is a careful analysis of what is empirical vs. what is anecdotal – a truly skeptical survey of all the evidence, showing that nearly all of it is anecdotal would be quite surprising for most students.

Skepticism cuts both ways, you know.

Ek gaan nie voorgee om naastenby soveel soos hy van die saak te weet nie, maar kom ons onderskei in wetenskap tussen wat bewys is – en wat nog nie bewys is nie.

————

Naskrif: Kritiek op Marshall se idees kan gerus op sy blad gegee word, in Engels.

Ander naskrif: Sien my blog-argiewe vir hoekom evolusie nie geloof verkeerd bewys, of Jesus onnodig maak nie.

Lesse vir kinderwerk: Nog skakels

Liewe leser, as jy in hierdie tema belangstel, daar is nuwer artikels van hierdie soort, met meer onlangse skakels na materiaal.

Klik hier vir die reeks resensies van lesmateriaal se deel 6: Voorstelle en vergelyk van lesmateriaal
(Sien veral die vergelykende tabel van daardie blad, want daar is skakels direk na voorbeeldlesse en waar lesse gekoop kan word.

Klik hier vir deel 7: Voorbeelde van tiener- en kleutermateriaal

  – Rooi woorde bygevoeg 6 Sept 2013

Paidion kinderbediening verkoop materiaal vir kinders van peuters (2 en 3 jaar) tot Gr. 6.

Ek is regtig beindruk deur Paidion se Gr. 4-6 voorbeeldles (hier en hier), en die lys temas vir daardie ouderdomsgroep. Aan die bietjie wat ek sien lyk dit meer intellektueel stimulerend as meeste materiaal – dit is die eerste kinderles wat wat ek ooit gesien het wat werk maak van ‘n sogenaamde teenstrydigheid in die Bybel (Die verskillende klem in Genesis 1 en 2). Te oordeel daaraan dat kinders gevra word om ‘n paar Bybelboekname ‘n slag op ‘n ry te leer lyk dit of Bybelhantering deel van die lesse is. En die program-siklus lyk op die oog af meer gebalanseerd en op wêreldbeskouing en dissipelskap gefokus as baie kinderlesse se eensydige, “vroulike” fokus op God se liefde en genade en ander liewe en dierbare sake. (Hierdie is ‘n eerste oogopslag- beoordeling, van materiaal wat ek nog nooit gebruik het nie.)

KidsXpress het nuwe Kinderkerk-materiaal: 4×4 avontuur vir kinders: ‘n Reeks van 6 lesse oor die lewe van die volk van God vanaf die beloftes van Abraham tot die bou van die Tabernakel.

En Bybelmedia se jeugfokus-katalogus kan hier afgelaai word.

Hier is ‘n paar kort voorwerplesse vir wanneer jy net vir ‘n paar minute iets met kinders moet aanbied, les-idees as jy oor Paulus se sendingreise praat, en gebed-idees.

————-

Soortgelyke artikels hier en hier.

“Genocide in South Africa”: Swede hou optog

In Stockholm was daar laasweek ‘n optog oor die moorde op Suid Afrikaanse boere. Om aan te haal:

About a hundred participants joined the assembly at Sankt Eriksplan in Stockholm around noon. Except the organization´s own members and supporters, members of other nationalist groups showed up in support of the Boer. Once gathered, participants flanked the street with flags, a banderole, shields and signs. Both the Resistance Movement´s own flags, as well as the Vierkleur flag was represented. The banderole read “Stop the Boer genocide!” and the signs showed a portrait of the murdered leader of the AWB, Eugéne Terre’Blanche, who was honoured today as well. While the protesters waited for the march to begin, they distributed leaflets containing information about the South African situation to onlookers and people passing by…Kristian Nordvall – a member of the Resistance Movement – held an emotional speech in which he spoke about the importance of the protest, about the reality in South Africa, and about how we must bring attention to the ongoing genocide, which politicians and the media ignores.

Dis jammer dat hulle ET-plakkate as deel van hulle protes gebruik, want ons is nie almal so nie. Maar dan, die ET van die laaste jare was ook nie die ET van vroeër nie. Maar nou, meet die sokker-wêreldbeker, is die ideale tyd vir bloggers en alle Suid Afrikaners om die aandag te vestig op wat hier gebeur: Die misdaad, hoe slagoffers vir misdaad geblameer word, sprake om plase af te neem en myne te nasionaliseer, ongeregtigheid in werk-aanstellings, ens.

Adv. Simelane, staaf dit

Uit Beeld:

 Adv. Menzi Simelane, hoof van die nasionale vervolgingsgesag (NVG), glo sommige wit aanklaers hanteer wit beskuldigdes beter as swart beskuldigdes.

“As jy wit is, jy het dronk (bestuur) en die aanklaer is wit, sal jy moontlik vry daarvan afkom.
“Maar as jy swart is, sal dit nie gebeur nie. Dit is die werklikheid, ons weet dit,” het Simelane eergisteraand tydens ’n debat by die Universiteit van die Witwatersrand in Johannesburg gesê.

As Adv. Simelane dít op my blog probeer sê het, sou ek hom uitgedaag het om bewyse te bring. Hy sou moes voorsien:

a) die name van minstens 3 wit regters

b) elk van die 3 se aantal wit en swart aangeklaagde dronk bestuurders

c) die persentasie wit bestuurders wat vry daarvan afkom by elk van die 3

d) die persentasie swart bestuurders wat vry daarvan afkom by elk van die 3

 Selfs dan het hy nog nie bewys dat dit reg is om te veralgemeen nie. Ek wens die land het meer skeptici wat bevraagteken wat hulle hoor…

Jesus het opgestaan! (Maar hoe verstaan mens die 3 dae?)

Daar is ‘n soort ding op hierdie blog wat baie gevaarlik is. Ten ergste kan dit ontaard in die “sinlose getwis oor woorde” waarteen die Nuwe Testament meer as eenkeer waarsku (Bv. Kol. 2:8 2 en Tim 2:14). Ten beste kan dit vrae opklaar waarmee party van ons worstel.

 As die vraag “hoekom praat die Bybel dan dat Jesus 3 dae in die graf was, terwyl ‘n bietjie Vrydag, ‘n hele Saterdag en ‘n stukkie Sondag nie eers twee vol dae is nie?” nog nooit by jou opgekom het nie, dan hoef jy nie verder te lees nie. As die vraag egter vir jou iets is wat jou laat wonder oor Jesus se getuienis (Toe Jesus gevra is op watter gesag Hy doen wat Hy doen, en watter teken Hy kan wys, het Hy gesê dat as die tempel (Sy liggaam) afgebreek word, Hy dit in 3 dae kan opbou, Johannes 2:19), of as jy iemand ken wat dit as argument teen Jesus se betroubaarheid gebruik, kan hierdie dalk help.

 Die Bybel, die ou bronne waaruit ons vertaal, vertel nie in soveel woorde Jesus is op ‘n Vrydag gekruisig nie. Dit vertel Hy is op die dag voor ‘n spesiale Sabbat gekruisig. (Johannes 19:31) Party vertalings van die Bybel vertaal dit as Vrydag. Daardie vertaling is nie noodwendig reg nie, soos jy nou sal sien.

 Elke Saterdag, van Vrydag sononder tot Saterdag sononder, is ‘n Joodse Sabbat. Maar die Jode het ook spesiale Sabbatte gehad. Hulle het dit nog steeds. Spesiale Sabbatte is vakansiedae wat elke jaar op dieselfde dag van die jaar val. Dit beteken dat sulke Sabbatte nie altyd op dieselfde dag van die week val nie, nes Kersfees of Nuwejaar nie elke jaar op dieselfde weeksdag val nie. As Jesus “die dag voor ‘n spesiale Sabbat” gekruisig is, weet ons nog nie watter dag van die week dit was nie.

 Jesus was op die dag van die paasmaaltyd, die 14de van die maand Nisan, gekruisig. (Mark. 14:16-17 vertel dat dit Pasga was toe die Nagmaal gebeur het. Jesus is die nag in hegtenis geneem en die volgende oggend – omdat Joodse dae by sononder begin was dit nog 14 Nisan – gekruisig.) Die dag na dit – 15 Nisan – was ‘n spesiale Sabbat, die fees van die ongesuurde brode. (Lev. 23:6-7)

Party geleerdes reken Hy is op ‘n Woendag gekruisig. Volgens hulle was Jesus begrawe net voor sononder. Hy spandeer dus die hele Donderdag (wat by sononder begin het), Vrydag en Saterdag in die graf. Hy is volgens daardie teorie opgewek met sononder Saterdag. Toe die vroue Sondagoggend by die graf kom, was Hy nie meer daar nie.

 Ander reken Jesus is op ‘n Donderdag gekruisig. Tot Vrydag, Saterdag, en Sondag is dan 3 dae.

 Dan is daar ook die mening dat “3 dae” vir die Jode ‘n term was wat ook gedeeltes van 3 dae kan beteken in Joodse spraak van die era. Rabbi Eleazr ben Azariah het in 100 A.D geskryf:

 “A day and night are an Onah (period of time) and the portion of an Onah is as the whole of it.”

 As dit die geval was, kon hy op ‘n Vrydag gekruisig gewees het, want dan kan die laaste ure van Vrydag, die hele Saterdag en ‘n bietjie Sondag “3 dae” wees, in Joodse idioom.

 Die punt is dat die 3-dae “probleem” glad nie vir ‘n Joodse leser, wat die kultuur van die Bybel verstaan, ‘n probleem is nie. En dit hoef ook nie vir ons te wees nie. Daar is geen rede om aan te neem die Bybel is verkeerd daaroor nie. Ongeag watter taal jy praat of uit watter kultuur jy kom: Hy het opgestaan, Hy het waarlik opgestaan.