Monthly Archives: Maart 2014

As ek vir tieners sou Sondagskoollesse geskryf het, wat sou ek hulle vertel het oor seksualiteit? Deel 1

Hierdie gedagtes pen ek neer ter wille van jeugleiers/Sondagskool-onderwysers wat dalk ook oor die saak dink, of iets wil byvoeg by wat hulle aan die jongmense oordra. Dalk gee iets hieronder jou idees. Dalk kan jy iets byvoeg in die kommentaar wat vir mense beter idees kan gee. Dalk kan jy vertel waarom sekere idees hieronder nie goed is nie.

1) Ek sou nie ‘n dag opsy gesit het vir ‘n les spesifiek oor seks en wat die Bybel daaroor vertel nie.

Seksualiteit is nie ‘n aparte saak wat niks met iets anders te doen het nie.

Dis dalk beter om seksuele toepassings, nes enige ander toepassings, te maak waar seksualiteit by die hooftema van jou les aansluit: As die tiener sy medemens moet liefhê soos homself (dis heel moontlik ‘n tema in een van jou lesse), wat vertel dit van die soort dade in pornografie, waar net een party se behoeftes sentraal staan? As hul waarde in Christus gevind word, watter invloed het dit op hoeveel goedkeuring sy by seuns soek, of op wat hy sal doen om soos sy vriende te wees?

Toepassings oor seksualiteit kan wees onder die toepassings wat gemaak word oor byvoorbeeld: Lees voort

As ek vir tieners sou Sondagskoollesse geskryf het, wat sou ek hulle vertel het oor seksualiteit? Deel 2

<< Vervolg vanaf hier.

6) Ek sou in gedagte hou dat baie van hulle se eerste kontak met seks nie hulle keuse was nie.

Niks wat ons vertel mag veroordelend klink vir ‘n jongmens wat misbruik is nie. Ons moet onder meer oor genesing praat – ‘n God wat al die trane sal afdroog, wat ‘n geknakte riet nie afbreek nie. Lees voort