‘n Ander blogger vra my ‘n tyd gelede of ek nie Adgator ads wil gebruik nie. Gesien in die lig daarvan dat verskeie van my poste op daardie stadium aandag getrek het, kon ek net sowel ‘n wins daaruit maak. Dis seker die regte ding vir party ander mense om te doen. Maar ek ken vir Retha. En ek weet hierdie Retha kan nie vertrou word daarmee nie. As ek Adgator ads gebruik op hierdie stadium, sal dit my in die versoeking plaas. Hierdie mensie sal dan wil sê wat aandag trek, oor watter temas ook al aandag trek. En wil antwoord op maniere wat aandag trek.
Dit sal opregtheid hier dalk ‘n knou gee. En opregtheid is belangrik.
Ja! Ek stem saam! Niks, ek herhaal NIKS kom by INTEGRITEIT nie!