Was Jesus ‘n Kersfeesbaba gewees?

Ek kom vandag af op verskeie artikels oor die tyd van die jaar wat Jesus gebore is.


Die een maak ‘n saak dat Hy 25 Desember gebore is. Hiervoor gebruik hulle die tyd van Sagaria se priesterdiens, asook die vroeë kerk se geskrifte. Om aan te haal:

Bishop Cyril of Jerusalem (348-386 A.D.) had asked Pope Julius to ascertain the date of Christ’s birth “from the census documents brought by Titus to Rome” after the destruction of Jerusalem in 70 A.D. Julius then determined the date of Christ’s birth to be Dec. 25.

Die ander artikel reken Maria het swanger geraak met Jesus op die 25ste Desember. Dit grond hulle veral op die die van die jaar wat die vroeë kerk die fees van engele gevier het. (laat September.) In die Bybel het die menigte engele die nag van die geboorte aan die herders verskyn. Die artikels verskil in hulle mening of skaapwagters daardie tyd van die jaar skape op die veld sal hê.

Hierdie stuk maak die (meer algemeen geglo-de) saak dat die geboorte waarskynlik nie 25 Desember was nie– en dat dit nie werklik saak maak nie. Ook dat die Christene reeds 25 Desember (Noordelike winter) vir Kersfees gekies het op ‘n tyd toe die afgode Osiris en Dionysus se viering nog in die Noordelike somer was. (Daar is mense wat dink dat Christene hulle tyd vir Kersfees van die tyd van Osiris en Dionysus se vierings ge-erf het.)

———

Naskrif: Onthou dat skakels op hierdie blog donkerrooi of liggrys is, nie blou of pers nie.

11 responses to “Was Jesus ‘n Kersfeesbaba gewees?

  1. “There was also a special class of Levitical shepherds who kept sacrificial lambs in the field all year round because they were used for sacrifice every month of the year.“

    Ja tipies, maar christene verwys na Zulus as primitief as hulle ‘n bees offer vir hul voorvaders. Whateva …

  2. Andrew. Wie is die Christene waarna jy verwys. Sover ek weet was did ASA (Animal Rights South Africa) en Greenpeace. God het die aarde en die diere aan die mense toevertrou en gese dat hulle daarmee kan maak wat hulle wil. Baie min diereregte fanatics is toegewyde Christene. Slagofferinge bestaan nie meer in die Christelike geloof nie. Net Satanisme sover ek weet.

  3. Jesus was nie 25 Dec gebore nie maar wel in September. Die romyne vier reeds 4000j die candle fest waar hul bome versier en kerse aansteek om hul gode te herdenk. Die Calviniste het die tyd ook gebruik waar die Christene hul Jesus se geboorte sal herdenk.

    Op sigself het ek geen probleem met die goue lyn van kerstyd wat die BETEKENIS van Jesus se geboorte vir ons behoort te wees nie! Die ding wat my baie moerig maak is die geldmaak storie uit kersfees! En mense raak kwaad as jy vir hul vra of hulle sal kan oorleef as hul nie mag gaan shop of bome versier nie. Dis nie die sole purpose van kersfees nie! Staan daar nie ook iewers geskrywe in die Bybel dat jy nie bome mag versier soos die heidene nie, maar dit moet los soos dit geskape is???

    Die vraag is: Sal jy bereid wees om jou enigste kind af te staan aan ‘n klomp sondige lummels? Wat het ons gedoen om so groot voorreg te verdien? Dit is die core van kersfees! En of jy dit nou net 25 Dec besef of elke liewe dag…dit is die belangrike deel van Christenskap. Nie om perfek te wees nie, maar om te leer en jou bes te doen om te verbeter!

  4. 25 Desember, of 3 September of 8 Februarie. Die boodskap wat op daardie dag herdenk word bly dieselfde.

  5. Andrew, ek sien nie jou punt nie. Diere-offers was nog nooit deel van die Christen-geloof nie, wel van Judaisme. Dankie, Harry.

    007meisie en demoerin- dis waar, die datum is nie die issue nie.

    007meisie, wat laat jou vertel dat die datum September is? Dalk laat September, sodat dit ooreen stem met die idee dat hy 25 Desember verwek is?

  6. Ai dis so gekompliseerd. Die eerste sewe hoofstukke in Leviticus word gewei aan offers en dan verskyn jesus op die toneel en skaf die hele besigheid af net voordat hy self deur god geoffer word.

    In ieder geval, ek is bly julle doen dit nie meer nie, wel gedaan, julle verligte sienings inspireer my.

  7. O dis great om in Suid Afrika te bly. Vanoggend lees ek dat die leier van die Christelike Demokratiese Party, ‘n ene Theunis Botha, Jacob Zuma se troue beskryf het as “giant step back into the dark ages” en sy tradisies as bygelowig en onderdrukkend.

    Huh?! … sê vir my hy het dit nie gesê nie, dit kan nie wees nie.🙂

    Bwahahahahaha (snak na asem) hahahahaha … o jitte dis goed … bwahahahahaha ROFL …😆

    Nou weet julle wat ‘n mens kry as jy ‘n politikus kruis met ‘n christen.😆

  8. Andrew, waarskuwing: Jy is van die onderwerp af. En die Christene doen nie “nie meer diere-offers” nie. Ons het dit nog nooit begin doen nie.

  9. Retha ek het vrede gemaak met christene en diere offers … ek verwys nie daarna nie.

    (Verkort deur blog-eienaar- steeds af van onderwerp)

  10. Die diere-offers deel van my vorige antwoord gaan oor #6 se

    offers… In ieder geval, ek is bly julle doen dit nie meer nie

  11. Die spesifieke datum is bysaak. Dis tog die geleentheid wat ons vier.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s