Honde jaag nie geparkeerde karre nie (Waarom wonderwerke skaars is)

Willem vra onlangs die volgende:

In die bybelse tyd het ons groot publieke wonderwerke gesien, water in wyn, opwekking van die dooies, opstaan uit die dood, vuurkolomme, water van die rooi see wat oopmaak om maar ‘n paar te noem – waar is hierdie gebeure vandag?

Watter soort mense het in Bybelse tye die wonderwerke gesien waarvan Willem praat?

*  Water in wyn (Joh. 2) was gesien deur ‘n paar bediendes wat geluister het wat Jesus sê en vir hom wynkanne vol water gaan maak het.

*  Wie weet dat hulle ‘n opgestane Jesus gesien het? Díé wat Jesus gevolg het na die kruisigingsplek, hom gesien sterf, en hom later weer lewendig gesien het. Aan wie het Jesus verskyn toe hy weer lewendig geword het? Aan die vroue wat sy graf opgesoek het, aan sy dissipels, en aan 500 gelowiges op ‘n slag.

*  Wie het die vuurkolom snags gesien? Die wat bereid was om te volg uit Egipte uit. Ditto die twee groepe wat die Rooisee en Jordaan sien oopgaan het, onder Moses en later onder Josua.

*  Wie het Jesus se ander wonderwerke gesien? Die skare wat hom oral agtervolg het en gekyk het wat hy doen.

Wat het al hierdie groepe in gemeen? Lees die vetgedrukte stukkies.

As ‘n selferkende ateïs, wat verskonings soek om die Bybel te verdraai en nie te glo nie, sou wonder hoekom hy nie wonderwerke sien nie, wat vertel bogenoemde jou? En wat is die kanse dat daardie selfde ateïs meer sou sien as hy in Jesus se tyd sy geleef het? Waar mense kies om God te volg ten spyte van die swaarste omstandighede, gebeur sulke dinge vandag nog. Só kan mense soos Broer Yun van China, skrywer van “The Heavenly Man” getuig.

Een sendeling het die Engelse slagspreuk gehad:

No go, no lo.

Dit kom uit Matt. 28:19-20., wat in Engels vertel: Go and make disciples … and lo, I am with you always to the very end of the age.  As jy nie gaan nie, vertel hy, sien jy nie God se teenwoordigheid nie.

‘n Ander gedeelte sê tekens en wonders sal diegene volg wat glo. Honde jaag nie geparkeerde karre nie. En tekens en wonders volg nie, as jy nie “beweeg”vir die Here nie.

3 responses to “Honde jaag nie geparkeerde karre nie (Waarom wonderwerke skaars is)

  1. Ja ja ja!!! toevallig het ek net gister ook ‘n stuk oor wonderwerke geskryf wa ek seker in die volgende paar dae iewers sal plaas. Dis te wonderlik dat dieselfde gedagte soveel keer in verskillende bloggers se kop opkom… ek sal jou beslis laat weet as ek dit plaas (as ek net onthou waar jy is!!!)

  2. Dankie, Toortsie, ek sal op jou blog gaan inloer.

    En ‘n nagedagte: ‘n Paar Bybelse wonderwerke is wel gegee vir mense wat nie reeds van gewys is hulle volg die Here nie:

    Die herders het ‘n menigte Engele gesien, en die enigste verpligting wat op hulle gelê was, was om te gaan kyk na Jesus. Is daardie wonderwerk se keuse van waarnemers, dalk simbolies daarvan dat Christus, die Een van wie die engele getuig, gekom het na ons, en nie andersom nie?

    Paulus het ‘n lig gesien en ‘n stem gehoor, terwyl hy die Christene vervolg het, maar sy wonderwerk was nie gratis nie. Die prys is na die tyd betaal met honger, vervolging en tronkstraf oor hy Jesus bly verkondig het.

    Sodom en Gomorra het die wonder gesien van vuur wat neerreën, en Egipte 10 plae. Dis nie eintlik die soort wonder wat die gemiddelde skeptikus wil sien nie…

  3. Jy kan nou maar na my weergawe gaan loer. Dis UITEINDELIK geplaas. Daar is nog 2 opvolge, maar dit kan dalk BAIE LANK neem voor dit geplaas word… ek skryf my goed en plaas dit soos die Gees my lei.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s