Vir lesers wat kopkrap oor my sentimente oor die geslagte

Party mense wat op hierdie blog kommentaar lewer, reken klaarblyklik dat ek en my soort iets teen onderdanigheid het. Verstaan asseblief,  ons is nie teen onderdanigheid nie. Ons reken onderdanigheid- samewerking, ingee vir die ander een se behoeftes, lojaliteit – is wonderlik, en mans en vroue word geroep daartoe. Miskien kan jy hierdie inskrywing lees:

Marriage is for losers. (Nee, dit beteken nie wat jy dink nie!)

Maar, vertel jy my dalk, dis nie die manier wat gelowiges die Bybel lees oor hierdie saak nie. Kan julle nie maar net aanvaar wat die Bybel sê nie? Die antwoord is: “Ons aanvaar wat die Bybel sê, nes gelowige dopers en verbondsdopers albei glo wat die Bybel sê. Ons verstaan dit net bietjie verskillend.”

As jy ‘n beter skrywer as ek (Rachel is ‘n gepubliseerde skrywer, ek is maar net nog ‘n blogger) se verdediging van die saak wil lees, en sien hoe groot getalle gelowiges saamstem, hier is haar inskrywings oor mutuality. Mens kan dit seker in Afrikaans wedersydsheid noem, maar dis ‘n lomp woord.

Hier is Rachel se indeks (Baie van die honderde kommentare op elke inskrywing wys dat dit nie ‘n skaars manier is om die Bybel te verstaan nie.)

En hier is die indeks van gesinchroniseerde inskrywings op ander blogs (omtrent 200 van hulle) in samewerking met Rachel s’n.

Ek het vrede met mense wat die Bybel se getuienis van alkante bestudeer en dan eerlik tot gevolgtrekkings anders as myne kom. Maar meeste mense wat in manlike leierskap in die kerk en huwelik glo het myns insiens nie die saak eerlik oordink nie. Dit geld nog baie meer vir die wat in geslagsrolle glo.

Wat is die verskil tussen manlike leierskap in die kerk en huwelik, en geslagsrolle, vra jy dalk? Laasgenoemde raak almal, ook die mans en vroue wat nie wil  preek nie en enkellopendes.

One response to “Vir lesers wat kopkrap oor my sentimente oor die geslagte

  1. gold account

    Geslagskonflik het ek wel op twee ander terreine ervaar, en dit eers onlangs werklik besef. As jy my ’n paar jaar gelede sou vertel het dat geslagsrolle enige konflik in my huwelik veroorsaak het, sou ek jou uitgelag het. Nie ek óf my slim bruidegom het immers destyds geglo in daardie argaïsme van “die man is die hoof van die huis” nie. My meneer van die huis kon beter kook as ek, beter bed opmaak, en van die begin af is alle besluite saam deur ons geneem. (OK, behalwe toe ek die kat gekoop het.) Tog — ons albei het aanvaar dat sodra dié pasgetroude man die eerste treetjies van sy loopbaanleer uitgeklim het, sy vrou dankbaar haar sieldodende werkie sou bedank om by die huis te bly om te skilder en die eerste van ’n reeks blitsverkopers te skryf (yeah, right). Dat hy ’n tradisionele broodwinnersrol sou aanvaar, het ons nie gepla nie. Hy was baie gelukkig in sy werk, ek het myne gehaat en, wel, hy was mos ’n man …? Dié verwikkeling het egter beteken dat my bedrywighede ongemerk in die kategorie van “stokperdjie” beland het — selfs die kere wanneer ek wel voltyds gaan werk het omdat die blitsverkoper toe nie gematerialiseer het nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s