Stem met die beursie- dit werk!

Multichoice het besluit dat hulle nie porno-kanale wil instel by hulle bestaande diens nie. Dit wys weer die wonders van die vrye mark stelsel. 41 000 mense het gestem dat hulle nie porno-kanale soek nie. Baie van hulle het vertel dat hulle hul DSTV-subskripsies sal kanseleer as daardie kanale kom. Party het vertel watter negatiewe effekte pornografie op onskuldige kinders kan hê.

Ek is nie seker na watter een van daardie redes vir DSTV die deurslag gegee het nie, maar kom ons raai dit was die boikot-rede. Dan wys dit weer: As ons gelowiges dit wat ons het onder God se beheer stel, kan ons dinge hier op aarde beter maak.

Het ons ander mense hulle vryheid van spraak misgun? Nooit, ons het net ons stemme ook duidelik laat hoor. Het ons mense hulle vryheid van keuse misgun? Ja, tog. Nogtans, porno is een van daardie keuses wat ook skadelik kan wees vir mense wat dit nie kies nie, insluitende kinders.

Mense wat porno teenstaan is nie noodwendig koud of preuts nie- inteendeel, die Bybel bevat Hooglied, en Paulus beveel getroudes om nie hulle huweliksmaat omgang te weier nie*. (Dis opmerklik dat Hooglied sê: “Jy is vir my mooi, my liefling” en nie “Die ander vrou wat ek na gekyk het is vir my mooi, maar ek kan haar nie kry nie, nou vry ek jou” nie. En Paulus se woorde om gewillig te wees teenoor jou huweliksmaat is net tot een mens beperk.)

Suid Afrikaners het dit al vantevore reg gekry. Min of meer 1995 was verskeie klasse pornografie gewettig- en sulke tydskrifte het baie skielik in elke kafee opgeduik. Gewone gelowiges oraloor die land het hulle plaaslike kafees besoek, en vertel: “Ons is van die Baptistekerk/ die AGS Moedergemeente/ die NG Noordgemeente (of watter gemeente ookal) in die dorp, en as jou kafee voortgaan om porno-tydskrifte te verkoop, sal ons die gemeentelede aanmoedig om elders te koop.” Meeste kafees het gekies om dit nie aan te hou nie. En meer onlangs het Rapport Deon Maas die trekpas gegee oor talle lesers te kenne gegee het dat hulle nie meer Rapport sou koop as hy vir hulle bly skryf nie. Sulke dinge belemmer nie spraakvryheid nie. Inteendeel, dit wys juis die waarde van spraakvryheid. (Thys verduidelik hier hoe dit juis spraakvryheid tot sy reg laat kom.)

Dit wil selfs voorkom of party landsgenote al hier en daar hulle beursies gebruik om nuttelose stadsrade te vervang met verenigings wat wel dienste lewer wat mens van ‘n stadsraad verwag.

Gelowiges – en almal – jy het die volste reg om met jou beursie te stem. Doen dit.

————————

*Ander onderwerp: Ek vermoed dat as 1 Kor. 7:5 meer gepreek word, mens meer mans in die kerk sal kry – wat noodwendig sal sorg dat hulle vir vroulief saambring.

10 responses to “Stem met die beursie- dit werk!

  1. Retha. Hoeveel vrouens het Salomo gehad. Was Paulus met een vrou getroud? hoekom is bigamie deesdae onaanvaarbaar as dit nie sonde is nie. Moderne mans word net een vrou gegun. Steve Hofmeyr en vele ander sou nooit buite egtelik verhoudinge aangeknoop het met die keuse van a paar vroue nie. Of praat ek bog. Kyk vir Zuma.

  2. Baie geluk met julle oorwinning. Maar asseblief tog moet die ding nie te ver vat nie. Los die onsedelike manier waarop christen vroue aantrek uit. Stywe klere, ontblote bene en in jou gesig klieflyn is een van die plesiertjies in my lewe.

    En dankie vir 1 Kor 7:5. Ek is seker ek kan dit iemwers gebruik, al my meisies was tot dusver gelowig gewees.

    Maar wat van al die seks in die bybel, gaan julle dit ook boikot omdat julle kinders daaraan blootgestel word?

  3. Salomo het baie, baie vroue gehad. Paulus waarskynlik nul. (Dis prakties van aard ook: Salomo kon vir baie sorg uit sy rykdom, Paulus was nooit tuis nie en het sy geld en energie op sendingreise spandeer. Paulus was dus geensins troumateriaal nie.) In die Bybel word die huwelik gewoonlik bespreek asof een man, een vrou, die ideaal is. Waarom deesdae se samelewing enersyds huwelike met net een wettig, maar andersyds rondslaap sosiaal aanvaarbaar vind, weet ek nie. Samelewings kry idees op talle plekke, nie net die Bybel nie.

    Nogtans, die Bybel verbied mens nie direk om meer as een huweliksmaat te hê nie. Maar Salomo se baie vroue was vir hom tot nadeel, sê die Bybel, en Paulus vertel enkellopendheid is ‘n voordeel as jy God wil dien.

    Andrew: Daai vers sal eers tel as jy ‘n vrou het, nie ‘n meisie nie.

  4. Ek kan aan vier vrouens dink met wie ek getroud so wou wees. Al jou vrouens hoef mos nie in een huis te woon nie? tog. Moderne, verwesterse wette maak my ‘n enkel lopende man. Daar is glo bewyse dat die getalle verhouding tussen vroens en mans 4 tot1 is. Ek sal bietjie gaan google.

  5. Oops. Flater. Mans is meer as vrouens. Daar gaan my teorie.

  6. Ek sal graag wil glo dat alles mooi en goed en wel is en dat DSTV wel woord by daad gaan hou. Ongelukkig is ek maar partykeer ‘n pessimis… so ek sal wag en kyk.
    Die mense sê te dikwels dinge om die storm te laat bedaar, en dan sneak hulle nog steeds dinge by die agterdeur in.

  7. ….miskien is DSTV hard-up vir die kontant, alhoewel die 41,000 vir my maar na ‘n druppel in die emmer klink?

  8. As “Stem met jou Beursie” werk – stel ek voor dat ons almal nie meer Rates & Taxes betaal nie. Dan sal die regering mos regkom?

  9. Dan moet jy vir jou eie dienste betaal sharpie en dit gaan duurder uitkom!

  10. Kom ons bly maar die kat in die donker knyp. En hou handjies vas in die kerk.

    Ek is bly die besluit is geneem. Daar is werklik niks besonders aan porn nie. Ek kyk eerder sport, of maak my eie sports.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s