Wolwe in (Christelike) skaapsklere: Só ken jy hulle uit

Kan jy die verskil tussen hierdie twee prente sien?

 

Die een lings is ‘n skildery deur Edmund Blair Leighton, geskilder in 1901. Die verwerkte een kom van ‘n produk deur ‘n Amerikaanse groep wat hulle idees “biblical patriarchy” noem. Hulle glo vroue moet nie universiteit toe gaan, besitreg hê, of stem nie. Vroue hoort by die huis volgens hulle, bestaan om hulle mans te help en om baie kinders te kry sonder enige voorbehoeding. O ja, en vroue en kinders kan ook nie self met die Here praat of hom ken nie. Die man is nodig as tussenganger tussen die vrou/ kind en God.

Patriargiste glo dat dogters moet tuis bly as helpers vir hul pa’s tot die pa vir hulle ‘n man kies, dat kinders geslagte lank onderdanig moet wees aan wat reeds oorlede voorvaders(voorvaders, nie voormoeders nie) gesê het (200 jaar planne!) en aan tuisskoling sodat hulle kinders nie met die normale samelewing se idees oor vryheid gekonfronteer word nie. Die verandering aan die prentjie is nie toevallig nie.

Nou wat, vra jy dalk, het dit met jou te doen? As jy ‘n gelowige is, het dit iets met jou te doen. Dit het met jou te doen in die sin van “as een lid ly, ly al die lede”, maar ook persoonlik. Persoonlik, want hierdie groep beinvloed hoe die res van Amerika oor geloof dink. Verskeie van hulle idees oor rigiede geslagsrolle (en die bybel-verdraaiings daaragter) het reeds minder ekstreme kerke infiltreer. Rigied tot op die vlak dat Jesus nie die Christen-vrou se rolmodel kan wees nie, want daar is ‘n blou Christenskap vir mans, en ‘n pienk Christenskap vir vroue.* En Amerika is seker die land wat die meeste godsdienstige boeke, lering-DVD’s en gospel CD’s uitvoer. Van hierdie idees is klaar in jou naaste Christelike boekwinkel, en in die godsdienstige tydskrifte wat jy in kettingwinkels koop.

Hier is net ‘n paar uit die duisende stories van hoe rigiede geslagsrolle mense beinvloed het:

[] Comp (kort vir complementarian, sien verder in artikel in vir definisie) does not work. I am seeing visible signs of this at my megachurch right now.  I attended a group in this church for 7 years that taught, to extremes, that comp is the only way marriage can work.  I got to know many couples in this group who tried to make it work.  I can think of at least 6 couples whose marriages have failed, including the one who taught the class.  More are in the process of divorce.  And I suspect it is going on thru the entire church.
One of the things I have seen happening IMO is that comp teachings are encouraging discontentment in both spouses.-  Temperance

[] I was really heavily involved with some of the Biblical Womanhood blogs and groups a couple years ago, and I found it really hurt my walk with God because I was spending more time trying to be a 50s style homemaker instead of loving and serving others and reading what the Bible says to all Christians, not just a few handpicked verses directed to women. – Raine

Ek herhaal: Rigiede geslagsrolle is nie iets wat die Bybel aanbeveel vir Christene nie. Daar is kwalik, indien hoegenaamd, iets in die Nuwe Testament wat slegs-vroue-moet-X-doen of slegs-mans-moet-Y-doen aandui. Hierdie vals idee word gepropageer in kerke in Amerika en die res van die wêreld indirek deur die Quiverfull/ Patriarchy kultus.

Nou hoe herken jy hierdie wolf, en hoe gaan jy hom vermy? Jy kan seker maak soos Matt. 7:16 vertel, en sy vrug beoordeel. Maar as jy wag tot jou huwelik opgemors is voor jy die vrug sien en hom verwerp, het jy te lank gewag. Hier is my raad. Ander het dalk nog raad.

1) Leer ken die terms komplementariër (complementarian) en egalitariër (egalitarian). Komplementariërs glo daar is lyste dinge wat vroue nie mag doen nie, ongeag hulle gawes, bloot oor hulle vroue is. Hulle glo ook aan eensydige onderdanigheid van getroude vroue aan hulle mans. Hulle glo dat die man soos Christus in die huwelik moet leiding neem, en die vrou soos die kerk onderdanig moet wees. Komplementariërs is nie almal so ekstreem soos patriargiste (bo bespreek) nie, maar van hulle idees kom uit dieselfde bronne.

Komplementariërs sal jou vertel dat egalitariërs reken mans en vroue is presies eenders. Maar dis nie wat egalitariërs glo nie. Egalitariërs glo dat God vroue kan gebruik in enige posisie in die kerk waar hy mans kan gebruik, en andersom. Hy gee gawes soos hy wil. Ons (egalitariërs) glo ook dat God alle gelowiges – insluitende huweliksmaats – roep tot onderdanigheid aan mekaar. (Efes. 5:21 Wees uit eerbied vir Christus aan mekaar onderdanig.) Ons reken dat om die man die rol van Christus en die vrou die kerk se rol te laat speel in die huwelik, letterlik verafgoding is.

As jy weet iets wat jy lees word complementarian genoem, weet jy klaar watter rigting hulle denke werk. Ek is egalitaries.

2) Loop katvoet vir enige godsdienstige materiaal wat oor geslagsrolle praat, veral van Amerika.

Ons almal weet daar is dinge wat die gemiddelde man beter as meeste vroue doen en andersom, maar hulle bedoel nie dit as hulle van rolle praat nie.

Hulle bedoel dat vroue in ‘n sekere klein boksie hoort en enigiets buite daai boksie is net bedoel vir mans. In die vroue-boksie mag mens nie vir jou man taktvol vertel sy gedrag is verkeerd nie, want dis nie onderdanig nie. Jy as vrou mag nooit ‘n besluit oor die huishouding of jou kinders neem as jou man nie saamstem nie. Jy mag nie Sondagskool gee vir seuns bo twaalf nie, want dan leer jy mans. In die vroue-boksie moet jy maar jou man vra om die Bybel vir jou te verklaar – selfs as hy minder as jy in die kerk kom – want vroue word te maklik mislei. Party teologiese skole in Amerika laat glad nie vrouestudente toe nie, of bied tuisteskepping-kursusse vir vroue aan terwyl mans teologie studeer (Marta en Maria, enigiemand?)

In die man-boks moet jy leiding neem, insluitend geestelik, in jou gesin – maar niemand van hulle vertel jou hoe lyk ‘n man wat geestelik leiding neem in sy gesin nie, en geen kerkkursus kan jou voorberei vir die taak nie. Niemand kan jou voorberei nie, want dit staan nie in die Bybel nie.

3) Wees op die uitkyk vir gelaaide terme soos:

 “spiritual covering” (Vroue het glo ‘n man se gesag bokant haar nodig as sy iets oor God sê of ander oor hom leer),

‘n oordrewe fokus op vroulike onderdanigheid sonder om na alle gelowiges se onderdanigheid aan mekaar te verwys,

die vrou as helper, met helper vertolk op ‘n manier waarvolgens dit man-baas-vrou-onderdaan beteken – dis nie die betekenis in konteks nie

“n teorie dat die man die hoof van die huis moet wees/ die man as koning, priester en profeet van die huis (die enigste Bybelkarakter wat vertel het die man is hoof van sy huis is koning Ahasveros, ‘n heiden; en die Bybel noem glad nie die man koning, priester of profeet van die huis nie).

‘n gepreek teen uitgesproke/ prekende vroue as “the Jezebel spirit” (Die Bybel praat van geen “Jezebel spirit”nie.)

Feminisering van die kerk Feminisation of the church –verkondigers glo dat vroue se kerk-betrokkenheid mans wegdryf van die kerk af.

“male headship” (Die man as hoof/ kop van die vrou beteken volgens die vroë eeue se kommentare deur sprekers van Bybel-Grieks nie leier nie)

of uitsprake teen feminisme (Hulle haat feminisme soos ‘n anoreksie-lyer ooreet haat. Hedendaagse feminisme het foute, maar harde komplementariërs val in die sloot aan die ander kant van die pad).

Wees versigtig as jy een van bogenoemde misleidende terme teekom. Die skrywer kan myns insiens nog steeds iets goed te sê hê, veral wanneer hierdie goed net bysake in ‘n artikel is.

4) As jy die term Biblical manhood/ Biblical womanhood teëkom, vermy die boek of produk heeltemal. Dit kom van ‘n groep wat eerder sal sê ons is bo God as wat hulle sal erken dat sekere verse nie die man se baas-wees bewys nie.

 Biblical (wo)manhood is die doelbewuste verkondiging van geslagsrolle (soos geleef deur ryk Amerikaanse middelklas gesinne in die 1950s) as God se boodskap vir die gelowige lewe. Dis selde of ooit ‘n bysaak wat toevallig in ‘n artikel genoem word.

5) As iemand wat jy ken ‘n boek lees (of reeks lering-CDs luister) oor, sê maar, “Word die vrou wat God jou bedoel het om te wees” veral as dit ‘n Amerikaanse produk is, waarsku haar om op die uitkyk te wees vir die kans dat dit dalk sulke gif bevat.

Ten slotte, komplementariese eensydige onderdanigheid vernietig huwelike.** Komplementariese vrou-jy-mag-nie ander van God leer nie en jy-kan-nie-eers-die-Bybel-vir-jouself-verstaan-nie bind die hande van meer as helfte van die kerk se werkmag. Komplementariese teologie onderdruk Jesus***, en gee die ongelowiges iets om die kerk oor te laster. Komplementariese idees maak dat vroue nie hulle volle identiteit in Christus ontdek nie.

Sulke twak, ironies genoeg, doen nie net die vrou oneer aan nie. Dit doen God se eer skade aan wanneer die wêreld vertel dat Sy boodskap misogenies is. En ironies genoeg word selfs die man se eer verminder. ‘n Man het ook sy vrou se hulp en leiding en karakter-vorming nodig. Kyk weer na die prente daarbo. Die eerste soldaat word vereer vir wat hy in die veldslag gedoen het. Hy is ‘n held. Die tweede soldaat is ‘n ou wat, aan hierdie prentjie gemeet, dalk in weinig meer belang stel as dit waarna die vrou klaarblyklik haar hand uitsteek.

 ———————————————————————

Notas

*Hier maak ek ‘n grappie (spoof in Engels) op hulle man-gesentreerde manier van Bybel lees. (Die grappie se naam sinspeel op ‘n stuk man-gesentreerde Bybel-spin genaamd die Danvers statement. Die Danvers statement is – nie toevallig nie, na my mening – opgestel in dieselfde dorp waar die Salem heksejagte destyds gebeur het.)

** Die eerste stuk statistiek wat God’s Word to women in daardie artikel gebruik – George Barna se egskeidingsyfers – is een wat gereeld buite konteks gebruik word. Maar na daardie verkeerd gebruikte statistiek word die artikel beter.

***Komplementariërs verkondig nuwe dogmas soos “eternal subordination of the Son” (ESS) – wat vertel dat Jesus in alle ewigheid laer as die Vader is, want God is die hoof van Christus soos die man die vrou se hoof is. (1 Kor. 11:3) En hulle wil glo vroue is in alle ewigheid onder mans in ‘n hierargie, en hoof beteken gesagsfiguur.

4 responses to “Wolwe in (Christelike) skaapsklere: Só ken jy hulle uit

  1. more info
    Thank you for good post. It was very informative. I like a part about more info a lot

  2. IgnorantiaNescia

    UnkleE at The Way? had posted some statistics that seem to indicate that the lesser role of women in some churches is a barrier to Christianity for about 30% of the participants in the survey. It’s another problem caused by patriarchy.

  3. Dankie, IN!

    Ek waardeer die statistiek, (hou van bewyse en statistieke) en die blog waarna jy skakel het ander besprekings ook wat my interesseer.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s