Ienie, mienie, maainie, mou – Watter kategese-materiaal moet my gemeente kies? Deel 1: Inleiding en Lesse wat Leef

“Dis fantastiese Kategeseboeke” het ‘n buurgemeente ons vertel. “Strate beter as Daai Lesboeke wat julle gebruik.” Ons gemeente besluit toe om Daai Lesboeke vir die Fantastiese Kategeseboeke te verruil. Maar waar ek nooit ons kategete hoor kla het oor Daai Lesboeke nie, het hulle gekla oor die Fantastiese Kategeseboeke. Ek is nou nog seker die Fantastiese Kategeseboeke is baie goed in die regte gemeente. Maar ek is ewe seker Daai Lesboeke is goed in die regte gemeente. Een soort lesboek pas net beter by ons gemeente. En iets anders pas by daardie gemeente.

Omdat daar soveel kategesemateriaal op die mark is, kan ‘n evaluasie van al dieklik hier materiaal, met voorbeeldlesse en op die ou end ‘n vergelykende tabel met skakels na waar die materiaal bestel kan word, dalk gemeentes help om die regte materiaal te kies. Ek is natuurlik nie die enigste een met ‘n opinie hieroor nie – dit sal wonderlik wees as ander kategete hier vertel wat hulle goed vind (of minder goed) in die lesse wat hulle gebruik. Julle kommentaar is welkom!
Die evalueerder: Sedert 1991 gee ek al omtrent 20 jaar lank Sondagskool vir laerskoolkinders. Ek het ook Kinderbediening-opleiding van CEF en die Kinder Evangeliste Opleidings Instituut. In die jare wat ek nie Sondagskool gegee het nie, het ek gewoonlik kleuterkerk, kinderkrans of Bybelklubs vir kinders aangebied. Ek het al in 3 gemeentes en met 6 (die ou AJK – Algemene Jeugkommissie, NG Kerk – boeke wat tot die laat ’90s in gebruik was, die huidige AJK boeke, Modkats, Lesse wat leef, Paidion, LP3 ) stelle handboeke gewerk.
Hier volg dan opinies oor die 5 stelle handboeke wat nog steeds nuut gekoop kan word. Die opinie handel slegs oor Gr. 1-6 materiaal. ‘n Reeks boeke wat nie die beste laerskoolmateriaal het nie kan goeie tienermateriaal aanhou, en andersom. Dis gewoonlik nie dieselfde persone wat die laerskool- en tienermateriaal vir ‘n reeks handboeke skryf nie. Die volgorde waarin boeke aan die beurt kom in die resensies is toevallig, dis nie in volgorde van hoe goed die materiaal is nie.

‘n Evaluasie van Lesse wat Leef se Gr.1-6 lesse

Lesse wat leefSusan Fourie het haar baie goed van haar taak gekwyt, veral as mens in ag neem dat hierdie boeke hoofsaaklik deur een individu geskryf is.
Boodskap: Die boodskappe is werklik eenvoudig vir kinders om te verstaan en meestal aangebied op ‘n onthoubare manier. Dit koppel die Bybelverhale op ‘n sinvolle manier aan die geestelike waarhede wat kinders moet leer. Lesse wat leef is baie goed daarin om praktiese toepassings te maak op hoe die kind die boodskap van die les kan uitleef.
Toepassings is belangrik, want dit is die “so what?” van lesse.” Toepassings is enigiets wat die Bybelinhoud aan die kind se lewe koppel. Hoe meer en beter die toepassings, hoe beter is die boek om kinders te leer leef as gelowiges. (Blou sinne soos hierdie is nie woorde oor ‘n spesifieke lesreeks nie, maar oor die filosofie waaruit ek evalueer.)

Dis effens jammer dat al die Gr. 1-6 materiaal in tema-volgorde is en niks in Bybelverhaal-volgorde nie. (Meeste lesreekse het Gr. 1-3 lesse in Bybelverhaal-volgorde en Gr. 4-6 in tema-volgorde.) Dit kan dalk die kind minder van ‘n oorsig oor die Bybel as ‘n geheel gee. Lesse wat Leef het 2 boeke met lesse in Bybelverhaal-volgorde, maar dit is vir kinders van 4-8 jaar en nie deel van die boeke wat as ‘n kategese-reeks gekoop sal word nie.
Prente en aktiwiteite: Die boeke neem in ag dat kinders onthou deur te sien en te doen, en het illustrasies en aktiwiteite wat by die lesse pas. Lesse wat Leef is die prettigste van die 5 reekse wat ek gaan resenseer, kinders leer regtig speel-speel met hierdie boeke. Ek sou verkies het dat daar ‘n aktiwiteitsboek vir kinders moet by wees. (Om iets huis toe te neem en dit weer te sien help kinders onthou. En as ouers sien waaroor kinders leer, kan hulle met hulle kinders daaroor praat.)
Navorsers vertel dat mens 10% onthou van wat jy hoor, 50% van wat jy hoor en sien, en 90% van wat jy hoor, sien, en doen. Die prente en aktiwiteite by ‘n les maak dus baie saak.
Metode, groepsgewys: Hierdie boeke is bedoel vir kleingroeplesse, met elke kategeet wat op haar (sy) eie werk. Gr. 1 het een handboek, Gr. 2-3 nog twee, en Gr. 4-6 ‘n stel van drie.
Koste: R150 per onderwysershandleiding. Geen werkboek vir kinders nie.
Voorbeelde: Klik hier, en kyk onder die opskrif Lesse wat Leef: Graad R tot 6  vir voorbeeldlesse

Klik hier vir deel 2: Paidion

Klik hier vir deel 3: Modkats

Klik hier vir deel 4: AJK

Klik hier vir deel 5: LP3/ Die Coolste Plan

Klik hier vir deel 6: Voorstelle en vergelyk van materiaal

Klik hier vir deel 7: Voorbeelde van tiener- en kleutermateriaal

Naskrif, bygevoeg op 5 September: Susan Fourie stuur vir my in ‘n vriendelike brief onder meer hierdie inligting:

Lesse wat Leef: tematies en chronologies

Dit bestaan uit twee afdelings: Tematies [sewe boeke] en chronologies verhalend [2 boeke wat die hele Ou Testament dek – vir jonger kinders]. Laasgenoemde bevat  ook praktiese toepassings en aktiwiteite. Sommige gemeentes gebruik die tema-reekse vir die kleuterkerk en die chronologiese reekse vir kategese – of anders-om.

Waarom nie ‘n aktiwiteitsboek:  Die meeste gemeentes soek nie meer boeke vir die kinders nie, aangesien hulle dit net ‘n week of drie gebruik en daarna lê dit in die kas. Hierdie lesse bevat egter werkblaaie of ander tools wat die kind help om die boodskap te gaan kommunikeer met sy ouers of ander mense. Hulle kan dit dan in ‘n flip file bêre.

Wat vir my veral saakmaak daar, is dat sy reken mens kan wel 2 junior boeke (bv. Gr. 1 en 2) met die Bybelverhaal-boeke vervang as jy verhalend-chronologies wil werk. Ek het haar ook die volgende gevra:

…ek het tog ‘n vraag oor die benadering. Hier is ‘n aanhaling uit jou Gr. 2-3A voorbeeldles: “Ek het netnou gesien hierdie Lukas mannetjie van die kaartjies hardloop daar agter tussen die bome [of hier tussen die stoele] rond en oral druk hy sulke gekleurde goeters in.”

Hierdie tegniek – om goed te vertel wat fantasie/ speel is, word dikwels gebruik in jou lesse. Ek wonder of die gereelde vertel van onwaar stellings nie die gesag wat die onderwyser(es) het wanneer sy/hy Bybel aanbied verminder nie?

Soos in: “Juffrou lieg gedurig vir ons, nou vertel sy God verwag van ons [vul in]. Hoekom moet ons haar nou glo?”

Hoe dink jy hieroor?

Haar antwoord was:

…Baie dankie vir die opmerking – dis ‘n belangrike beginsel.

  • Alle stories is onwaar. En om ‘n storie effektief te vertel, moet jy dit realisties vertel – asof dit regtig gebeur. Asof dit die waarheid is. Kinders floreer op stories – waarom? Omdat hulle so ‘n sterk verbeelding het. Daarom is stories so ‘n effektiewe leermetode.
  • Saam met stories loop verbeeldingspel. Ons het vir ons kinders van die tandemuis vertel. [Nie van Vader Krismis nie – ek dink dis snert.] Maar dit het nie gemaak dat hulle ons wantrou toe hulle uitvind dis nie waar nie. Ek het saam met hulle feetjies en kaboutertjies in die tuin gaan soek. Ek dink nie hulle het regtig verwag ons sou dit kry nie. En dis maar waarom ek so veel moontlik ruimte skep vir verbeelding – vir ekstra kleur en beweging aan die aanbieding.

  • Ek beklemtoon gereeld dat, wanneer Bybelfeite oorgedra word, die aanbieder eers die Bybel moet oopmaak. Hulle moet ervaar dat, wat nou gesê gaan word, uit God se woord [die waarheid] kom.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s