Hoe onderskei ek?

‘n Straatventer doem vandag in die dorp voor my op met ‘n sak. Hy hou ‘n rooi en goue boksie na my uit. “Miesies! Red Door! Net twenty rands!” Ek systap hom en loop verder. Iemand wat parfuum verkoop teen R20 ‘n bottel, verkoop na alle waarskynlikheid gesteelde goedere. Mens wil nie graag misdaad ondersteun nie.

Maar aan die ander kant wil ek graag gewone, arm landsburgers ondersteun wat eerder klein voorwerpies op straat verkoop as om te steel of te bedel. Nou vra ek: Is daar enige riglyn wat jou kan sê of ‘n straatverkoper waarskynlik eerlik is of nie? Wat is die kans dat iemand wat op straat groente/ vrugte verkoop oneerlik bekomde goedere verkoop? En die kans dat iemand soos die vrou op hierdie foto oneerlik bekomde goedere verkoop?

streetv

Want ek wil nie eerlike mense vir diewe aansien en weier om hulle te ondersteun nie. Maar ek wil ook nie diewe ondersteun nie.

13 responses to “Hoe onderskei ek?

  1. Hi!

    As daardie ‘n Billabong sak is, is dit nagemaak. Billabong mag nie op die straat verkoop word nie; nie eens by feeste of kunsmarkte nie.

    Deur nagemaakte goed te koop, help jy diefstal van ‘n handelsmerk aan. Die goed word oorsee in massa nagemaak en teen fraksies van die pryse verkoop. Gewoonlik is die kwaliteit baie minderwaardig. So ja, kyk maar by die tipe talletjies… dit is gewoonlik vervuil van namaaksels.

    Ek koop net handgemaakte goed op straat. En ek kibbel maar nie oor die prys nie.

  2. Ek koop liefs handgemaakte goed. Sodoende ondersteun ek die plaaslike (informele) industrie. Maar, ek het al op stadiums ander goed ook gekoop. As ek voor my siel weet iets is gesteel dan sal ek dit nie koop nie.

  3. LOL

    die antwoord is eintlik baie eenvoudig. parfuum se kosprys is next to NOTHING. die straatverkoper is net nie so ‘n frikkin gulsige idioot soos die ouens in shopping malls wat die goed markup asof die einde van die wêreld kom nie.

    wees eerlik – kan daai paar milliliter vloeistof regtig ‘n paar honderd rand werd wees?

    nee.

    dieselfde geld vir die meeste ander goed wat straatsmouse verkwansel. al wat moet verander hier, is jou persepsie van waar hulle dit gekry het.

    diefstal van handelsmerke?

    ‘n mens sou kon argumenteer dat handelsmerke diefstal is om mee te begin.

    die sonbril met die cool logo was nie juis duurder om te vervaardig as die sonbril daarsonder nie.

  4. Interessante stelling Johan: “‘n mens sou kon argumenteer dat handelsmerke diefstal is om mee te begin.” Hoe kom jy daarby uit? Sou jy dieselfde oor sagteware en musiek voel?

  5. Nee, verseker nie. Ek is nie so naief om te dink dat alles teen kosprys verkoop word nie. Die basis van ‘n vryemark is immers wins. I’m not a hippie😉

    Wat my pla, is dat mense in effek gemindfuck word om te dink iets soos ‘n paar milliluter parfuum wat en masse in fabrieke geproduseer word, kan ‘n waarde van ‘n duisend plus Rand hê. Dis waar die “diefstal” vir my lê.

  6. Dit word so duur gemaak sodat sleg ‘n sekere groep mense, wat nie omgee vir die prys nie, die parfuum dra (nie die namaaksel nie). Het jy al die regte Opium geruik en dan aan die straatweergawe gaan snuif? Mens kry katpiepie vir R20.

    Dieselfde met Diesel, Billabong, Jeep, ens, ens…. mens gaan dit beslis nie op Pep Stores, Jet Stores en Ackermans se rakke kry nie. Die mense koop vir hulself ‘n mate van eksklusiwiteit… sodat hulle darem anders aantrek as die tuinjong en petroljoggie.

    Ekself gee nie ‘n flenter om vir etikette nie en skud maar my kop oor die pryse van die goed wat my seun wil dra. Ek kan egter nie kla oor die kwaliteit nie.

    Dit is egter so – besigheid bly besigheid en as ek nou die ou was wat die etiket begin het en besit, sou ek dit ook vandag ten alle koste wou beskerm. Mens pas mos die gans wat die goue eiers lê ten alle koste op.

  7. Dankie tog my bohemiese bestaan maak hierdie soort dinge meestal irrelevant.

  8. Bedoel jy nie “boheemse bestaan” nie? :p

  9. Ja, ek raak maar soms verward tussen Engels en Afrikaans😉 But you get my drif?

    Le Déjeuner sur L’Herbe.

  10. Johan, ek neem aan dat jy nog nooit vir jou meisie/vrou parfuum gekoop het nie?

  11. Ek het. Dit was baie overrated.

  12. Ek verstaan baie goed dat ons land se ekonomie druk in die sak van die gewone ou.Ek ondersteen die informele sektor.Maar om fong kong te verkoop en te vervaardig maak van jou n dief.Die eienaar van daai handels merk het moontlik jare gevat om bo uit te kom om sy produk erkenbaar te maak, nou sit hy moontlik op die randjie van bankrotskap of moontlik sy werkers nou korter ure werk.

    Kom mense ons doen iets daaraan.

    Elwin Williams van Kareedouw,oos kaap.

  13. Ek moet my seker ni so bloodstel aan al di kretiek wat nou na my kant toe sal kom ni. Ek het i parfuum besigheid. Ek verkoop olie bases parfuum teen 85.00 per bottel vir 50ml. Om dit te kan doen is ons i geregistreerde besigheid en ons het ook i lisensie om di “namaaksel” te kan verkoop. So ek sou dink voordat enigiemand sommer net as i skelm bestempel word, kry maar eers julle feite agtermekaar.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s