Hoe sosialisties mag/moet ‘n Christen wees?

Op ‘n blog-inskrywing oor sosialistiese mediese sorg vra ‘n mede-blogger my: Is dit nie ‘n Christelike plig [om by te dra tot ‘n regeringsbeheerde mediese fonds vir almal in die land] nie?
Wintery Knight sê weer:

When you give the government your money, you give up the right to choose. If you keep your money, you keep your right to choose. If you think that the government should take your money and then provide you with services like health care, education, welfare, therapy, etc., then you just gave up your right to choose. You gave up your liberty for security.
I think that Christians give their money away thinking that the government will act in their own best interests. That is, that a secular government will act in the interests of Christians. Maybe Christians think that their interests lie in “helping the poor”, and that a big government is needed to do that. But when government gets that money, they will use it in ways that cannot possible be as good as you would use it yourself…. Don’t give your money to the government because they tell you some sob story about taxing the rich and helping the poor! What they really want to do is to take your money and pay off their political donors, like abortion providers, trial lawyers and unions. They cannot possible spend the money as well as you could have spent it yourself.
Christians need to be fiscal conservatives. They need to learn economics. They need to think with their heads when voting.

 Ongeag met wie jy saamstem, dit is werklik ‘n moeite-werd vraag!
Ja, die Christen moet bereid wees om te gee. En daardie voorskrif is nie net op die “ryk” gelowige gemik, terwyl die armer gelowige maar net hoef te vat nie. (“Gee, al het jy net twee kledingstukke” is ‘n Bybelse opdrag.)

Maar moet die Christen bereid wees om baie/ meer/ alles vir sy regering te gee, sodat die regering kan besluit hoe om dit “regverdig” uit te deel? Is die regering die bekwaamste en liefdevolste mense om liefdadigheid uit te voer? Moet die gelowige gee as ‘n wet (wetlik bepaalde belasting), of moet hy God vra hoeveel en waar om te gee? En sosialistiese regerings het nog altyd gelei tot arm lande, dit werk net nie in die praktyk nie.
Mense wat die regering vir liefdadigheid wil verantwoordelik maak, gee gewoonlik minder vir liefdadigheid uit eie wil as mense wat nie die regering wil verantwoordelik maak daarvoor nie. Wat meer is, diegene wat nie hulle plig daaroor aan die regering daarvoor wi afsmeer nie ondersteun meestal ‘n stelsel (kapitalisme) wat maak vir minder armoede, en dat selfs die armes in die land ryker is. Maar dis nog nie genoeg rede om alle regeringsubsidies aan liefdadigheid teen te staan nie- of is dit?
Wat my by ‘n vraag te staan bring: Watter liefdadigheid kan die Christen voor stem dat die belastingbeler dit moet dra, onder die regering se toesig? En wat moet liefs nie onder die regering se beheer wees nie?

9 responses to “Hoe sosialisties mag/moet ‘n Christen wees?

  1. Daar is ook die storie oor “gee die keiser wat hom toekom.” Ek weet nie of dit noodwendig ‘n Christelike plig is nie. Dit is dalk ‘n sosiale plig. Maar as ek die boek Amos bestudeer waar sosiale ongeregtigheid en sosial “geweld” (Hebreeus hamas) aangespreek word, en ek lees die Bergrede en ander gelykenisse, dan moet ek interpreteer dat Christene meer sosiaal ingesteld moet wees as wat ons miskien tans in die hedendaagse lewe ervaar.

  2. Ek lewer hier kommentaar want ek weet nie of jy die booskap sal kry as ek dit op Emil se blog plaas nie. Ek het vandag my buurvrou gesien en vir haar gese^ jy se^ dankie vir haar gebede. Sy se^ dat as Satan iets van jou wegneem, dan sal dit wat van jou wegeneem word, in viervoud aan jou terug gegee word. Haar seun wat saam met haar was het dit beaam deur te se^ dat dit sy eie ondervinding van die lewe was.

  3. Just to avoid any potential confusion; I am an atheist and my neighbour knows it.

  4. @ Andrew: Baie dankie. Dis regtig vir my spesiaal dat jy die moeite doen om ons boodskapdraer te wees.

    @ Emil: Ek stem saam dat Christene meer sosiaal moet ingesteld wees. Dis inderdaad hoe ons albei die Bybel interpreteer.

  5. Retha, ek dink dat die regering het wel ‘n verpligting om armoede te verlig, maar alleenlik as dit gepaargaan met welvaartskepping en dit sluit in bv:

    * Die effektiewe beheer en bestuur van fondse en openbare instellings
    * Die inisieerder van ander rolspelers, wat armlastiges insluit om ook mede
    aanpreeklikheid te aanvaar vir hulle omstandighede
    * Om nie verwagtings by mense te skep waaraan hulle nie instaat is om te voldoen nie
    ens

  6. Wat die christelike rol is, is nie net ‘n praktiese, sigbare rol nie, maar ook ‘n geestelike rol, van God se voorsiening. En daardie rol durf ons nie oorvat by God nie, want dan staan ons in God se pad jes 61 sê die gees van die Here het oor my gekom om die wat gebroke van hart is, te heel, die siekes te genees, die wat gevange is vry te maak en om die goeie nuus aan die armes te bring. Dit impliseer, ‘n algemene transformasie, wat nie moontlik met die uitdeel van aalmoese nie. Die wereldwye resessie is ‘n voorbeeld daarvan dat selfs in die 1 ste wereld lande word gratis mediese sorg ‘n al hoe groter kwessie. Die ironie is dat die juis die kerk was wat gratis mediese versorging na armmense toe geneem het.

  7. Ek dink nie ‘n mens moet kerk en staat saamflans nie. Dit raak net gevaarlik.

  8. Die probleem is nie of die Christen sosialisties moet wees, aldan nie. Dit is eerder ‘n kwessie van gedwonge versus vrywillige bydrae. Natuurlik is dit ons plig om ons medemens te help, maar dit bly, net soos ons gehoorsaamheid aan God, ons eie vrye keuse. Ons moet mekaar se dienaars wees, maar dit gee GEEN regering die reg om ons geld te vat sonder toestemming nie.

    Selfs al vroeg in die Ou Testament het God die Israeliete gewaarsku teen regerings en die gevolge van belastings en diensplig. Hulle wou nie luister nie, en Saul is toe as koning uitgewys deur God. Alhoewel hy ‘n man van God was, was die ontstaan van die Israelse koninkryk nie God se wil nie, maar die hardnekkigheid van die volk. Dis nie ‘n instelling van God nie, maar die mens. God is regverdig in sy uitsprake, die mens is nie. Nie eens Koning Salomo, die wysste man wat ooit geleef het, was wys genoeg om sy volk van onderdrkking te red nie. Sy tollie het hom te veel gepla.

    Maar om terug te kom by belasting: siende dat ‘n mensgemaakte regering strydig is met God se oorspronklike plan vir ons, is dit geensins ons plig om gedwee ons tiendes (eintlik meer soos HALWES deesdae) te oorhandig aan ‘n immorele instelling nie. Ons kan God se bevele om mekaar te dien baie beter gehoorsaam deur daardie geld persoonlik in ons eie gemeenskappe uit te gee. Die burokrasie slurp soveel daarvan op dat elke rand wat jy gee, omtrent tien sent werd is by die tyd wat dit by die armes en siekes uitkom. Ek glo dit is baie beter om liefs vir jou bure te gaan kruideniersware koop voordat jy die welsyn bel om hulle te kom help.

  9. Bygese: ek weet dat Jesus die jode beveel het om aan die Keiser te gee wat hom toekom, maar ek is van mening dat die enigste rede waarom Hy dit gese was omdat die weerhouding van belastinggeld sou gely het tot ‘n volskaalse volksmoord, eerder as wat dit die morele ding was om te doen. Jesus het dit met ander woorde slegs beveel omdat hy die jode van uitwissing wou red.

    Dieselfde geld vir ons vandag. Ons moenie belasting betaal omdat dit ons Goddelike plig is nie, maar eerder omdat ons in ‘n wereld bly waar ons sal doodgemaak word of in die tronk gestop sal word (waar jy sal VIGS kry en in elk geval ‘n paar jaar later doodgaan) as ons dit nie betaal nie. Ons hardnekkigheid het ons dus tot in hierdie posisie gedwing. God laat dit slegs toe sodat hy in die volheid van tyd sy Almagtige Oordeel kan uitspreek.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s